RSS

Category Archives: Skryf

Nuut van Hans du Plessis: Drie vroue en ‘n meisie

Drie vroue en 'n meisie“Ek het vir prof ’n storie om te skryf.” Só begin Drie vroue en ’n meisie toe die mooie Katryn een middag ná klas ongenooid voor die skryfkunsprofessor se lessenaar kom staan.
Wat volg is soms lig en sexy, maar dié roman belig te gelyke tyd die afgryslike armoede van wit en swart Suid-Afrikaners, asook die klasbeheptheid van die vroeë Afrikanerelite.
Hans du Plessis het die vermoë om die leser te tart met heerlik speelse inligting, net om jou daarna weer bloot te stel aan die ellende van hulle wat nie het nie.
Ons leef nou, in die een-en-twintigste eeu, weer in ’n fase waar die politieke elite hulle vergryp aan die duurste en die beste terwyl die armes gewoon van honger sterf. Du Plessis hou ’n spieël na die verlede op en wys hoe eenders dit was toe die vorige heersersklas net vir hulself gesorg het en niks vir ander omgegee het nie.
Die einde bring hoop en daar is beeldskone verhale ook in die boek, maar uiteindelik is Drie vroue en ’n meisie ’n roman wat ’n diep seer blootlê en geen pleisters vir die wonde bied nie. Armoede se pyn en die elite se argwaan is skynbaar universeel.
Die ingrepe van die kerk en die staat se maatskaplike werkers bring uiteindelik verligting.
Drie vroue en ’n meisie vertel die saga en lotgevalle van drie generasies vroue wat by Katryn se grootjie in die miserabelheid van die delwerye van Miersehoop, wat byna reeds uitgewerk is, begin. Almal wat kom soek het na ’n diamant so groot soos ’n skaapkop, weet teen hierdie tyd die droom is aan ’t sterwe; maar die hoop bly, die hoop bly. Nypende armoede en hoogmoed, onnoselheid en opregtheid vermeng op die harde Noordwes-Hoëveld en verdring só alles wat goed kon wees.
Hieruit groei die verhaal van ’n weeskind wat nie kos of menswaardigheid gegun word nie, laat staan keuses. Daaruit ontvou nog ’n verhaal en daaruit nog een.
Die roman toon sterk ooreenkomste met JM Coetzee se Disgrace, hoewel die storie
gans anders is; daar is ook iets van Herman Charles Bosman te bespeur.
Die Blondine? Hans sê hy wens ook die storie van mooie Katryn en die ou prof is
dalk die reine waarheid. Hoekom dan nie? Hy is mos ’n prof wat fiksie opmaak.

LAPA-persvrystelling

 

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , ,

Foto

Waardeer vs waardeur

Waardeer

 
3 Kommentaar

Posted by op 27/09/2017 in Afrikaans, Skryf, Uncategorized

 

Sleutelwoordw: , , ,

Foto

Aanspreek!

Aanspreek

 
Lewer kommentaar

Posted by op 26/09/2017 in Afrikaans, Skryf

 

Sleutelwoordw: , , ,

Ons kinderboekkoning wen weer!

Jaco en Zerelda wen ’n IBBY!

LAPA UitgeMoenie hierdie boek eet niewers is trots om aan te kondig dat Jaco Jacobs se rympieboek Moenie hierdie boek eet nie!, geïllustreer deur Zinelda McDonald, pas as die wenner van die tweejaarlikse Exclusive Books IBBY SA-toekenning aangewys is.

Die toekenning word onderskryf deur die Internasionale Raad op Boeke vir Jongmense (IBBY), ’n niewinsgewende organisasie wat ’n wêreldwye netwerk van mense verteenwoordig wat daarna strewe om kinders en boeke bymekaar te bring. Die toekenning bekroon die skrywer sowel as die illustreerder van die wenboek.

Om vir die prys in aanmerking te kom, moet die skrywer en die illustreerder albei Suid-Afrikaans wees en die boek moet ’n oorspronklike werk in enige Suid-Afrikaanse taal wees. Die boek moet ook in Suid-Afrika gepubliseer wees. Die prysgeld van R10 000 word deur die skrywer en illustreerder gedeel.

Moenie hierdie boek eet nie! ’n Rympie vir elke dag van die jaar is ’n versameling van 366 splinternuwe kinderverse uit die pen van Jaco Jacobs. Dit sluit lawwe rympies, haikoes, limerieke en Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 26/08/2017 in Boeke, Lees, Skryf, Skrywers

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Resensie: Net ‘n mens

NET 'N MENS voorbladMin karakters het nog so hardnekkig by my gebly soos Willem en Sanet van Net ‘n mens. Met elke storm oor gaywees wat die media tref, besef ek weer eens ek het nie hulle swaarkry oordryf nie. Hulle stryd is fiksie, maar hulle stryd is ook werklikheid vir baie mense. Ook die uitweg van selfdood wat Willem gekies het, is ongelukkig alte dikwels die werklikheid vir gay mense. Riette Rust het my karakters deeglik verstaan. Hier is wat sy oorspronklik vir FMR oor Net’ n mens geskryf het:

Alta Cloete is bekend vir lekkerleesverhale. Hoewel sy al die jare romanses en liefdesromans skryf, is Net ’n mens en sy voorganger, Opdrag van oorkant, ietwat meer gewigtig. Dié skrywer skroom nie om seksuele  en sosiale kwessies aan te spreek nie. Tog is Net ’n mens ’n toeganklike leeservaring. Ook ’n storie vol hoop.

Kort ná ’n bekende skrywer se dood, sterf sy uitgewer ook. Dit word duidelik dat Willem, sy prokureur, en die uitgewer se band nie bloot vriendskaplik was nie. Willem se vrou, Sanet, besef dat daar in haar huwelik iets op seksuele gebied skort, maar sy gee haar groot lyf die skuld en laat haar kosverslawing weer Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , ,

Nog ’n lekkerleesominibus deur Elsa Winckler: Hoe diep die liefde lê

Hoe diep die liefde lê_Voorblad.jpgElsa Winckler se vorige omnibus, Liefde langs die Eersterivier het lesers laat vra vir nog. LAPA het geluister. Hierdie omnibus bestaan weer uit drie van Elsa Winckler se vorige Romanzas: Waar liefde lê, Want daar’s skoenlappers en Heldergeel dag.

Waar liefde lê: In Lana se kort joernalistieke loopbaan vertrou die redakteur haar net met berigte oor celebs, tot sy die dag ’n kollega moet uithelp toe ’n omgewingskundige ’n lesing gee. Nie dat dit haar opgewonde het nie, want sy wil oor politiek verslag doen, nie oor “groen aktiviste wat bome loop en omhels” nie. Niemand het haar egter gesê hierdie groen aktivis is so lenig en het sulke blou oë nie; ook nie dat sy passie veel intiemer kan word nie. Hoe klink ’n klimekspedisie Kilimandjaro toe saam met ’n man wat nie net bome omhels nie? Die probleem is: niemand het vir hóm gesê Lana het ’n Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Die mense langsaan – Elsa Hamersma

Die mense langsaan.jpgWanneer die huislike en alledaagse versmorend raak

Die mense wat langs jou bly of werk, is dikwels nie wat hulle voorgee om te wees nie. Christine en Zebith werk elke dag saam, maar Zebith weet nie dat Christine vasgevang is in ’n ongelukkige huwelik en daagliks planne maak om van haar man ontslae te raak nie. Andersyds is Christine onbewus van die feit dat Zebith se hart gebreek word.

Beide vroue kry nuwe bure en hierdie mense verander hulle lewe, maar nie ten goede nie.

Toe Christine later langs Zebith in ’n veiligheidskompleks intrek, het hulle albei ’n metamorfose ondergaan. Zebith se wêreld lê aan skerwe en alhoewel dit aanvanklik lyk asof Christine uiteindelik geluk gaan vind, word sy met bedrog, kaping en moord gekonfronteer. Geld – gewen, geërf of gesteel – is die swart skaduwee wat oor al die gebeure en karakters hang.

Gou besef beide vroue dat geld nie geluk kan koop nie, liefde alleen nie altyd genoeg is nie en dat veiligheid nie altyd Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , ,