RSS

Tag Archives: Romanza

Gesoek: ‘n eietydse heldin

Princess.pngEk het onlangs weer ’n paar Afrikaanse liefdesverhale uit die jare sewentig van die vorige eeu deurgedraf.  Dit was ’n ervaring wat my ietwat gehawend gelaat het, hoewel daar ook (kortstondige) aha-oomblikke was.

Dit was egter nie net nag nie, dit was ook pret. Want mens kan steeds verstaan hoekom die ou hardeband-liefdesverhale vir ’n hele paar dekades Afrikaanse vroue (maar ook heelwat mans) aan die lees gehou het. Die dinge wat die leser in ’n lekker liefdestorie soek, was almal daar: ’n aantreklike held, ’n pragtige heldin, dikwels ’n eksotiese plek. En dan natuurlik die verpligte gelukkige einde. Wat destyds gewoonlik ’n (redelik) innige soen behels het.

Aan die ander kant was dit ’n frustrerende ervaring om die boeke te herlees. Eerstens kan mens sien hoe die taal intussen ontwikkel het. Nie almal sal dit as positief sien nie, maar vir my is die gemakliker, meer informele taal en selfs die invoeging van Engelse woorde wat ons deesdae kry, ’n teken van groei. Die vryer, losser taal is vir my bloot ’n weerspieëling van ons Read the rest of this entry »

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , ,

Teen haar beterwete: Die Ontmoeting :)

Teen haar beterwete_high res (2)By die skoolhek wag die onderhoofseun getrou op sy pos, trots in sy prefekbaadjie met die ry wapentjies op die lapel. Dit het al tradisie geword dat die onderhoofseun haar ontvang en saal toe begelei, al ken sy die pad teen hierdie tyd baie goed.

“Gee vir my, dominee Jossie.”

Teensinnig gee sy die kitaarsak af. Sy kon nog nooit die seuns oortuig sy is heeltemal sterk genoeg om die ding self te dra nie. “Goed dan maar.” Terwyl hulle aanstap, groet sy links en regs. Sy wonder dikwels hoekom sy so lief geraak het vir die seunskool, sy wat sonder broers grootgeword het. Of dalk is dit juis omdat sy hier ’n paar honderd kleinboeties raakgeloop het.
Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Lus vir skryf? Hier’s jou kans!

Writing is like breathingLENTESKOOL VIR SKRYWERS VAN ROMANTIESE FIKSIE

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met die liefdesverhaaluitgewers LAPA en NB, bied van Donderdag 4 tot Saterdag 6 September 2014 ’n slypskool in die skryf van liefdesverhale aan. Bekende en bekroonde skrywers van romantiese fiksie, naamlik Bernette Bergenthuin, Elsa Winckler en Sophia Kapp, asook die uitgewers Charlene Hougaard en Hester Carstens, tesame met Franci Greyling van die ATKV-Skryfskool, tree as gespreksleiers op. Liefdesverhaalsoorte soos die romanse en liefdesroman kom onder die loep.

Hierdie driedag-slypskool, aangebied op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit, is ’n praktiese slypskool vir enigiemand wat ’n liefdesverhaal wil skryf. Die inskrywingsgeld daarvoor beloop R2 500 per persoon. Dié bedrag dek ook deelverblyf in selfsorgeenhede by die PUK Astro Villa, middagetes, oggend- en middagpouseverversings en ’n funksie op Vrydagaand 5 September. ’n Beperkte hoeveelheid verblyfplekke is beskikbaar (skakel vir meer besonderhede).

Voornemende kursusgangers moet ’n kortverhaal met ’n romantiese strekking (ongeveer 1 500 woorde) of ’n eerste hoofstuk (nie meer as 3 000 woorde nie) van ’n liefdesverhaal voor die sluitingsdatum vir inskrywing op Vrydag 22 Augustus 2014 aanstuur na Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za.

Wil jy die kursus bywoon? Skakel dan dadelik vir Kobie van Aswegen by 018 299 1783, of by bogenoemde e-posadres.

 Kom leer onder die leiding van mense wat weet!

 
 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Heruitgawe: Die tuiskoms – Sophia Kapp

Die tuiskomsDie tuiskoms is ʼn liefdesverhaal, maar dis ook ʼn storie oor een van die onaantreklikste eienskappe van die mens – die neiging om te veroordeel. Sophia Kapp slaag egter daarin om uit hierdie gegewe ʼn geloofwaardige verhaal te weef waarin die liefde oor alle voorbehoude seëvier.

Natuurlik is daar steeds skeptici wat sulke verhale as onrealisties beskou en die feit probeer ignoreer dat romantiese fiksie die volk aan die lees hou. ʼn Onlangse artikel in Beeld by http://www.beeld.com/bylae/2014-07-12-lank-lewe-die-liefde erken die feit dat liefdesverhale topverkopers is en dat daar veral onder vroulike lesers (Maar moenie die manne weggooi nie!) ʼn geweldige aanvraag daarvoor bestaan. Die tong-in-die-kies styl van die artikel toon dat skrywers sowel as lesers weet romantiese fiksie kyk met ʼn sagte oog na die werklikheid en verf ʼn fyn lagie idealisme daaroor. Geen ingeligte persoon dink vandag nog skrywers, uitgewers en lesers van romantiese fiksie leef in die waan dat die lewe uit maneskyn en Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , ,

Uittreksel: Eindelik liefde

Eindelik liefdeSonbruin en selfversekerd verskyn die man in die deur van die trem. Loshande die mooiste voorbeeld van die spesie waarop Anke Viljoen nog haar twee oë gelê het. Deurleefde jeans, stewels wat al ‘n paar kilo’s afgelê het, sterk gesig. Anke kan sweer die temperatuur van die koel Duitse somerdag styg ‘n paar grade toe die vroulike passasiers hom in hulle radar kry. Die enetjie naaste aan hom se gesiggie kry ‘n ligte gloed en sy vat-vat onbewustelik aan die ringetjie in haar onderlip, haar vriendin vee haar mini-rompie glad oor haar sexy paar bene. Self moet Anke konsentreer om nie aan haar hare te begin vroetel nie.

Met sy bos donker krulle, oopnekhemp met opgerolde moue en gehawende rugsak oor die skouer lyk hy soos ‘n swerwer wat nie regtig op ‘n vaal laatsomerdag in ‘n Europese stad tuishoort nie. Hy lyk soos iemand wat wye horisonne ken, iemand wat al ver geloop het en elke oomblik daarvan geniet het. Sy beny hom uit die diepte van haar hart.

Haar kans sal nog kom, sy sal nog wyd reis, veel wyer as Europa wat sy al betreklik goed ken. Die Ooste, Suid-Amerika, Kanada. Dalk vir ‘n paar jaar in die buiteland gaan werk. Vreemde plekke, verre streke, dis wat haar trek, dis wat haar geliefde ouma Santa by haar ingeprent het – hou jou kop oop, verskuif jou Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , ,

Vaarwel aan 2013!

Wat my skryfwerk betref, was 2013 ʼn geseënde jaar met baie om voor dankbaar te wees.

482236_10151580992643223_1926667681_nDie uitdagings van klein openbare optredes het gewissel van ʼn leeskring wat eintlik letterkunde lees (ja, ek het effens bedreig gevoel, maar individueel was almal baie vriendelik) tot ʼn biblioteekkuier waar ek (en Kristel Loots) soos ʼn koningin ontvang is (dankie Goodwood), ʼn kuier by die grondslagfase van ʼn meisieskool (meisietjies in feetjierokkies, met net een lieflike heks), ʼn kuier by Madri Victor se skryfkursus (ek onthou haar sexy skoene!) en ʼn gesprek oor die liefde saam met Kristel Loots en Elsa Winckler in ʼn lieflike kerkie by die Tulbagh Lentefees. Elkeen spesiaal op sy eie manier. Elkeen ʼn goeie herinnering op sy eie manier. By elkeen het ek iets geleer en iets van myself ontdek.

Seisoen van Vergifnis - Copy - CopyDie tweede Seisoen-boek (Seisoen van vergifnis – Amanda en Wim se storie) het na heelwat pyn en trane in Februarie verskyn en was ook die eerste Lekkerlitboek van die jaar. Die grootste werk hieraan is natuurlik al in 2012 gedoen. Skryf is nie ʼn ding waar ʼn mens op instant gratification moet hoop nie, die beloning kom eers met verloop van tyd. Wat dit soveel soeter maak.

Die derde Seisoen-boek (Seisoen van vervulling) het met betreklik min pyn die geboorteproses, afronding en al die stappe tot by verskyning in Oktober deurgegaan. Na ʼn laagtepunt laat in 2012 moes ek die moed om die storie aan te pak diep en ver gaan haal. Dis ʼn groot vreugde dat dit toe eintlik (relatief) maklik gegaan het. Daarvoor kan ek net vir Ben en Emily dankie sê (al bestaan hulle nie regtig nie). Hulle storie het my eenvoudig aangegryp, dalk maar omdat daar soveel raakpunte met my eie storie is.

Van êrens het ek die moed (of die koppigheid) gekry om ʼn mislukte romanse van ʼn jaar of twee gelede uit die laai te haal en nie net af te stof nie, maar Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , ,

Skuilnaam of skrywersnaam? En hoekom?

Seisoen van GenadeIn ‘n baie interessante artikel in Die Burger word redes ondersoek waarom skrywers skuilname gebruik: http://www.dieburger.com/Vermaak/Nuus/Stories-van-pennename-20130105

Ek voeg graag ‘n paar gedagtes daarby:

Eerstens word die term skuilnaam nie meer so algemeen gebruik nie, bloot omdat min skrywers dit werklik meer geheim hou.  In ons oper samelewing waar intellektuele snobisme teenoor nie-literêre skryfwerk genadiglik stadig maar seker aan die afneem is, word skrywersname deesdae dikwels om meer praktiese redes gekies.

Die belangrikste rede is waarskynlik dié wat in die artikel genoem word, naamlik waar ‘n skrywer  in verskillende genres bedrywig is en dit vir lesers maklik wil maak om te onderskei. Ekself  skryf  liefdesromans onder my eie naam en romanses onder die skrywersnaam Marilé Cloete. ‘n Leser weet dus wat om te verwag wanneer hy ‘n spesifieke boek optel. Oorspronklik het ek albei name vir my tydskrifverhale gebruik, weens die rede wat ook in die artikel genoem word, naamlik dat Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , ,