E-boek nou beskikbaar: Beveg depressie en leef voluit!

Beveg depressie voorblad 1 - Copy (2)Vermoed jy jy is dalk depressief? Is jy alreeds met depressie gediagnoseer? Is jy moedeloos omdat jy dit nie afgeskud kry nie? Veg iemand wat jy ken daarteen? As jou antwoord op een van hierdie vrae ‘ja’ is, is hierdie boekie net vir jou!
1. Die eerste in ‘n reeks van drie of vier. (Die Leef voluit-reeks)
2. In geselstrant geskryf, nie ‘n akademiese handleiding nie.
3. Toeganklik vir die haastige leser, maklik om vinnig deur te lees en dan te oordink.
4. Gegrond op die skrywer se ondervinding, neerlae en oorwinnings.
5. Geen kitsoplossings word aangebied nie.
6. Uitgangspunt: Dat ons vir ons eie welstand verantwoordelikheid kan neem en self baie kan doen om depressie te beheer/bestuur/hanteer.
7. Maak dit duidelik dat medikasie en terapie noodsaaklik is.
8. Moedig depressielyers aan om die kopskuif te maak en eerder depressievegters te word.
9. Beweer NIE dat ‘n depressievegter homself kan genees nie.
10. Moedig depressievegters aan om bewustelik te leer leef en depressie as ‘n uitdaging te sien wat hanteer kan word en wat tot emosionele en persoonlike groei kan lei.
‘n Vinnige leeservaring wat jou lewe kan verander! Hier is die skakel: http://www.amazon.com/Beveg-depressie-voluit-Afrikaans-ebook/dp/B00G8OBXXK/ref=sr_1_1?s=digital-text&ie=UTF8&qid=1382942285&sr=1-1&keywords=alta+cloete

9 gedagtes oor “E-boek nou beskikbaar: Beveg depressie en leef voluit!

    1. Hallo Marie! Ek hoop om dit binnekort ook as papierboek beskikbaar te hê.Daar is nog net ‘n paar somme om te maak … 🙂 Jy kan maar net die blog dophou. Groete!

      1. Baie dankie vir moontlike papierformaat. Jy weet so boek lees mens mos nie net eenmaal nie, maar gaan terug en soek vir raad as die situasie weer opduik . Waardeer jou

  1. Great Alta! Ons het so iets iets nodig waarin die skrywer nie kitsoplossings bied nie en die belang van behandeling en medikasie insluit, maar wel ook aandui hoe jy SELF kan veg… ek gaan nerens sonder my pille nie. Ek sal jou boek bemark waar ek gaan!

    1. Baie dankie hiervoor, Marlize – dit beteken vir my baie dat jy die bedoeling van die boekie presies reg verstaan!

    1. Is MaanKind een van jou publikasies? Dit wat ek gelees het is baie treffend. Jammer ek klink dom.
      Ek vra liewer as om dom te bly.Het vandag se e-pos gemis.

      1. Jammer Alta. ek het toe reggekom i.v.m. MaanKind. Jy stuur gewoonlik e-pos op ‘n Sondag en het nogal uitgesien daarna. Mooi loop.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s