Category Archives: Skrywers

Veral Afrikaanse skrywers

Onder ‘n bloedrooi hemel – Annemarie van Niekerk

Hierdie boek se Nederlandse uitgawe het alreeds ‘n belangrike prys gewen! (Die skrywer is ‘n Suid-Afrikaner wat in Nederland woon en werk.)

Van die uitgewer:
In haar memoir vervleg Van Niekerk haar eie lewensverhaal aangrypend en onthutsend eerlik met ’n verkenning van die groot kwessies in ons land: geweld teen vroue, skuld en onmag, aandadigheid en keuse. Onder ʼn bloedrooi hemel is ʼn diep ontroerende persoonlike reis, van geweld na genade, meesterlik vertel.

Annemarié van Niekerk woon in Den Haag, maar keer terug Suid-Afrika toe vir die begrafnis van haar liewe vriend Ruben, wat saam met sy ma op hul plaas in die Oos-Kaap vermoor is.

Dié reis lei haar terug na ander reise: van haar grootwordjare in die destydse Port Elizabeth in ’n liefdevolle, maar streng Nasionale huishouding, na Umtata, waar sy by UNITRA gaan klasgee, en verstrengel raak in ’n verhouding met Denzel, ’n swart skrywerskollega. Iets wat lei na jarelange ernstige konflik met haar pa. Dan na Hillbrow, en later na Yeoville, waar sy en Denzel – teen die wet – saamwoon en aktief is in skrywerskringe. Tot geweld ook hul verhouding binnedring. Die laaste reis is ’n terugkeer na die moord op Ruben en sy ma, en na die moordenaars se lewens, in ’n strewe na verstaan.

NB-Uitgewers/Publishers

Vera Wong’s Unsolicited Advice for Murderers – Jesse Q. Sutanto

Ek is nog besig met hierdie prettige cosy mystery – as moord nou prettig kan wees. Maar as die slagoffer ‘n nare mens was, is dit seker meer toelaatbaar om die storie te geniet. Vera Wong is ‘n bejaarde (sy is 60!!!) Chinese tannietjie in San Fransisco. Haar man is oorlede en haar seun het te grand geraak vir haar – en sy soek chronies vir hom vrou. Sy sit daagliks in haar teewinkeltjie, waar sy nog net een getroue klant oor het. Haar wereldjie is besig om stadig rondom haar te vergaan, maar sy byt vas, want sy ken geen ander lewe nie. Maar dan kom sy een oggend in die winkel en daar is ‘n dooie man op die vloer … Ek vermoed sy word maar as ‘n karikatuur geteken, maar mens sien tog iets van immigrante se vasbyt en swaarkry en die pyn van ouer en eensaam word. Maar hierdie tannietjie besluit sy gaan die moordenaar vang – terwyl die polisie glad nie glo dis ‘n moord nie. Maar hulle weet nie sy het ietsie uit die man se hand gehaal nie … Vera se wapen is tee en kos en haar aanname is dat ‘n moordenaar altyd terugkom na die toneel van die moord. En hulle kom dan ook, nie een nie, maar vier van hulle …

Inligting van die uitgewer:

Put the kettle on, there’s a mystery brewing…
Tea-shop owner. Matchmaker. Detective?

Sixty-year-old self-proclaimed tea expert Vera Wong enjoys nothing more than sipping a good cup of Wulong and doing some healthy ‘detective’ work on the internet (AKA checking up on her son to see if he’s dating anybody yet).

But when Vera wakes up one morning to find a dead man in the middle of her tea shop, it’s going to take more than a strong Longjing to fix things. Knowing she’ll do a better job than the police possibly could – because nobody sniffs out a wrongdoing quite like a suspicious Chinese mother with time on her hands – Vera decides it’s down to her to catch the killer.

Nobody spills the tea like this amateur sleuth.

https://www.goodreads.com/book/show/61070572-vera-wong-s-unsolicited-advice-for-murderers

Nou in infrarooi – Tom Dreyer

Ek is nie besonder goed met gedigte nie (behalwe as dit deur ‘n stemkunstenaar voorgelees word) en ek was ekstra skrikkerig vir hierdie bundel. Tom Dreyer is die skrywer van verskeie letterkundige romans wat pryse gewen het en waarvan ek ongelukkig nie veel verstaan het nie. Groot is my verrassing dus toe ek hierdie bundel versigtig oopmaak en skrikkerig begin lees. Al verstaan ek nie alles nie, gryp dit my aan. En dis die belangrikste, dink ek.

Inligting van Kwela Boeke:

Fisika, die metafisiese, en selfs wetenskapfiksie word verweef in Nou in infrarooi. Soos die titel suggereer, gaan dit hier oor dit wat sigbaar is versus dit wat nié deur blote sig waarneembaar is nie. Bestaande plekke – sommige naby en ander ver – word taktiel en ewokatief in reisgedigte uitgebeeld. Hiermee saam hang die verkenning van die onsigbare: van identiteit, ’n soeke na waar jy hoort, weemoed en liefde. ’n Debuutbundel wat bekroonde skrywer Tom Dreyer onomwonde as digter vestig.

Freckles – Cecelia Ahern

‘n Subtiele liefdesverhaal wat gebou is om die beginsel dat ‘n mens word soos die vyf mense saam met wie jy die meeste tyd deurbring. Dit mag nie jou familie wees nie en ook nie iemand wat jy aanlyn ken nie. Die heldin het al haar dae om haar vyf mense te vind – en hulle is nie wie sy gedink het nie.

What if the people who have the power to change your life are the ones who have been there all along…

Her legacy from her mother is more complicated – until one question from a stranger inspires a change. What if it isn’t about fitting in, but finding the people who make you who you are? Who would those people be?

Deur die vuur – Alita Steenkamp

Splinternuwe jeugverhaal, geinspireer deur die perdjie Cody wat na die Knysna-brande so wonderlik weer sy huis gevind het.

Inligting van Naledi Boeke:

Hoe kan enigeen van ʼn perd hou, wonder Simon Spies. Perde het al in sy lewe vir groot hartseer gesorg. Wanneer hy en sy skoolmaats net voor die Julie-vakansie uit die skool geskors word, wag daar ʼn bittere straf op Simon. Hy moet vir die vakansie op ʼn perdeplaas gaan werk terwyl sy ma iewers oorsee rondflenter. Dis die ergste straf wat sy ma aan hom kon gee want sy weet hy háát perde.

Wanneer hy op Brumbie’s Cove aanland, leer ken hy vir Carin, die perdefluisteraar wat moet sorg dat hy die vakansie net daar bly en hard werk. Hy ontmoet ook vir Liesl, die meisie met die koperrooi hare wat ook onverstaanbaar lief is vir die proesende gedoentes waarvan hy niks hou nie. Dan is daar Avik, die vosperd met die ster op die voorkop en die donkerbruin oë wat altyd so diep kyk. Simon is vasberade om nie sy siening oor perde te verander nie. Maar dan begin die wêreld om hulle brand. Hoe gaan almal deur die vuur kom?

Happy place – Emily Henry

A couple who broke up months ago make a pact to pretend to still be together for their annual weeklong vacation with their best friends in this glittering and wise new novel from #1 New York Times bestselling author Emily Henry.

Harriet and Wyn have been the perfect couple since they met in college—they go together like salt and pepper, honey and tea, lobster and rolls. Except, now—for reasons they’re still not discussing—they don’t.

They broke up six months ago. And still haven’t told their best friends.

Which is how they find themselves sharing the largest bedroom at the Maine cottage that has been their friend group’s yearly getaway for the last decade. Their annual respite from the world, where for one vibrant, blue week they leave behind their daily lives; have copious amounts of cheese, wine, and seafood; and soak up the salty coastal air with the people who understand them most.

Only this year, Harriet and Wyn are lying through their teeth while trying not to notice how desperately they still want each other. Because the cottage is for sale and this is the last week they’ll all have together in this place. They can’t stand to break their friends’ hearts, and so they’ll play their parts. Harriet will be the driven surgical resident who never starts a fight, and Wyn will be the laid-back charmer who never lets the cracks show. It’s a flawless plan (if you look at it from a great distance and through a pair of sunscreen-smeared sunglasses). After years of being in love, how hard can it be to fake it for one week… in front of those who know you best?

Kry Harriet en Wyn se storie hier: https://www.graffitibooks.co.za/index.php?page=BoekI&lang=af&isbn=9780241997932&type=book-isbn

Dolos – Jaco Wolmarans

INLIGTING VAN TAFELBERG UITGEWERS:
Tex Texeira se wittebrood in die Caprivi word wreed onderbreek. ’n Agent van ’n geheime Mosambiekse ondersoekeenheid het die gevreesde Mecau-dwelmkartel geïnfiltreer en inligting ontdek wat só sensitief is dat hy niemand anders as Tex daarmee sal vertrou nie. Die rede: dit betrek ’n hooggeplaaste Suid-Afrikaner. Die agent moet dringend bereik word . . . solank Tex die aandag van Islamitiese ekstremiste kan vermy. En die kruishaar van ’n sluipskutter wat die Mecau-luitenante meedoënloos uitwis.

Reg in die middel van nerens – Nellie Alberts

‘n Lekker jeugverhaal oor ‘n stadseun wat in die Boesmanland moet oorleef en in die proses heelwat wyser word oor baie dinge.

Inligting van LAPA Uitgewers:

Vir die eerste keer vandat Vandre en sy ma Engeland toe geëmigreer het, gaan hy en sy pa sy ouma-hulle besoek, maar ’n lelike motorongeluk reg in die middel van die Boesmanland ontspoor hulle planne. Vandre, op soek na hulp vir sy beseerde pa, verdwaal heeltemal in ’n onbekende stukkie van die wêreld.

Dit word ’n stryd van oorlewing teen die natuur en teen homself.

Die laaste kanariegeel notaboek – Anchien Troskie

Mia Steyn is nog bloedjonk wanneer haar broer haar een laatmiddag by ’n losieshuis in Bloemfontein, aflaai. Dis toe sy ’n stowwerige boekwinkel instap dat Mia besef dis waar sy wil werk. Kort voor lank vind sy haar voete, én verloor sy haar hart.
Die laaste kanariegeel notaboek is die jongste roman uit die pen van blitsverkoperskrywer Anchien Troskie. Niks is ooit soos dit lyk op die oppervlak nie, besef ’n mens weer met die lees van hierdie aangrypende storie binne ‘n storie. 

https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798183703

  

Met my honde: ‘n Suid-Afrikaner se vlug uit Oekraïne – Hilda Van Dyk

‘n Besondere boek wat beide die goed en die kwaad in die lewe uitlig. Die smart en lyding van oorlog, maar ook die goedheid van vriende en vreemdelinge. Die liefde vir diere en die belangrikheid van troeteldiere vir mens se geestesgesondheid. Oomblikke van hoop en van wanhoop in ‘n harde tyd van oorlog en vernietiging.
Sterk aanbeveel!
View all my reviews

Inligting van die uitgewer:
Toe die eerste bomme op Februarie 2022 Kijif aan flarde skiet, was Kobus Olivier gereed. Maar om te vlug was bloot nie ’n opsie nie – wat sou van sy vier geliefde honde word? In Met my honde word Kobus en sy vier brakke se verhaal vertel. Die angswekkende nagte terwyl bomme om hul neerreën, die verhaal van onvoorwaardelike liefde tussen mens en dier, en hoe jy selfs tydens ’n oorlog op die hulp van vreemdelinge kan staatmaak.
Kry die boek hier: https://www.graffitiboeke.co.za/af/Soek

Tuiskoms van die hart – Marile (Alta) Cloete

Elsbet Minnaar keer terug na Suid-Afrika ná sy lank in die buiteland netbal gespeel. Sy is tuis vir een doel: Om behandeling vir haar depressie in ‘n kliniek te ontvang. Niemand is bewus van haar stryd met depressie nie, want sy beplan om terug te keer na Australie sodra sy uit die kliniek ontslae word en verkies om dit geheim te hou. Sy word genoodsaak om haar eerste aand oor te slaap in Brent, ‘n ou skoolkennis, se huis in die Boland. Sy vertrek die volgende oggend na die kliniek, gerus dat Brent nie weet van haar planne nie. ‘n Paar dae later daag Brent egter by die kliniek op nadat ‘n vriend toevallig gehoor het van haar opname. Elsbet is sy geskok, maar Brent maak dit gou duidelik dat hy haar deur die proses gaan bystaan. Hul v erhouding ontwikkel geleidelik en kort voor lank besef ablei dat daar sterk gevoelens is wat nie geïgnoreer kan word nie. Maar Elsbet moet egter eers besluit of sy haar internasionale netballoopbaan gaan laat vaar ter wille van liefde, en of sy van Brent gaan probeer vergeet en terug keer Australië toe.

Koop hier: https://lapa.co.za/tuiskoms-van-die-hart-marile-cloete

Aanlyn – Trisa Hugo en Analize Viljoen (samestellers)

Boekemakranka het die eerste e-boek in Afrikaans gepubliseer, die eerste aanlyn boekbekendstellings gedoen gedurende die inperking, en nou bring ons vir lesers die eerste aanlyn bundel op VivA se rewolusionêre nuwe platform. Digitale publikasies in Afrikaans gaan nooit weer dieselfde wees nie.

Ons het ’n aantal bekende en gewilde skrywers gevra om vir ons kortverhale te skryf met die tema “aanlyn”. Die skrywers kon die tema interpreteer soos hulle wou, en in enige genre van hul keuse skryf. Die verhale is uiteenlopend en daar is iets vir almal: slim stories, snaakse stories, stof tot nadenke, misdaad, drama en liefde.

Aanlyn is twaalf gunstelingskrywers se verhale in een bundel.

Skrywers wat deelgeneem het: Trisa Hugo, Analize Viljoen, Ben Viljoen, Henk Breytenbach, Dibi Breytenbach, Francois Bloemhof, Zelda Bezuidenhout, Alta Cloete, Juanita Aggenbach, Daniel Lotter, Annerle Barnard, Henda Olivier

Koop Aanlyn hier: https://viva-uitgewers.org/product/aanlyn/

Vuurvoël – Elmarie Viljoen-Massyn

Oor hierdie boek:

Stella Mertens, Mark Dejongh en Riaan Steytler probeer elkeen iets uit hul verlede wegsteek . . . maar elke geheim het ’n vervaldatum. Daar is net ’n sekere tydperk wat ’n sekere hoeveelheid mense ’n geheim kan hou. 

In Vuurvoël, Elmarie Viljoen-Massyn se debuutroman, word donker geheime ontrafel wanneer die oënskynlik uiteenlopende wêrelde van Big Pharma en ’n Serwiese dwelmkartel paaie kruis. ’n Hoogs leesbare roman wat getuig van puik navorsing.

https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798183406

Die oseaan tussenin – Jeanette Stals

‘n Familie veg op alle fronte terwyl hul wêreld in duie stort.

Inligting van die uitgewer:

Oorlog verswelg die Boererepublieke. Volgens die Verskroeide Aarde-beleid word huise verwoes, landerye verbrand, en vroue en kinders in konsentrasiekampe aangehou.

Pieter Nel lei ’n kommando bittereinders in ’n desperate opstand teen die Britse ryk. Hulle offer alles op vir ’n vrede wat dalk nooit gaan kom nie, vir ’n huis wat hulle dalk nooit weer gaan sien nie.

Intussen moet Katrina Nel baklei om haarself en hul kinders aan die lewe te hou namate die toestande in die konsentrasiekampe al hoe hagliker word. Hier word haar lewe onlosmaaklik vervleg met dié van die ander vroue, die hanskakies wat die vyand help om die kampe te bestuur, en die Engelse offisier wat haar hart wil wen.

Wag daar lewe – of liefde – anderkant die oorlog?

Skatryk – Johan Fourie

Waarom ons beter leef as ons voorsate

INLIGTING VAN UITGEWER:

Hoekom is ons ryker as ons voorsate? Wat het ’n Indonesiese vulkaan en die Groot Trek gemeen? Hoe wen jy ’n Wêreldbeker? Dit is maar enkele van die vrae wat die gewilde Rapport-rubriekskrywer Johan Fourie onderhoudend verken in hierdie heerlik leesbare reis deur die geskiedenis. Hoekom floreer een groep, maar ’n ander bly ’n sukkelbestaan voer? Fourie wys waarom die bouers van ’n samelewing – eerder as dié wat afbreek – uiteindelik seëvier. Boeiend en verrassend.

#nb

#JohanFourie

https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624093466

Eye Brother Horn – Bridget Pitt

‘n Wonderlike boek wat my laat besef het hoe min ek eintlik weet van die Engelse boekwereld in Suid-Afrika. Hieronder is my indrukke in my beste Engels. Heel onder gee ek die skakel na Goodreads, waar jy meer oor die boek kan lees.


At first I found the title of this book strange and the dark front page with the image of a rhino did not draw me in. However, both these aspects fit perfectly once you have read the book.
The book tells the growing-up story of two brothers in British-ruled Natal in the late 1800’s. Brothers – but Daniel is white, while Simon is black. A compelling story of brotherly love and strive follows as they grow up and both are gradually forced to realize that all is not as it seems.
The boys turn into men against the background of a missionary station and the Zulu people living around it. Hovering over them is British colonialism, but gradually it overtakes their lives.
The book is a powerful answer to colonialism and the stripping of the resources of nature. I was not surprised to learn that the author is an avid environmentalist.
One can read the book for its relevance in understanding the complexities of the South Africa of today, or you can just read it to enjoy the wonderful descriptions of the African landscape.
Either way, you will not regret reading this very special book.

#catalystpress

#BridgetPitt

https://www.goodreads.com/book/show/86230564-eye-brother-horn




Aanlyn: Boekemakranka-kortverhaalbundel

𝗗𝗶𝗴𝗶𝘁𝗮𝗹𝗲 𝘂𝗶𝘁𝗴𝗲𝘄𝗲𝗿 𝗱𝗿𝗼𝗼𝗺 𝗴𝗿𝗼𝗼𝘁

VivA-Uitgewers stel op 12 April hul eerste produk, 𝘈𝘢𝘯𝘭𝘺𝘯, bekend.

Marlie Coetzee, uitvoerende direkteur van VivA-Uitgewers, sê dat van die bekendste en gewildste Afrikaanse skrywers bydraes gelewer het. Dit sluit name in soos Dibi Breytenbach en haar broer, Henk, Annerle Barnard, Francois Bloemhof en Alta Cloete.

Die bundel kortverhale het almal een tema gemeen, maar elke skrywer het dit op ’n unieke manier geïnterpreteer.

Blou moord – Francois Bloemhof

Maart 1981. Ludo Labuschagne gaan saam met sy ma, haar vriend, oom Dippie, en ’n paar ander na ’n private eilandjie tussen Durban en Madagaskar. Die wegbreek word geborg deur Una Steenkamp, ’n ryk weduwee. Nog voor hulle op die eiland kom, word haar seun Ederik oënskynlik in Durban vermoor. Almal wat hom ken, glo egter Ederik is bloot nog kwaad oor ’n onlangse stryery en dat hy wel daar aangesit sal kom. Intussen sit Ludo vas op die eiland saam met: Attie Steenkamp, ’n predikant en Una se swaer Christoline, die predikant se swaarmoedige vrou Janneman, hulle seun wat sy been op die grens verloor het Annetjie, hulle polities bewuste dogter Toon van der Lugt, ’n selfingenome akteur Suné Louw, ’n jong meisie wat deur Toon onderhou word Cor Mocke, ’n ruwe weermagvriend van Ederik Miguel Pedrito, Una se handyman Inez, sy vrou en die kok-huishoudster Dié spul, dertien in totaal, is nie lank op die eiland nie voor iemand sterf. Almal glo egter dit was selfdood – behalwe Ludo. Twee sulke vreemde gebeure kan nie toeval wees nie. Wanneer daar skielik nie meer petrol vir die motorboot is nie én die man wat elke dag van die vasteland af moet kom nie opdaag nie, is twee dinge vir Ludo duidelik: Hulle is saam met ’n moordenaar op die eiland vasgekeer en daar gaan binnekort nog koppe rol ….

https://lapa.co.za/boeke/fiksie/spanning/blou-moord

Inligting van die uitgewer.

bottelnek breek bek – Dianne du Toit Albertze

 Dora en Whashiela patsy graag op lit aande in die holte van Hoerikwaggo se skaduwee. Die girls is nie op hul bek geval nie. Maar albei weet ook die veilige hawe van sisterhood kan hulle nie beskerm teen die geweld wat snags in straight bars en op donker sypaadjies sluimer nie.

Een oggend op Bellville-stasie gebeur iets wat hul lewe onherroeplik verander. Verlies dryf Dora na die verkeerde kant van die stad, maar die witpyp bring slegs tydelik verligting. Eindelik word sy deur ma Helen by die huis in Woodstock uitgesmyt, en het sy geen keuse nie as om terug te keer na haar ma- en pa-goed in die Noord-Kaap.

Terug na daardie woestynland waar sy weer Daantjie is, en al die ander spoke van die verlede moet trotseer. Wat is huis? wonder sy. En waar lê die skeidslyn tussen bloed en water?

Dianne Du Toit Albertze se debuutroman, bottelnek breek bek, is ’n aangrypende ondersoek na identiteit, na huis en behoort. Opreg, vlymskerp én hartverskeurend.

Vuurvreter – Joha van Dyk

Die tweede titel in die gewilde Branderjaer-sage. Malherbe Albertyn, oftewel Vuurvreter, beplan om sy somer in Kransbos te spandeer om die magiese Ylwoud te vind. Desperaat op soek na die waarheid, na iets buiten die bloedskuld wat hy en sy bendebroers steeds in die arena betaal. Desperaatheid dryf ook vir Mieke om te waag om haar drome na te jaag. Saam ontdek hulle baie meer as waarop hulle gebargain het. Is Ylwoud die antwoord op Malherbe se suster se verdwyning?

Oor die skrywer

Joha van Dyk is ’n nagraadse student aan die US. Sy het grootgeword op ’n plaas in Kleinzee, Namakwaland. Sy het haar Meestersgraad in Engels in 2020 verwerf, cum laude. Tans werk sy aan haar Phd in Engels, terwyl sy deeltyds tutor. Van haar gedigte is opgeneem in Penseel en Versindaba. Branderjaer was haar debuutroman in 2020.

Inligting van die uitgewer.

Nuut: Hou jou oë oop – Brian Fredericks

Jy is ’n nice ou. Maar jy moet jou oë oopmaak en die reality begin sien. Dit gaan nie net oor môre nie. Dit gaan ook oor vandag en gister.

Ricardo woon in Kewtown saam sy ma, ouer broer, Anton, en sussie, Tracy, wat deurmekaar is met die gangster van die blokke, Capone. Al wat Ricardo begeer is om te gaan swot en iets te maak van sy lewe, maar eers moet hy genoeg geld maak om te kan oorleef.

            Ná ’n geskietery tydens die skoolboikotte in 1985 waarin beide Anton en sy ma gewond is, besluit sy broer om by die MK aan te sluit. Voor Ricardo sy oë uitvee, is beide sy ma en broer oorlede, en eindig hy op in ’n wendyhuis agter op Capone se jaart. Geen van sy drome het waar geword nie, en soos gewoonlik het hy geen sê in wat met hom gebeur nie.

            Hou jou oë wawyd oop, het sy Afrikaans-onnie almal destyds in die klas gewaarsku. Maar hoe moet hy maak, as hy nie eers vir sy girlfriend, Mentha, ’n bord warm kos kan aanbied of ’n Sealy Posturepedic vir hulle kan koop nie?

’n Meesleurende bildungsroman oor ’n jong man uit Kewtown, deur die bekroonde skrywer van As die Cape Flats kon praat.

Oor die skrywer

Brian Fredericks het in Elsiesrivier grootgeword. Hy was op skool in Elsiesrivier Hoër, en het verskeie sertifikaatkursusse voltooi in elektriese ingenieurswese by o.m. Northlink College.

            Brian doen vryskutskryfwerk. Hy is opgeneem in Nuwe Stories 2, die Woordfeesbundel Bly en Die nuwe Afrikaanse Prosaboek. Hy woon in Belhar.

Nuut: Liefdesles – Vita du Preez

Vita du Preez se erotiese trilogie (Klaskamer, Skoolgeld en Liefdesles) is ʼn doelbewuste Afrikaanse kopknik in die rigting van Fifty Shades of Grey. Met Klaskamer (2019) wou Du Preez sien hoe die resep van E.L. James se topverkoper in Afrikaans sou lyk: ʼn liefdesverhouding tussen ʼn ryk, sjarmante man wat vertroud is met die wêreld van BDSM en ʼn jong, naïewe meisie wat ontvanklik vir dié nuwe kinkel in die liefdespel is. Alhoewel resensente gemengde gevoelens gehad het, was lesers se terugvoer deur die bank positief.

Skoolgeld volg in 2020. Met Liefdesles voltooi Vita du Preez haar erotiese trilogie oor die ongewone, verwikkelde ver­houding tussen Emma en haar Karooboer, Daniel Swart. Al die elemente van Klaskamer en Skoolgeld is steeds teenwoordig – Emma se geheue is vol gate sedert haar motorongeluk drie maande tevore, maar sy en Daniel het steeds ʼn onblusbare hunkering na mekaar – maar nou word hul storie na ʼn klimaks gevoer danksy die lesse wat die liefde ons leer.

Du Preez se trilogie is nie net genotvolle ontvlugting nie, maar kan ook beskou word as ʼn genotvolle les in BDSM vir die oningeligte leser. Keurders beskou dié boek as ʼn “hoogtepunt in Afrikaanse erotiek” weens die “emosionele reikwydte en genuanseerde besinning oor verhoudings – waaronder ook ouerskap.”

Jeugboek: Jy handle dit net – Eleanor Lombard

Drikus voel soos God se afskeepkind. Hy kan nie rugby speel nie. Hy het nie veel maats nie. Hy verloor die skaaktoernooi. En dan is hy in ’n fietsongeluk en daar is nie geld om dit reg te maak nie. Wat nou? Hy besluit om worsbroodjies te begin verkoop om geld te maak, en toe ontmoet hy vir Donovan, ’n straatkind met ’n unieke uitkyk op die lewe. So begin ’n ongewone vriendskap wat al twee seuns se lewens onherroeplik verander.

Bot – Carien Smith

Alles is ’n leuen. Niks is ’n leuen nie.

Carien Smith is ’n skrywer en dramaturg wat verskeie pryse vir haar individuele verhale ingepalm het en deelgeneem het aan talle internasionale skryfprogramme. Verskeie van haar dramas is opgevoer. Tans is sy ’n doktorale student aan die Universiteit van Sheffield waar sy navorsing doen oor klimaatsveranderingetiek. Bot is haar kortverhaaldebuut.

In hierdie ambisieuse bundel word die leser op reis geneem. Na wêrelde van verstommende – dog onmiddellik herkenbare – tegnologiese vooruitgang. Waar bespiegeling en die magiese skouers skuur met die “alledaagse”. Waar waarheid en versinsel nie meer onderskeibaar is nie. Waar nuwe, onthutsende eksistensiële vrae opduik, en in gesprek tree met die oerbekende een: waar begin menswees, en waar eindig dit?

Bot is ’n verrassende, onderhoudende debuut wat ’n eiesoortige staanplek in die Afrikaanse verhalewêreld kry. Carien Smith is ’n skrywer van wie daar nog véél gehoor gaan word.

Oor die skrywer
Carien Smith is ’n skrywer en dramaturg wat verskeie pryse vir haar individuele verhale ingepalm het en deelgeneem het aan talle internasionale skryfprogramme. Verskeie van haar dramas is opgevoer. Tans is sy ’n doktorale student aan die Universiteit van Sheffield waar sy navorsing doen oor klimaatsveranderingetiek. Bot is haar kortverhaaldebuut.

Zanzibar Zen – Marnus Hattingh

Hierdie plek is ’n hool, dink die gaargebrande toeris in sy lendelam dhow. ’n Klap met sy houtspaan op die turkoois waters maak dat ’n sluimerende rog in ’n wolk sand na ander koraal gaan soek waar hy sy oggendrus kan voortsit.

Toe ’n nuuskierige toeris onseremonieel op sy dhow aan Zanzibar se kus vermoor word, reg oorkant waar Giorgio Comaneti sy blinknuwe Zanzibar Zen Casino bou, peul die vreemdste karakters uit die spesery-eiland se tropiese woud. Comaneti se rykman-speelplek gaan die helfte van die Jozani-woud – die bedreigde Colobus-apie se laaste toevlug – uitwis. Dis nou op die skouers van Toast le Roux, omgewingsjoernalis wat die dekadente Oos-Afrika-toerismekongres bywoon, om die stootskrapers betyds te stop.

En waarom soek Comaneti se handlangers, Tjokkie en Bozo, na die apie met die Lions-rugbykeps in sy hand?

Terwyl die eiland se onafhanklikheidstromme al harder dreun, is Toast in ’n stryd teen tyd gewikkel om bewyse van Comaneti se bose planne te vind. Jaagtogte op Vespas deur Stonetown se stegies en ’n dolle rit op Comaneti se superjag na Mafia-eiland bring hom nader aan ’n finale ontmoeting met die ontwikkelaar.

Maar Bozo is reeds op sy spoor. En hy wil net vriendelik met Toast gesels . . .

Oor die skrywer

Marnus Hattingh het sy skoolloopbaan in Bellville voltooi, en ’n MA in Hebreeus by Kovsies behaal. Hierna het hy ’n honneurs in Joernalistiek by Maties voltooi, en as beurshouer by Die Burger as verslaggewer begin werk. Vandag is hy die nasionale motorredakteur van Afrikaanse koerante. Zanzibar Zen is sy debuutroman. Hy woon op Pringlebaai. 

Mara – Marida Fitzpatrick

Hoe is Viljoen dood? Die vraag voel oeroud, versteen onder lae en lae saamgeperste grond. ’n Klein fossiel, volmaak met al sy beentjies en werwels en oopgesperde bekkie. Sy’s te bang om daaraan te raak, te bang dit val uitmekaar en dan sal sy nooit weet wat dit eens was nie.

Oor net twee dinge is Rakie Bouwer seker: Haar broer is as kind dood, en sy moet uitvind hoe. Die soektog stuur haar op ver en donker paaie na haar verlede – waar familiegeheime dreigend lê en skuil.

Intussen daag haar tweelingsuster, Mara, ongenooid op en dompel haar verder in ’n maalkolk van vrees. Wat probeer Mara wegsteek, en hoekom?

Dan is daar De Wet, die getroude man wat teen sy eie beterwete by Rakie betrokke raak, en Rebecca, die Bouwers se destydse huishulp wat dalk die sleutel tot alles hou.

Terwyl Rakie desperaat na antwoorde soek, loop sy die gevaar om haarself te vernietig. Want uiteindelik is die heel skrikwekkendste vraag: Wat is gevaarliker as jou eie bloed?

“’n Boek wat jou aan die hart en aan die keel gryp.”
– Francois Smith

Oor die skrywer

Marida Fitzpatrick is ’n skrywer en bekroonde joernalis. Haar skryfwerk is al met verskeie pryse en benoemings vereer. Haar vorige roman is ook vir ’n ATKV-Woordveertjie benoem. Sy het ’n meestersgraad in kreatiewe skryfkuns en ’n honneursgraad in joernalistiek – beide met lof. Mara is haar derde roman. 

Die onsigbare pou – Zirk van den Berg

In die 1980’s verower die sanger genaamd Ober die Afrikaanse musiektoneel . . .

Hy leef daadkragtig, vra nie verskoning vir wat hy doen of wie hy is nie. Hy ontbloot sy diepste gedagtes, sy teerste gevoelens, deins nie terug vir kritiek nie. Want hy weet hy is nie die enigste wat hierdie dinge dink of voel nie; hy is die een wat die dinge wys wat ander mense wegsteek. Hy raak ons kampvegter, ons ideale self, ons gewete. En dan raak hy vergete.

Jare later belig sy vriend en agent, Sybie de Waal, Ober se lewensloop in ’n plakboek van woorde – van hulle skooldae af, deur die jare toe Obermania die publiek beetgepak het, tot die terreurdaad toe alles tot ’n einde kom.
            Die onsigbare pou is ’n verhaal van ambisie en kreatiwiteit, roem en anonimiteit, vriendskap en verraad. In Zirk van den Berg se pittige, poëtiese vertelstyl.

“’n Briljante Bellville-bromance met baie bagasie.”
– Deon Maas

“’n Meesterlike storieverteller-skrywer put hier uit die oorgangstyd in Suid-Afrika en Afrikaanse musiek met wortels agter die boereworsgordyn. Wat meer wil jy hê?”
– Ilza Roggeband

Oor die skrywer

Zirk van den Berg is in Namibië gebore, het grootgeword in Suid-Afrika, en woon nou in Nieu-Seeland. Hy debuteer met ’n kortverhaalbundel, Ekstra dun vir meer gevoel, en daarna ’n roman, Wydsbeen. Sedertdien verskyn sy romans in Afrikaans én Engels. Sy roman Ek wens, ek wens is met die WA Hofmeyr-prys asook twee KykNET-Rapportpryse bekroon.

Johannes de Villiers – Meer as jou seerkry

Hoe gaan jy aan as jy beroof is van die lewe wat vir jou kosbaar was? Jy verloor jou werk, jou rykdom, jou gesondheid of jou metgesel; dit laat jou broos, woedend, of neerslagtig. Die insig wat Johannes de Villiers verwerf het toe sy eie lewe uitmekaar geval het, is die inspirasie vir hierdie boek. 

Johannes gaan steek kers op by deskundiges en terapeute, maar ook veral by gewone mense wat deur die lewe platgevee is. Groei, vind hy, is nie om veerkragtig terug te bons na wie jy was voor dinge verkeerd geloop het nie. Jy sal nooit weer dieselfde mens wees as voor die groot verlies of ramp nie. Maar jy kán dit oorleef — en selfs sterker wees.

Die roerende ware verhale van die mense met wie Johannes praat, wys dat pyn die saadjie kan wees vir iets kosbaar. Met die mindfulness-benadering wat hy hier deel, kan jy ook as ’n nuwe, wyser en meer deernisvolle mens aan die anderkant uitkom.

“Vol deurleefde wysheid en praktiese wenke – ‘n kompas vir groei en ‘n nuwe lewe.” Erns Grundling

Oor die skrywer

Johannes de Villiers is ’n skrywer en meditasie-instrukteur. Hy bedryf ’n jogaskool in Bloemfontein. Hy lei landwyd slypskole en naweekkursusse oor meditasie en mindfulness. Johannes was jare lank joernalis by HuisgenootRapport en Die Burger, en ook voorheen dosent in joernalistiek aan Stellenbosch Universiteit.

Die verleiding van Eva de Winter – Louis Kruger

Miskien was dit die belangrikste kenmerk van hul huwelik: eerlikheid.

Wanneer Josua een middag toevallig vir Eva de Winter in ’n Rotterdamse koffiewinkel ontmoet, voel dit vir hom onwerklik dat ’n begaafde én beeldskone regsgeleerde soos sy in ’n verhouding sou belangstel. Maar sy getuienis vroeër in ’n hofsitting oor selfone se afluistervermoë interesseer haar – dit lei tot verdere afsprake, en algaande word hulle vriende. Dis eers ná hul huwelik voltrek is dat Josua begin begryp daar is iets onpeilbaars aan Eva. Die belangrikste kenmerk van hul huwelik was aanvanklik eerlikheid, of so het hy gedink. Hoeveel raaisels het sy van hom weerhou, en wat hy eindelik slegs met die hulp van obskure soekenjins oor haarkon naspeur?

Die verleiding van Eva de Winter is ’n ragfyn bestekopname van die grysland in ’n huwelik, en tegelyk ’n verkenning van die skaduagtige en manipulerende wêreld van farmaseutika en big data. Deur die skrywer van o.m. Gevaarlike land (1990), Herinnering aan Agnes (1995) en Wederkoms: Die lewe en geskiedenis van Jannes Hoop (2009).

Die verleding van Eva de Winter was ‘n finalis in die onlangse Groot Afrikaanse Romanwedstryd.

Oor die skrywer

Louis Krüger is op Upington gebore. Hy studeer teologie en Afrikaans/Nederlands aan Universiteit Stellenbosch, en in 1984 verhuis hy na Nederland. Hy is predikant by die Koningskerk in Rotterdam. Sy debuutroman, Die skerpskutter, is met die Eugène Maraisprys bekroon. Hierna volg verskeie romans, waarvan ‘n hele paar ook in Nederlands vertaal word. 

Vurige verhale in Afrikaans

Johan Myburg skryf in die nuutste uitgawe van Plus50 soos volg oor romanses in Afrikaans:

“Menige skrywer (hierdie een ingesluit!) sal baie betaal om die woord hygroman terug te stop in die gat waaruit hy ons samelewing binnegekruip het.” Aan die woord is Alta Cloete, Bolandse skrywer met meer as 50 tydskrifverhale asook 20 romanses en nege liefdesromans op haar kerfstok.

“Dié woord [hygromans] word nou oor die algemeen gebruik waar erotiese verhale bedoel word,” sê sy. “Elke skrywer van liefdesromans of romanses word tot vervelens gevra: Wat skryf jy? Hygromans? Of nog erger: Huigromans…?”

Maar daar was ʼn tyd toe daar vir “bodice ripper” nie ʼn behoorlike Afrikaanse ekwivalent bestaan het nie, en toe het skrywer en ouduitgewer Kerneels Breytenbach met “hygroman” vorendag gekom, ʼn term wat hopelik “die knip sou terugsit in knipoog”. Dat daar ʼn mark was vir Afrikaanse ontvlugtingsleesstof waarin ʼn gelukkige einde ononderhandelbaar sou wees, het soos ʼn paal bo water gestaan. (Klik op bladsy 2 hieronder om verder te lees.)