RSS

Tag Archives: Helene de Kock

Debora en seuns – Helene de Kock

Debora en seunsHelene de Kock is ‘n gevestigde en geliefde skrywer in Afrikaans en voorsien al jare lank in die behoeftes van diegene op soek na ‘n storie wat lekker lees, maar die leser ook laat dink. Met die historiese roman Debora en seuns doen sy dit weer. Hoewel die milieu waarin haar verhale afspeel altyd sentraal gestaan het (dikwels die Oos-Vrystaat en in die verlede ook dikwels Nederland), word dit na die voltooiing van haar doktorale studie oor die rol van milieu in die romankuns nog meer prominent.

Die titel verwys terselfdertyd na die winkel Debora en seuns en na die gesin Schlagerfeldt. Die lotgevalle van die gesin en die winkel is dan ook onlosmaaklik verweef.

Die plattelandse lewe in ‘n konserwatiewe Afrikaanse gemeenskap van die dertigerjare van die vorige eeu word in fyn detail geteken. Die wisseling van die seisoene, die reuke en klanke van die omgewing werk Read the rest of this entry »

Advertisements
 
Lewer kommentaar

Posted by op 24/05/2015 in Uncategorized

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Woordfees 2011

Ek het lankal op die harde manier uitgevind dis nie altyd so maklik om ‘n fees hier naby by te woon nie. Jy kan nie uittree uit jou daaglikse lewe en vir ‘n paar dae heeltemal weggaan en in ‘n salige vakuum van bitter min verantwoordelikheid jouself oorgee aan die plesiere van feeshou nie. Nee, jy hang die wasgoed op, jaag na ‘n show toe, kom maak iets reg vir aandete, jaag vir nog ‘n show …  Faktore wat die Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , , , ,

Somersneeu – Helene de Kock

Helene de Kock is wat my betref een van die mees onderskatte skrywers van ontspanningsleesstof in SA. Sy skryf al vir jare stil-stil die een pragtige, geloofwaardige, eg Suid-Afrikaanse liefdesverhaal na die ander. Die meeste van hulle speel in die Oos-Vrystaat af en dikwels besoek die karakters ook vir Nederland (veral in die ouer boeke). Maar elke boek en elke karakter is steeds uniek.
Met die meer blootstelling wat goeie Afrikaanse ontspanningsleesstof deesdae kry, dink ek sy kry ook meer van die erkenning wat sy lankal moes gekry het. En sy is Read the rest of this entry »

 
5 Kommentaar

Posted by op 21/02/2011 in Boeke, Lees, Liefdesverhale, Skrywers

 

Sleutelwoordw: ,

Heildronk op ‘n gypsyromp – Nadia de Kock

Heildronk op ‘n gypsyromp was een van die aangename verrassings van my leesjaar tot dusver. Ek het kennis geneem van sy (haar) verskyning, maar nie moeite gedoen om dit in die hande te kry nie. Maar as ‘n nuwe boek per ongeluk (geluk) voor my op die trollie lê, gryp ek!
Daar was al redelik diskoers oor of ons nou eintlik chick-lit in Afrikaans het, of ons dit wil hê of nie, of dit ‘n genre met bestaansreg is of nie, ens. ens.  Na my mening is Gypsyromp volbloed chick-lit en probeer dit niks meer of minder wees nie – en dis waarskynlik wat dit geslaagd maak.
Sover ek weet is drie dinge belangrik in chick-lit: ‘n professionele enkelvrou, gewoonlik so skuins oor die dertig, haar loopbaan en haar vriendekring (urban clan). En dan eers kom haar liefdeslewe. Daar is dus gewoonlik ‘n liefdesverhaal betrokke, maar dis nie noodwendig die belangrikste element in die storie nie.
Mieke is ‘n kleurvolle, impulsiewe, kreatiewe, warm Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , ,