RSS

Tag Archives: boeke

Emosionele oorlewing in die tyd van Korona

Was jou hande! Bly by die huis!

Moenie aan jou gesig vat nie!

Ja, instruksies oor hoe om die verspreiding van die virus te beperk, kom van alle kante op ons af.

Soms is daar ’n paar instruksies op die lysie wat vaer is, moeiliker om vas te vat, ingewikkelder om uit te voer: Bly kalm! Moenie paniekerig raak nie!

Ja, die fisieke sy van enige situasie is dikwels makliker om te hanteer as die emosionele aspekte. Ons is nou eenmaal geneig om ons fisieke welsyn bó ons emosionele gesondheid te stel. As ons in hierdie tyd egter nalaat om ook na ons geestesgesondheid om te sien, kan die pandemie merke op ons laat wat ons nog lank ná die fisieke bedreiging verby is, kan affekteer.

Vir diegene van ons wat saam met ’n geestesiekte leef, is dit ekstra belangrik om in hierdie tyd noukeurig na onsself om te sien. En nee, dis nie selfsugtig om eerste aan jouself te dink nie. Dis ons verantwoordelikheid om mooi na onsself te kyk, juis sodat ons ook in staat kan wees om ’n wyer bydrae te lewer, op watter maniere ook al in ons situasie van toepassing is.

As iemand wat saam met depressie en angs lewe, moes ek die afgelope tyd mooi introspeksie doen en besin oor hoe ek hierdie uitdaging gaan hanteer. Want ja, soos met alles in die lewe, het ons ’n keuse hóé ons op die virus gaan reageer.

Ek noem graag ’n paar punte wat vir my as belangrik uitstaan. Ek beweer hoegenaamd nie ek kry dit alles reg nie, maar dit gee my iets om op te fokus en na te streef.

  • Indien jy saam met ’n geestesiekte leef, wees in hierdie tyd ekstra op jou hoede vir ’n insinking. Neem jou medikasie, gebruik elke moontlike ondersteuningstelsel, doen toegewyd die dinge wat jy weet jou kan help.
  • Maak seker dat jou inligting korrek is en dat jy nie onnodig ontsteld raak oor onbetroubare “feite” nie.
  • Moenie elke nuusbrokkie wat jy ontvang, outomaties wyd en syd aanstuur nie. Neem ’n oomblik om te dink of dit werklik nodig en nuttig en bowenal korrek is.
  • Spreek mense aan wat onsinnige/foutiewe/dwase/opruiende inligting rondstuur. Sorg dat die verspreiding daarvan by jou stop.
  • Konsentreer op inligting waarmee jy iets kan doen. Is dit werklik noodsaaklik om die verloop van die virus in elke liewe land noukeurig dop te hou?
  • Wees ekstra versigtig op sosiale media. Ja, dit kan wondere verrig in ’n tyd van selfisolasie om met mense in kontak te bly. Maar pasop vir te veel skermtyd, te veel memes, te veel brokkies inligting waarmee jy nie werklik iets kan doen nie.
  • Bestuur wat jy op sosiale media sien. Onthou van die Unfollow-knoppie op Facebook. Skakel “vriende” uit wat ontstellende goed rondstuur.
  • Dink ’n oomblik voor jy memes en skakels deel. Is dit waar? Is dit nodig? Is dit nuttig?
  • Neem die besluit om op enige denkbare manier ’n positiewe bydrae tot die situasie te lewer. Selfisoleer waar moontlik, werk van die huis af indien moontlik, was jou hande. Moenie dink jou klein bydrae is nie belangrik nie.
  • Positiwiteit beteken nie ontkenning nie. Ons moenie hierdie ding onderskat nie. Maar ons moet ook nie so beangs raak dat ons ons greep op die werklikheid verloor nie.
  • Moenie al jou aandag op die verloop van die virus toespits nie. Om ’n bal-vir-bal-verslag van die wêreldwye verloop van die pandemie te volg, kan tot geweldige angs lei. Besluit liewer om byvoorbeeld een of twee keer per dag op hoogte van sake te kom en daarmee te volstaan. Onthou, daar is nog ander dinge in die lewe ook wat ons aandag nodig het.
  • As jou gejaagde lewe hierdeur tot stilstand gedwing word, benut die kans om na binne te draai en ’n bietjie te besin en stiller te word.
  • Gee aandag aan jou geliefdes se emosionele toestand. Dra veral sorg dat kinders en bejaardes nie oorval word met die soort inligting wat tot paniek kan lei nie.
  • As jou lewe dalk ’n bietjie leeg is, gebruik die kans om te besin oor waar jy ’n positiewe bydrae kan lewer. Ook wanneer hierdie tyd verby is.
  • As jy ’n ietwat selfsugtige persoon is, gebruik die geleentheid om wyer as jou eie heil te probeer dink. Jou beloning kan groot wees.
  • As jy ’n hoogs sensitiewe persoon (HSP) is, aanvaar dat die emosionele impak van die situasie op jou sterk gaan wees en kyk ekstra mooi na jouself. (Jy kan hier ’n aanduiding van jou sensitiwiteit kry: https://hsperson.com/test/highly-sensitive-test.)
  • Fokus doelbewus op dinge om voor dankbaar te wees. Daar is áltyd iets om voor dankbaar te wees.
  • Gebruik die geleentheid om gedagtigheid (bewustelikheid, “mindfulness”) te beoefen. As jy nie vertroud met die begrip is nie, lees gerus hier: https://mindfulness.org.za.
  • Meditasie hang nou saam met mindfulness. Nee, jy hoef nie ’n Boeddhis te word of jou lyf in onmoontlike posisies te knoop nie. Meditasie is eintlik net ’n manier om uit jou knaende gedagtes te kom en op jou sintuiglike ervaring te fokus. Gereelde meditasie kan help om kalmte en irritasie te verlig. Op YouTube is massas meditasies van verskillende lengtes beskikbaar. Insight Timer is ’n toepassing wat baie goed werk om jou aan te spoor om elke dag ’n tydjie aan meditasie af te staan.
  • Asemhalingsoefeninge is fisiek vir jou goed, omdat jy meer suurstof inneem, maar kan ook wondere vir ’n onstuimige gemoed verrig. Talle oefeninge is op die internet beskikbaar. Die kernbeginsel om angs te verminder, is om jou uitaseming langer as die inaseming te maak. Asem byvoorbeeld vir vier tellings in, hou jou asem vir nog vier tellings in, asem uit vir ses, hou vir twee. Herhaal. Glo my, dit werk!
  • Oefening is een van die heel beste stresontlaaiers wat daar is – enige oefening wat vir jou werk en op lang termyn volhoubaar is. Joga kan baie ontspannend wees. Selfs net ’n paar strekoefeninge bring voordele.
  • Probeer om elke dag (op ’n veilige plek) in die natuur uit te kom, al versorg jy net ’n enkele plant op jou balkon.
  • Musiek – enige musiek wat jou hart bly maak – verlig spanning en bring vreugde. Verskeie nuwe stromingskanale is alreeds beskikbaar. https://www.vulture.com/2020/03/coronavirus-the-metropolitan-opera-to-stream-free-operas.html?utm_campaign=nym&utm_source=fb&utm_medium=s1&fbclid=IwAR1dxV-eFnH-ey1f20k1454JJiGyRmS6aOB26q65bfPZZm1WgPGQHMwmkzQ.
  • Enige vorm van kuns wat tot jou spreek, kan jou nou ekstra baie help. Daar is al reeds wonderlike goed aanlyn beskikbaar. https://www.fastcompany.com/90475447/stuck-at-home-because-of-coronavirus-how-to-get-your-art-and-design-fix-from-your-couch.
  • Dis nou jou kans om vir ontspanning te lees. Maak seker jy lees nie iets wat terneerdrukkend is nie. Lekkerleesboeke is wat ons nou nodig het. Kyk gerus op Facebook by “Kom ons lees weer Afrikaans”. (https://www.facebook.com/groups/46583772414) en Lekkerleesboekrak (https://www.facebook.com/groups/lekkerlees) vir inspirasie. Vir die kinders is daar Afrikaanse boeke by https://www.facebook.com/groups/1435466360108982.
  • Dit mag wees dat hierdie pandemie die wêreldoorlog van ons geslag is. Maar is dit nie wonderlik dat ons almal (hopelik!) aan dieselfde kant veg nie? Konsentreer daarop om jóú deeltjie in hierdie groot veldslag te doen.
  • Dwarsoor die wêreld maak mense tans groot en klein opofferings om die virus te help bekamp. Moenie dink jóú opoffering en ongerief is die belangrikste nie. Oppas ook om na almal se hartseer stories oor ontwrigting en ongerief te luister. Konsentreer op dinge waaraan jy iets kan doen.
  • Probeer om verby jou eie ongerief en vrees (ja, ons is almal bang – erken dit maar) te kyk en die groter prentjie raak te sien. Elkeen van ons kan ’n bydrae lewer om hierdie ding hok te slaan.

Dis bekend dat skoonheid dikwels uit lyding te voorskyn kom. Kom ons verlig mekaar se emosionele lyding op elke denkbare manier en sien saam uit na die groei en verryking wat uit hierdie tyd na vore kan kom.

Lidi de Waal (https://www.facebook.com/kalaharies) sien dit so:

in hierdie tyd van histerie en angs
in hierdie tyd van binnetoe leef
en die buitewêreld uitsluit
laat ons tog probeer
om ons liefde uit te dra en nie ons angs nie
om ons omgee te gee
en nie ons bitterheid nie
ons vreugde te gee en nie ons ellende nie
ons optimisme en nie ons twyfel nie
as jy jou oop liefdevolle hart wys
sal mense en diere
en die hele universe jou goodwill aanvoel
dis hierdie dinge
wat die heelal oplig en voed
as jy ’n verskil wil maak
as jy jou lewe wil laat saakmaak
wys te midde van als wat skeefgeloop het
steeds jou beste kant aan die wêreld.

Lidi se wens is ook my wens vir jou!

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , ,

2016 was ‘n riller … And so say all of us …

Want to inspireLyk my dit het mode geword om vir mekaar te vertel wat ‘n dolle jaar dit was.

Tot op ‘n punt het ek hartlik meegedoen.

Maar toe besef ek moet verder dink. Ja, daar was moeilike dinge. Maar daar was altyd ‘n MAAR.

  • 2016 het begin met my eerste ervaring van angs. Angs wat jou beheer laat verloor, angs wat jou laat glo jy is nou al jou varkies kwyt, wat jou keel laat toetrek en jou hart op loop laat sit en jou vir die toekoms laat vrees.

Maar dit het verby gegaan. (Met die regte pilletjie en heelwat vasbyt.)

  • Die Swart Hond was vanjaar nie net op my spoor nie; hy het kom intrek. Hoe beskryf mens die donkerte? Dag en nag? Come rain or shine? Die doelloosheid, die moegheid, die uitsigloosheid. Terwyl jy met jou verstand goed weet jy het tonne en tonne seëninge om voor dankbaar te wees? Maar dit help jou niks. Behalwe om jou ongelooflik skuldig te laat voel.

Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

Trek: Winnie Rust

Trek 1Trek is die nuutste historiese roman uit die pen van Winnie Rust, skrywer van Martha gravin van Stamford  en Margie van die Seminary en ander verhale. Hoewel dit op die oppervlak hoofsaaklik die verhaal van die gedwonge verskuiwing van bruinmense uit die middedorp van Wellington is, raak Trek eintlik die groter konsep van ontworteling aan, soos dit op verskillende maniere mense in verskillende tydvakke se lewens aanraak.

Miss Girlie word gebruik om die verhale van die magdom karakters in die boek bymekaar te bring. Girlie is ʼn gesofistikeerde bruinvrou en onderwyseres met Skotse bloed, ʼn goeie opvoeding en ʼn bekoring vir mans oor grense heen (… nog een keer langs jou op die rivierwal lê, na jou fyn voetjies en hande kyk, die moesie op jou wang, jou mond sien lag, jou tande sien blink.) wat die lief en leed van haar gemeenskap intiem beleef vanaf die jare voor apartheid tot na die koms Read the rest of this entry »

 
1 Kommentaar

Posted by op 12/05/2016 in Boeke, Lees, Romans, Skrywers, Verhoudings

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

Hoekom moet ‘n kind lees?

Favourite bookHoe meer jy lees, hoe beter lees jy. Oefening is vir lees net so nodig soos vir sport. Hoe beter jy lees, hoe lekkerder word dit.

As jy goed kan lees, kan jy ook beter skryf.

Taal is uniek aan die mens. Ons gebruik taal op alle gebiede van die lewe en op verskillende  maniere. Lees is dus verwant aan skryf en praat.

Lees is nodig vir al jou skoolwerk, selfs Wiskunde. Jy moet die vrae Read the rest of this entry »

 
10 Kommentaar

Posted by op 16/03/2016 in Boeke, Lees

 

Sleutelwoorde: , ,

Chanette Paul nou internasionaal!

Offerlam kleinerChanette Paul se internasionale deurbraak het gebeur. Sy vertrek eersdaags om die Nederlandse vertaling van Offerlam, wat in dieselfde maand as die Afrikaanse vertaling verskyn, in België te gaan bekendstel.
Offerlam speel in Suid-Afrika, die destydse Belgiese Kongo (nou die DRK) en in België af.
Verwerp deur haar man en skoonfamilie asook deur haar eie familie – juis toe sy hulle die nodigste gehad het – was dit vir Caz Colijn nie maklik om haar uitsonderlike dogter groot te kry nie.
Nou is Lilah egter ʼn suksesvolle internasionale model en kan Caz uiteindelik haar lewe lei soos sy wil – in afsondering op haar eie lappie Afrika in die Overberg. Hier het sy vir haar ’n skuiling teen die lewe geskep waar sy haar vertaalwerk kan doen en uitsien na Lilah se jaarlikse besoeke.
’n Oproep van haar vervreemde suster, Tieneke, keer Caz se rustige lewe eensklaps op sy kop. Josefien Colijn, die vrou wat Caz haar lewe lank as haar ma geken het, is op sterwe. As Caz wil weet wie Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 26/10/2015 in Boeke, Lees

 

Sleutelwoorde: , ,

Irma Joubert is besig om die VSA en Europa te verower!

Immer wes’n Dogtertjie uit die Oos-Pruisiese adel, ’n liefdelose ma, ’n pa wat omgee – wel, meestal. Só begin Hildegard se verhaal … In 1914, toe die donker wolke wat oor Europa saamgetrek het, uiteindelik in die Groot Oorlog uitbreek, leer Hildegard vir die eerste keer hoe lelik die lewe daar buite is, hoe afskuwelik oorlog is, en wat ’n misleidende woord “oorlogshelde” is. Haar kinderlike verering van die Duitswester Gustav los op in die vlaktes van sy geliefde land waarheen hy terugkeer. Sy trou met ’n man – haar vader se keuse, as mens dit ’n keuse kan noem – wat min vreugde in haar lewe bring.
Teen die tyd wat die Tweede Wêreldoorlog ten einde loop, is sy intiem vertroud met die pyn van verlies en onderdrukking, armoede en hongersnood, en meer as ooit haat en verag sy oorlog, maar dit is nie die einde van die reis nie. Dit besef sy eers toe sy en haar kind hulle, weens omstandighede waarvan niemand sou kon droom nie, in Duitswes bevind.
Wat môre sal bring en waar sy en haar dogtertjie ’n heenkome sal vind, weet niemand. Soms weet sy nie of God haar nog hoor wanneer sy bid nie.
Hierdie lekkerleesroman wat strek oor die twee Wêreldoorloë en uiteindelik, via Suid-Afrika, in Namibië eindig, beloof om Irma Joubert se lesers weer weg te voer na lande en tye wat nie aan ons bekend is nie. Soos altyd is die styl maklik, maar, soos soveel keer te vore is, wys Joubert ook die donker kant van die mens.
Oorlog is verskriklik. Gelukkig is daar altyd hoop in al Irma Joubert se romans.
*
Immer wes is die eerste boek in haar nuwe trilogie. Al drie verhale het as kern die lyding van vroue en kinders. Joubert sê “dit maak nie saak wie die vyand is nie, die vergrype teen die mens is dieselfde. Sodra honger oorneem, word die mens soos ’n dier”.
*
Immer wes is Irma Joubert tiende boek. Sy het ongekende welslae in die buiteland behaal met ses van haar boeke wat reeds in Nederlands vertaal is. Dit sluit Ver wink die Suiderkruis, Tussen stasies, Tolbos, Anderkant Pontenilo, Pérsomi en Kronkelpad in.
Sedert Tussen stasies in 2011 as Het Meisje uit de Trein uitgereik is, het Joubert se gewildheid jaarliks toegeneem en altesaam 85 000 eksemplare van die ses titels het reeds verkoop.
Ook die Amerikaners is opgewonde oor die stukkie Suid-Afrikaanse goud wat hulle raakgeboor het. HarperCollins was nog nie eens klaar met die vertaling van Tussen stasies nie, toe vra hulle nog van haar boeke aan.
Tussen stasies heet in Engels The girl from the train en dit sal later vanjaar ter plaatse beskikbaar wees. Die boek is in die VSA gekies deur die Target Book Club en dit beteken dat die eerste oplaag aldaar ’n minimum van 40 000 sal wees.
Tussen stasies is ook al in Duits vertaal en is ook daar ’n reuse-sukses. Dis reeds in ’n vierde druk, al is Das Mädchen aus dem Zug eers in 2014 uitgereik. Die vertalers werk nou daaraan om ook Ver wink die Suiderkruis op Duitse winkelrakke te kry. Read the rest of this entry »

 
2 Kommentaar

Posted by op 17/10/2015 in Boeke, Lees

 

Sleutelwoorde: , , , , , , ,

Peet Venter: 75 en fluks aan die skryf!

Lempeet venter word 75Peet Venter was op Saterdag, 3 Oktober 2015 vyf en sewentig.
Venter debuteer in 1978 met Die alleenlopers. Elf publikasies volg totdat LAPA Uitgewers in 2012 die roman Dieper as die bloed in ’n baie verwerkte weergawe heruitgee. In hierdie roman leer die leser vir Thys Krige ken. Dit was egter met die koms van die volgende roman in 2013, Ou bloed, en Thys se hertoetrede tot die Afrikaanse boekbedryf, dat Venter skielik deur die publiek en die kritici raakgesien is. Sedertdien was die naam Peet Venter reeds 33 keer op Nielsen Bookdata se topverkoperlys vir fiksie; waar hy meeding met oorsese skrywers én plaaslike Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 04/10/2015 in Boeke, Lees

 

Sleutelwoorde: , , , ,