RSS

Category Archives: Blogging

Blogging het vir my ‘n noodsaaklike skryfverwante aktiwiteit geword en bring vir my baie vreugde.

Internetbemarking – ‘n paar gedagtes

social-media-marketing-100271565Hoe om NIE jou boek (of enige ander produk) op die internet te bemark nie:
1. Tik ʼn vinnige advertensie op jou selfoon. Gebruik SMS-taal en moet jou nie bekommer oor spelfoute nie.
2. Plak hierdie advertensie op al die groepe waarvan jy lid is. Maak nie saak of dit boekgroepe is of nie.
3. Waar jy nie direk kan post nie, plak dit by die kommentaar op groepe.
4. Doen dit môre weer. En die dag daarna.
5. Nooi vreemdelinge om jou vriende te wees en gooi hulle onmiddellik toe met advertensies as hulle jou versoek aanvaar.
6. Kry ʼn paar van jou vriende om op boekgroepe te sê hoe fantasties jou boek is. Hulle hoef nie redes te verskaf nie. Hulle hoef ook nie oor taal en spelling bekommerd te wees nie. Hulle kan dit elke dag doen.
7. Wanneer iemand iets negatiefs oor jou boek sê, neem dit persoonlik op en baklei terug.

Hoe om jou boek (of enigiets anders) op die internet te bemark:
1. Bou oor ʼn lang tydperk (bv. terwyl jy jou boek aan die skryf is) ʼn ondersteunersbasis op op Facebook en/of Twitter of enige ander platform(s).
2. Wees ʼn positiewe teenwoordigheid op die forum(s) wat jy kies. Bou vriendskappe op. Gee voorkeur aan verhoudings, moenie net op jouself en jou werk fokus nie.
3. Ondersteun ander skrywers en gee erkenning aan hulle werk.
4. Begin ʼn blog en bou oor ʼn tydperk ʼn gehoor op.
5. Blog oor enigiets waarvan jy hou.
6. Blog ook oor onderwerpe wat met jou boek verband hou.
7. Lees en respekteer die reëls van groepe waarvan jy deel is.
8. Moet onder geen omstandighede ʼn irriterende teenwoordigheid op Facebook word wat net die hele tyd jou eie beuel blaas nie.
9. Oorweeg om benewens jou persoonlike profiel ook ʼn skrywersblad te skep, of ʼn blad vir die spesifieke boek en nooi jou fb-vriende daarheen uit. Hier kan jy meer besonderhede oor jou werk gee.
10. Wanneer jy kritiek op jou werk kry, hanteer dit – gaan hardloop ʼn ent, eet ʼn tjoklit, drink ʼn glas wyn. Maar moenie in ʼn bekgeveg betrokke raak nie.
11. Wanneer jou boek verskyn, kan jy die voorblad, inligting oor die boek en ʼn uittreksel daaroor post. Nie alles gelyk nie en nie elke liewe dag nie.
12. Sorg dat al jou bydraes in goeie, versorgde Afrikaans is. (Dit hoef nie volmaak te wees nie. Mense wil net sien jy respekteer jou eie werk genoeg om dit mooi te versorg.)
13. Lees ʼn paar boeke oor bemarking op die internet. Jy sal bogenoemde en heelwat ander wenke daar vind. Google is jou vriend.
14. Moenie al jou energie spandeer op bemarking nie. Jou belangrikste taak is om die beste boek te skryf waartoe jy in staat is. Bemarking is nie ‘n plaasvervanger vir gehalte nie.

Hierdie metode waarborg ongelukkig nie verkope nie. Maar dit gaan jou ten minste talle vriende in die sak bring en jou lewe verryk. Want dis waaroor dit eintlik op Facebook gaan: verhoudings.

 
6 Kommentaar

Posted by op 12/04/2015 in Blogging, Boeke, Lees

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , ,

It’s Boss time!

Ouer crowd agterVir diegene wat belang stel, my posts oor die Springsteen shows van hierdie week verskyn by http://marilebetterdays.wordpress.com/

 

Sleutelwoorde: , , ,

Vaarwel aan 2013!

Wat my skryfwerk betref, was 2013 ʼn geseënde jaar met baie om voor dankbaar te wees.

482236_10151580992643223_1926667681_nDie uitdagings van klein openbare optredes het gewissel van ʼn leeskring wat eintlik letterkunde lees (ja, ek het effens bedreig gevoel, maar individueel was almal baie vriendelik) tot ʼn biblioteekkuier waar ek (en Kristel Loots) soos ʼn koningin ontvang is (dankie Goodwood), ʼn kuier by die grondslagfase van ʼn meisieskool (meisietjies in feetjierokkies, met net een lieflike heks), ʼn kuier by Madri Victor se skryfkursus (ek onthou haar sexy skoene!) en ʼn gesprek oor die liefde saam met Kristel Loots en Elsa Winckler in ʼn lieflike kerkie by die Tulbagh Lentefees. Elkeen spesiaal op sy eie manier. Elkeen ʼn goeie herinnering op sy eie manier. By elkeen het ek iets geleer en iets van myself ontdek.

Seisoen van Vergifnis - Copy - CopyDie tweede Seisoen-boek (Seisoen van vergifnis – Amanda en Wim se storie) het na heelwat pyn en trane in Februarie verskyn en was ook die eerste Lekkerlitboek van die jaar. Die grootste werk hieraan is natuurlik al in 2012 gedoen. Skryf is nie ʼn ding waar ʼn mens op instant gratification moet hoop nie, die beloning kom eers met verloop van tyd. Wat dit soveel soeter maak.

Die derde Seisoen-boek (Seisoen van vervulling) het met betreklik min pyn die geboorteproses, afronding en al die stappe tot by verskyning in Oktober deurgegaan. Na ʼn laagtepunt laat in 2012 moes ek die moed om die storie aan te pak diep en ver gaan haal. Dis ʼn groot vreugde dat dit toe eintlik (relatief) maklik gegaan het. Daarvoor kan ek net vir Ben en Emily dankie sê (al bestaan hulle nie regtig nie). Hulle storie het my eenvoudig aangegryp, dalk maar omdat daar soveel raakpunte met my eie storie is.

Van êrens het ek die moed (of die koppigheid) gekry om ʼn mislukte romanse van ʼn jaar of twee gelede uit die laai te haal en nie net af te stof nie, maar Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , , ,

Reader appreciation award!

Ek het onlangs eers via my seunskind se blog www.oneinabillionblog.com agtergekom van die lekker blog award aktiwiteit wat in die (reusagtige) Engelse blogwêreld aan die gang is. Dit lyk vir my na ‘n baie lekker manier om mekaar se blogs te bevorder. 

As jy genomineer word, moet jy die volgende doen:

  1. Erken/bedank die persoon wat jou blog genomineer het.
  2. Noem sewe interessante/weird/geheime dinge omtrent jouself.
  3. Nomineer ten minste vyf ander blogs. 

Dus:

Baie dankie, Schalk, vir die nominasie van jou moeder! (absoluut op verdienste, natuurlik).

Sewe dinge omtrent myself:

  1. Ek haat vensters was (en doen dit nooit).
  2. Ek haat stryk (en doen dit net as die nood regtig druk).
  3. Ek haat warm kry (en doen dit elke somer tot vervelens toe).
  4. Ek vermoed ek het my kinders bo alles lief.
  5. Ek het Suid-Afrika innig lief, hoewel soms teensinnig.
  6. Ek verlang nog elke dag na my ma, al is sy al jare oorlede.
  7. Ek probeer hard om die onsekerhede in my lewe te hanteer

Nominasies vir vermoedelik die eerste reeks READER APPRECIATION AWARDS in Afrikaans:

  1. Toortsie, kameel en bokbaaivygie: http://toortsie.wordpress.com/
  2. Turksvy se bloggie: http://turksvy.wordpress.com/
  3. Dirkie: http://dirkiedupl.wordpress.com/
  4. Maankind: http://maankind.wordpress.com/
  5. http://olgaseokseltjies.wordpress.com/
  6. Son: http://kouevuur.wordpress.com/

O ja, en ‘n mens is veronderstel om die prentjie ook by jou post te sit – soos ‘n roset op ‘n skou!

Baie dankie aan almal van julle wat al hier by my ingeloer het!

NS. Nou soek ons nog net na ‘n lekker Afrikaanse naam vir so ‘n toekenning!

 
18 Kommentaar

Posted by op 26/08/2012 in Blogging

 

Sleutelwoorde: , , ,

Om uit die kas te klim …

Nee, hierdie post gaan nie oor gay kwessies nie.

Dit gaan wel oor persoonlike groei.

Dit gaan ook oor die vraag: Wanneer is genoeg genoeg – en wanneer word dit te veel?

Kom ek verduidelik:

Vir donkiejare was ek iemand wat my persoonlike dinge Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

Ontmoet vir Karla …

Karla du Preez is ‘n bondel komplekse. Op die oog af lyk sy nie juis na ‘n geskikte hoofkarakter vir ‘n inspirerende liefdesroman nie.

Sy is pragtig, maar besef dit nie regtig nie (wat dalk ‘n goeie ding is – wie wil nou met ‘n windgat hoofkarakter opgeskeep sit?).

Sy is nie gewoond om haar emosies te wys nie, want in haar grootwordhuis word dit nie gedoen nie. Daar hou jy jou mond en doen jou werk. En oor die verlede karring jy glad nie. Maar nou sukkel sy om werklik met mense kontak te maak en voel sy dikwels afgesny en Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , , ,

Random gedagtes: Is nederigheid altyd ‘n bate?

Soos die meeste Afrikaanse vroue van my geslag, is ek deur my liewe ou moeder geleer dat nederigheid een van die heel grootste bates is. Amper so belangrik soos eerlikheid, hardwerkendheid en sindelikheid. Andersom gesien, is hoogmoed dan een van die heel grootste sondes – soos oneerlikheid (wat soms takt genoem kan word!), (selektiewe) luiheid (of die besef dat ‘n mens jouself kan uitbrand) en die vermoë om enige stoffie langer as ‘n paar sekondes te kan ignoreer.
Maar nou leef ons in ‘n nuwe tyd in ‘n nuwe land en ons weet nie meer aldag mooi hoe Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , ,

Random gedagtes: Om tyd te maak …

Ja, ons weet almal as jy iets gedoen wil hê, is dit ‘n goeie plan om dit vir die besigste persoon te gee … En ons kla/spog deesdae almal baie graag oor hoe besig ons is. Maar ek begin al hoe meer dink dit gaan eintlik maar oor prioriteite. ‘n Mens kry altyd tyd vir die dinge wat vir jou regtig belangrik is. Of liewer, jy máák daai tyd. Jy DWING eenvoudig in jou dag ‘n rukkie vir daardie spesifieke ding oop. As jy ‘n gereelde aktiwiteit afstel (soos ek die afgelope tyd met verskeie dinge moes doen), wonder jy agterna waar op aarde het jy die tyd daarvoor gekry … want daar is nie skielik ‘n gat in jou skedule nie; dinge vloei soos water eenvoudig in daardie oop minute/ure in.
Die moeilikheid kom by die keuse van wat presies vir jou belangrik genoeg is om ‘n klompie van die kosbare minute van elke dag daarvoor opsy te sit. Want ‘n mens spandeer ongelukkig nie spontaan die meeste tyd aan die dinge wat die heel belangrikste is nie. Nee, ons weet almal Read the rest of this entry »

 
3 Kommentaar

Posted by op 28/01/2012 in Blogging, Random gedagtes

 

Sleutelwoorde: , , , , ,

2011 in review

Hier is WordPress se opsomming van die blog se wel en weë gedurende 2011. Ek kan net sê ek is verstom! (Moet seker maar glo hulle somme is reg!) Dis veral skokkend om te sien watter post die meeste lesers getrek het. Dalk moet ek ‘n bietjie gaan sit en beplanning doen … Maar ai, dan begin voel dit darem altevol baie na werk … Of is hier dalk vir my werk om te doen?

Here’s an excerpt:

The concert hall at the Sydney Opera House holds 2,700 people. This blog was viewed about 17,000 times in 2011. If it were a concert at Sydney Opera House, it would take about 6 sold-out performances for that many people to see it.

Click here to see the complete report.

 
3 Kommentaar

Posted by op 14/01/2012 in Blogging

 

Sleutelwoorde: ,

Een jaar oud!

Hierdie blog is vandag ‘n jaar oud – en ek ervaar so ‘n klein titseltjie van die trots wat ‘n mens met jou kind se eerste verjaardag ervaar. (Maar net ‘n baie klein titseltjie – min dinge kom by die wete dat jy – en jou baba! – daardie eerste jaar oorleef het. En albei soveel geleer het.) Hierdie baba het in haar eerste jaar 226 posts van haar ma gekry, asook 10 374 (ja, regtig!) besoeke en 284 comments van besoekers. Op 6 Maart vanjaar was daar die hoogste getal besoekers – 134. Dit was met een van my eerste depressie posts, wat net weer die behoefte aan gesprek hieroor vir my wys. (En nee, ek kon nog nie ‘n lekker Afrikaanse woord vir post kry nie. Pos werk eenvoudig nie vir my nie. Kommentaar vir comments kan gaan, kommentaar lewer vir comment is lank en lomp, maar besoeke vir hits is darem gangbaar.)
Vir my is die blog nie ‘n plek om my hartsgeheime en diepste smarte  te Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde:

Nog inspirasie vir depressievegters!

Ek het onlangs n.a.v. die baie reaksie wat ek hier op my Dagboek van ‘n depressievegter kry, besluit om dit ook by my Engelse Springsteen blog by te voeg. (Baie goeie oefening vir die skryf in Engels ook – iets wat ek toe eers besef ek nooit meer doen nie.) En dit lei my toe na die massas posts wat elke dag op WordPress geplaas word deur mense wat in alle verskillende stadiums van depressie is of was, en elkeen op sy eie manier daarteen probeer veg.
Eerstens is dit natuurlik hieruit duidelik wat ‘n wonderlike terapie dit is om jou gevoelens uit te skryf. Ek was nog altyd ‘n bietjie skepties oor die gedagte van ‘n virtuele dagboek (wat blogging aanvanklik was, hoewel dit nou vir baie ander doeleindes gebruik word), maar hier kan ek sien dat dit van onskatbare Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , ,

Terugblik … en verbasing

Hoe meer ek probeer om sistematies terug te dink, hoe meer besef ek wat ‘n ongelooflike jaar 2010 vir my was. So ongelooflik dat ek nou skrikkerig is vir 2011! Want beter kan dit amper nie … 🙂
Ek kon sonder veel moeite agtien positiewe dinge van 2010 neerskryf (OK, tik!). En ek het nie eens my volgehoue verwondering en blydskap oor die geslaagdheid van die sokker bygesit nie! Dis egter nommer 19 wat vir my die verrassing was. En die wonderlike kersie op die koek: Ek kan nie onthou dat ek in 2010 ooit regtig depro was nie. Down, ja. Bedonnerd, ja. Vol selftwyfel, ja. Eensaam – soms. Maar nooit lank genoeg of intens genoeg om oor te gaan in ‘n volbloed depressie nie. Ek dink dis die eerste keer in meer as Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , , , , ,

Die vreugde van blogging

Die Romanzaskrywersblog (‘n geslote blog vir skrywers van romanses vir Lapa se Romanzareeks) was op 23 Oktober een jaar oud. Vir my sal dit nou altyd ‘n spesiale dag wees, want dit was deur my betrokkenheid by hierdie blog dat die wêreld van blogging vir my oopgegaan het. (En nee, ek weet nie van ‘n lekker Afrikaanse woord vir blogging nie). Tevore het ek wel my hand ‘n bietjie daaraan gewaag op Litnet se blogs, maar dit het my gou verveel. En gefrustreer agv die aardige taal wat op blogs gebesig word. Moet vir geen oomblik dink die mense wat by Litnet blog, kan (of wil) ordentlike Afrikaans skryf nie!
‘n Blog is natuurlik eintlik iets soos ‘n virtuele dagboek, ‘n plek vir mense om hul gedagtes (meestal anoniem) met ‘n wyer gehoor te deel. Die Skrywersblog is egter anders aangepak – ‘n hele groep mense met gedeelde belangstellings blog saam oor onderwerpe wat vir hulle van belang is. Daar is nie skuilname nie (behalwe sommiges se skrywersname) en ‘n hegte band is tussen ons klomp gevorm. Heelwat interessante ontmoetings tussen lede het al hieruit voortgekom, waarvan my ontmoeting in Leipzig met ‘n medeskrywer wat in Pole woon, seker die hoogtepunt was. Uit die skrywersblog het later ook die Romanzalesersblog (www.romanzalesers.wordpress.com) en die Skrywersontwikkelingblog (www.madelie.wordpress.com) ontstaan, wat jy gerus kan besoek. Dis vir my heerlik om aan hulle mee te werk en dis vir my ‘n baie kreatiewe ervaring.
Dit was dus ‘n logiese stap vir my om weer my hand te waag aan ‘n persoonlike blog. Maar hierdie keer nie as anonieme bieg- of skinderplek nie, maar veel eerder ‘n plek om my belangstellings en die dinge wat my lewe vol en ryk maak, met bekendes te deel. Wanneer vreemdes wel deesdae inval en kommentaar lewer, is dit vir my ‘n ekstra vreugde. Facebook is natuurlik ook ‘n lekker platform om ‘n blog aan te koppel en mense daarvan bewus te maak.
Die hele blogbesigheid het vanjaar my nie-skryftye gevul met skryfverwante aktiwiteit, wat my skrywery vir my meer soos ‘n regte, egte werk  laat voel (En nie soos iemand netnou weer vir my gesê het, iets om my besig te hou nie!!) en meewerk dat ek dit ook soos ‘n egte, regte werk hanteer.  Daarby het dit vir my ‘n handvol kosbare kollegas en vriendinne meegebring. En baaaaie pret!
Die volgende stappie was om internasionaal te gaan en in Engels te begin blog.  Hier kom my geliefde Springsteen weer eens tot my redding. Binne ‘n week het www.marilebetterdays.wordpress.com my in kontak gebring met ‘n wye verskeidenheid Springsteen fans, van Amerika tot Iran tot Amsterdam. En my laat besef dis ‘n baie goeie oefening om weer ‘n slag in Engels te probeer skryf. En my laat besef dis ‘n goeie platform om ook sommer ‘n lansie vir my land te breek. Wie weet wat volgende sal wees? Ek kan nie wag nie!
Ek lig ‘n glasie op nog baie blogjare!
PS. En hier loop ek sowaar ‘n lekker webwerf raak in die proses om ‘n prentjie te soek: http://www.bloggingteacher.com/ Die internet is ‘n amazing plek …
PPS. Ek weet nog nie presies wat is nou eintlik die verskil tussen ‘n webwerf en ‘n blog nie. Dit lyk of ‘n blog bloot ‘n interaktiewe webwerf is. Is ek reg? En ek vermoed dat blogs alreeds besig is om gewone webwerwe te vervang, juis as gevolg daarvan dat lesers so lekker op ‘n blog kan reageer. Dit is dus nie meer ‘n eenrigtinggesprek nie, maar kom van albei kante af.

 
Lewer kommentaar

Posted by op 26/10/2010 in Blogging, Inspirasie

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , ,