RSS

Tag Archives: letterkunde

Gelyke kans – Santie van der Merwe

Gelyke kansDie dae van voorspelbare liefdesverhale oor die wel en wee van beeldskone, maar effense patetiese heldinne en lang , donker helde (tall dark and hands all over – en meestal manne van min woorde) is genadiglik in Afrikaans verby. (Nie dat daar nie ook ‘n saak uit te maak is vir ‘n mate van voorspelbaarheid nie, want die tipiese leser van romantiese fiksie – as daar so iemand bestaan – wil verseker wees die tweetjies gaan wel bymekaar uitkom. Vir Afrikaanse lesers is daar deesdae volop romanses te kry, wat uitsluitlik op die ontwikkeling van die liefdesverhouding konsentreer en nie aandag gee aan die gewone klein en groot ellendes van die lewe nie. Maar ook hierdie stories is deesdae baie meer realisties as ‘n halfeeu gelede, al is daar by die romanse steeds ‘n aspek van fantasie betrokke.)

In Afrikaanse liefdesromans is die hoofkarakters deesdae dikwels nie meer bakvissies of snuiters nie en vlekkeloos en foutloos is hulle beslis nie. Nee, dit word vir die moderne leser al hoe makliker om met die karakters te identifiseer, want helaas is min van ons mos maar jonk, beeldskoon en volmaak. Aansluitend by hierdie neiging is daar die verskynsel dat romantiese fiksie ook oor getroude pare geskryf kan word. Niemand – behalwe miskien ‘n paar gelukkige siele – glo immers meer in die happy ever after konsep nie. En vir lesers is dit toenemend lekker om te lees oor karakters met wie hulle volkome kan identifiseer. Dit sluit myns insiens aan by die neiging van ouer vroue om hulself, hulle liggame en hul ouderom te aanvaar en steeds voluit te leef en lief te hê, al het swaartekrag alreeds sy tol begin eis. En ja, ouer persone het nog seks. En mag dit selfs geniet. Ook die kamerdeur van getroude pare is nie meer ‘n ondeurdringbare skans nie. Daarby word die manne ook deesdae ‘n woordjie gegun en word ‘n deel van die verhaal dikwels uit hulle oogpunt vertel. Read the rest of this entry »

 
1 Kommentaar

Posted by op 15/04/2015 in Boeke, Lees, Liefdesverhale

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , ,

Pastoor – Pat Stamatélos

PastoorNa boeke wat mens ruk, soos Annelie Botes se Thula Thula, Dis ek, Anna van Anchien Troskie en Swartskaap van  Odette Schoeman, sien mens amper nie kans vir nog ‘n boek oor molestering nie. Maar die reputasie van Pat Stamatélos as die skrywer van aangrypende boeke met egte karakters laat jou deurdruk.

Pastoor is beslis nie ‘n goedvoelboek nie. Nee, dis ‘n boek wat jou hart uit jou lyf wil ruk. Maar die vreeslikheid word stukkie vir stukkie vir die leser gevoer, sodat hy nie oorweldig word nie en bly voortbeur.

Die verskil van ander boeke is dat die verhaal van molestering hier slegs in die hoofkarakter se gedagtewêreld binne die konteks van haar besoeke aan ‘n baie eksentrieke sielkundige vertel word. Terwyl Kleintjie aan die een kant hulp soek vir haar depressie en aan die ander kant voortdurend sorg dat die gesprek nie by haar eintlike kwessie uitkom nie, voer sy ‘n gesprek met die pastoor wat dit aan haar gedoen het.

            Die skreiende ironie van die situasie word alreeds deur die voorblad gesuggereer – die titel Pastoor, die kerkbank, die broek en gordel vertel eintlik al die hele verhaal. Die liefdevolle herder van die gemeente, die een met die sagte stem, die empatie, die enigste persoon wat ooit vir Kleintjie positiewe insette oor haarself gegee het, die enigste een wat haar ooit liefgehad het, vir haar gesê het sy is spesiaal en mooi, is ook die een wat haar na die dieptes van die ellende geneem en daar alleen gelaat het. Dit is na my mening wat hierdie boek so spesiaal – en ook so vreeslik – maak. Mens is so geneig om die molesteerder as ‘n bose persoon te sien, iemand wat kinders wreed dwing om hulle hul sin te gee en hulle in voortdurende vrees vir hulle vergelding laat leef, sou hulle dit waag om te vertel. Maar hierdie pedofiel is juis die sagte, die goeie een, die herder, die lig in die meisietjie se donker lewe. Hy bind haar aan hom met die sagte bande van liefde, aanvaarding en aanmoediging. Dis juis hierdie bande wat haar vir jare aan hom vashou, selfs nog toe sy lankal verstaan presies wat hy aan haar doen. En dis hierdie bande wat haar wroeging soveel dieper maak, want sy is van vroeg af ten volle bewus van die verkeerdheid van wat hulle doen, maar sy kan haar nie van haar enigste bron van liefde losmaak nie.

            Kleintjie word geteken as ‘n beskadigde vrou, iemand wat haar lewe lank worstel met wat met haar gebeur het en wat ten spyte van ‘n man wat sy bes doen om te verstaan en twee gelukkige dogters, steeds nie haar verlede kan agterlaat nie. Mens herinner jouself dat dit ‘n ware verhaal is en jy hoop en bid maar net dat die ware Kleintjie deur die vertelling van die verhaal wel genesing gevind het. Die gedagte dat ‘n vrou met soveel potensiaal deur hierdie verwronge vorm van ‘liefde’ ontneem is van ‘n gelukkige lewe, wil hierdie leser se hart laat breek.

            Die verhaal is natuurlik des te meer relevant in die lig van onlangse gebeure en dit bring helaas meer vrae as antwoorde. Weeg enkele misstappe op teen die tonne goed wat so ‘n persoon in sy lewe gedoen het? Is dit sinvol om dekades na die tyd steeds vergelding te soek? Sou dit ooit genesing vir die slagoffers bring?

            Soos die verhaal van Philomena Lee in die film Philomena en die boek The lost child of Philomena Lee, laat Pastoor mens ook met nuwe oë na die kerk kyk. Dit is net soveel erger as die ergste wandade uit die koers van diegene kom wat die staf van die herder dra.

            En ja, natuurlik weet hierdie leser nie almal is so nie. Maar een vrot appel is ongelukkig genoeg om onmeetbare skade te doen.

            Daar is wel hinderlikhede in die verhaal, maar dit word oorskadu deur die groter boodskap. Die rol en selfs die egtheid van die eienaardige sielkundige is nie heeltemal duidelik nie. Die oormatige aandag aan haar kleredrag en feetjies bied ‘n skel teenstelling met die verskriklike tema, maar word soms bloot irriterend.

            Uiteindelik is dit egter net belangrik dat die nare boodskap ongelukkig moet uitgedra word: Mens kry vandag nog wolwe in skaapklere en daardie skaappakkie kan ongelukkig ook die toga van ‘n geliefde geestelike wees.

 
3 Kommentaar

Posted by op 22/07/2014 in Boeke, Lees, Skryf, Skrywers, Suid-Afrika

 

Sleutelwoordw: , , , , , , ,

Vryheid vir Afrikaanse lekkerleesboeke!

EboekeEen van die besware wat die meeste teen ‘soetsappige liefdesverhale’ ingebring word, is die voorspelbaarheid daarvan. Wat ons natuurlik sommer ook by die vermeende soetsappigheid uitbring.
Soos met baie ander dinge, is dit met boeke ook goed om die spreekwoordelike appels met appels te vergelyk en nie met ander vrugte nie, hoe eksoties (en anglisisties) ook al. Wanneer romantiese fiksie met ander (sub)genres van ontspanningslektuur of met letterkunde vergelyk word, is die vrugte nie dieselfde nie en word albei soorte ‘n onreg aangedoen.
As romantiese fiksie met letterkunde vergelyk word, kan dit sekerlik Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , ,

Vaarwel aan 2013!

Wat my skryfwerk betref, was 2013 ʼn geseënde jaar met baie om voor dankbaar te wees.

482236_10151580992643223_1926667681_nDie uitdagings van klein openbare optredes het gewissel van ʼn leeskring wat eintlik letterkunde lees (ja, ek het effens bedreig gevoel, maar individueel was almal baie vriendelik) tot ʼn biblioteekkuier waar ek (en Kristel Loots) soos ʼn koningin ontvang is (dankie Goodwood), ʼn kuier by die grondslagfase van ʼn meisieskool (meisietjies in feetjierokkies, met net een lieflike heks), ʼn kuier by Madri Victor se skryfkursus (ek onthou haar sexy skoene!) en ʼn gesprek oor die liefde saam met Kristel Loots en Elsa Winckler in ʼn lieflike kerkie by die Tulbagh Lentefees. Elkeen spesiaal op sy eie manier. Elkeen ʼn goeie herinnering op sy eie manier. By elkeen het ek iets geleer en iets van myself ontdek.

Seisoen van Vergifnis - Copy - CopyDie tweede Seisoen-boek (Seisoen van vergifnis – Amanda en Wim se storie) het na heelwat pyn en trane in Februarie verskyn en was ook die eerste Lekkerlitboek van die jaar. Die grootste werk hieraan is natuurlik al in 2012 gedoen. Skryf is nie ʼn ding waar ʼn mens op instant gratification moet hoop nie, die beloning kom eers met verloop van tyd. Wat dit soveel soeter maak.

Die derde Seisoen-boek (Seisoen van vervulling) het met betreklik min pyn die geboorteproses, afronding en al die stappe tot by verskyning in Oktober deurgegaan. Na ʼn laagtepunt laat in 2012 moes ek die moed om die storie aan te pak diep en ver gaan haal. Dis ʼn groot vreugde dat dit toe eintlik (relatief) maklik gegaan het. Daarvoor kan ek net vir Ben en Emily dankie sê (al bestaan hulle nie regtig nie). Hulle storie het my eenvoudig aangegryp, dalk maar omdat daar soveel raakpunte met my eie storie is.

Van êrens het ek die moed (of die koppigheid) gekry om ʼn mislukte romanse van ʼn jaar of twee gelede uit die laai te haal en nie net af te stof nie, maar Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , ,

Selfpublikasie: Geleentheid of slaggat?

EboekeDaar is by baie mense ʼn mate van agterdog oor die verskynsel van selfpublikasie. As ʼn skrywer nie ʼn uitgewer kan kry nie, is wat hy te sê het tog seker nie die moeite werd nie, of hoe? Daarby het dit tradisioneel ʼn gruwelike bedrag gekos om ʼn boek self uit te gee. En dikwels (sekerlik nie altyd nie) het heelwat van daardie boeke in ʼn boks in die garage staan en stof vergaar, want ʼn goeie skrywer is nie outomaties ook ʼn goeie bemarker nie. (ʼn Swak skrywer kan natuurlik ʼn goeie bemarker wees, en andersom. Wat ook implikasies vir verkope het.)

            Die uitgewer is vir die skrywer ʼn veiligheidsnet, ‘n sambreel, beskermende ouerfiguur. In ideale omstandighede, natuurlik. Stories van fly-by-night uitgewers wat met skrywers se Read the rest of this entry »

 
3 Kommentaar

Posted by op 13/10/2013 in Boeke, Lees, Skryf, Skrywers, Suid-Afrika

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , ,

Loslit Leeskring: Biografieë en ware verhale

David Kramer 'n biografieIncredible TretchikoffI have life Life without limits My beskeie deel Mathys boek cover.inddAnton Rupert AfrSilent boyYouthSteve JobsEn toe fire hulle my

 
 

Sleutelwoordw: , ,

‘n Klompie gunstelinge

'n Oomblik in die wind Die meeste van die gunstelinge wat ek in my stukkie in Rapport Boeke genoem het : http://www.rapport.co.za/Boeke/Nuus/Geen-skaamte-in-ontvlugting-20130706Onder hoë sterre

Die GSRDie wilde druif valTietiesbaaikosOulap se blouDie ambassadeurOp 'n eilandOns wag op die kapteinDie hartseerwalsMahalaOupa Landman se viool

 
 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , , , , , ,