RSS

Tag Archives: e-boeke

Internetbemarking – ‘n paar gedagtes

social-media-marketing-100271565Hoe om NIE jou boek (of enige ander produk) op die internet te bemark nie:
1. Tik ʼn vinnige advertensie op jou selfoon. Gebruik SMS-taal en moet jou nie bekommer oor spelfoute nie.
2. Plak hierdie advertensie op al die groepe waarvan jy lid is. Maak nie saak of dit boekgroepe is of nie.
3. Waar jy nie direk kan post nie, plak dit by die kommentaar op groepe.
4. Doen dit môre weer. En die dag daarna.
5. Nooi vreemdelinge om jou vriende te wees en gooi hulle onmiddellik toe met advertensies as hulle jou versoek aanvaar.
6. Kry ʼn paar van jou vriende om op boekgroepe te sê hoe fantasties jou boek is. Hulle hoef nie redes te verskaf nie. Hulle hoef ook nie oor taal en spelling bekommerd te wees nie. Hulle kan dit elke dag doen.
7. Wanneer iemand iets negatiefs oor jou boek sê, neem dit persoonlik op en baklei terug.

Hoe om jou boek (of enigiets anders) op die internet te bemark:
1. Bou oor ʼn lang tydperk (bv. terwyl jy jou boek aan die skryf is) ʼn ondersteunersbasis op op Facebook en/of Twitter of enige ander platform(s).
2. Wees ʼn positiewe teenwoordigheid op die forum(s) wat jy kies. Bou vriendskappe op. Gee voorkeur aan verhoudings, moenie net op jouself en jou werk fokus nie.
3. Ondersteun ander skrywers en gee erkenning aan hulle werk.
4. Begin ʼn blog en bou oor ʼn tydperk ʼn gehoor op.
5. Blog oor enigiets waarvan jy hou.
6. Blog ook oor onderwerpe wat met jou boek verband hou.
7. Lees en respekteer die reëls van groepe waarvan jy deel is.
8. Moet onder geen omstandighede ʼn irriterende teenwoordigheid op Facebook word wat net die hele tyd jou eie beuel blaas nie.
9. Oorweeg om benewens jou persoonlike profiel ook ʼn skrywersblad te skep, of ʼn blad vir die spesifieke boek en nooi jou fb-vriende daarheen uit. Hier kan jy meer besonderhede oor jou werk gee.
10. Wanneer jy kritiek op jou werk kry, hanteer dit – gaan hardloop ʼn ent, eet ʼn tjoklit, drink ʼn glas wyn. Maar moenie in ʼn bekgeveg betrokke raak nie.
11. Wanneer jou boek verskyn, kan jy die voorblad, inligting oor die boek en ʼn uittreksel daaroor post. Nie alles gelyk nie en nie elke liewe dag nie.
12. Sorg dat al jou bydraes in goeie, versorgde Afrikaans is. (Dit hoef nie volmaak te wees nie. Mense wil net sien jy respekteer jou eie werk genoeg om dit mooi te versorg.)
13. Lees ʼn paar boeke oor bemarking op die internet. Jy sal bogenoemde en heelwat ander wenke daar vind. Google is jou vriend.
14. Moenie al jou energie spandeer op bemarking nie. Jou belangrikste taak is om die beste boek te skryf waartoe jy in staat is. Bemarking is nie ‘n plaasvervanger vir gehalte nie.

Hierdie metode waarborg ongelukkig nie verkope nie. Maar dit gaan jou ten minste talle vriende in die sak bring en jou lewe verryk. Want dis waaroor dit eintlik op Facebook gaan: verhoudings.

Advertisements
 
6 Kommentaar

Posted by op 12/04/2015 in Blogging, Boeke, Lees

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , ,

E-boek nou beskikbaar: Beveg depressie en leef voluit!

Beveg depressie voorblad 1 - Copy (2)Vermoed jy jy is dalk depressief? Is jy alreeds met depressie gediagnoseer? Is jy moedeloos omdat jy dit nie afgeskud kry nie? Veg iemand wat jy ken daarteen? As jou antwoord op een van hierdie vrae ‘ja’ is, is hierdie boekie net vir jou!
1. Die eerste in ‘n reeks van drie of vier. (Die Leef voluit-reeks)
2. In geselstrant geskryf, nie ‘n akademiese handleiding nie.
3. Toeganklik vir die haastige leser, maklik om vinnig deur te lees en dan te oordink.
4. Gegrond op die skrywer se ondervinding, neerlae en oorwinnings.
5. Geen kitsoplossings word aangebied nie.
6. Uitgangspunt: Dat ons vir ons eie welstand verantwoordelikheid kan neem en self baie kan doen om depressie te beheer/bestuur/hanteer.
7. Maak dit duidelik dat medikasie en terapie noodsaaklik is.
8. Moedig depressielyers aan om die kopskuif te maak en eerder depressievegters te word.
9. Beweer NIE dat ‘n depressievegter homself kan genees nie.
10. Moedig depressievegters aan om bewustelik te leer leef en depressie as ‘n uitdaging te sien wat hanteer kan word en wat tot emosionele en persoonlike groei kan lei.
‘n Vinnige leeservaring wat jou lewe kan verander! Hier is die skakel: http://www.amazon.com/Beveg-depressie-voluit-Afrikaans-ebook/dp/B00G8OBXXK/ref=sr_1_1?s=digital-text&ie=UTF8&qid=1382942285&sr=1-1&keywords=alta+cloete

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , , , , ,

E-boeke: Goedkoper/duurder/dieselfde prys?

Kindle leesDie verskyning van e-boeke en e-lesers word beskou as die grootste revolusie in die boekewêreld sedert die eerste drukperse in die vyftiende eeu begin funksioneer het. Dis nogal ʼn mondvol, maar ek dink daar is waarheid in.

            Oor die voordele van e-boeke kan ʼn mens lank uitwei. Ek dink ʼn mens moet dalk tussen voordele vir die uitgewer/skrywer (verkoper) en voordele vir die leser (koper) onderskei.

            Vir die verkoper is die ooglopende voordeel natuurlik dat die uitgawes wat met die druk, bind en verspreiding van papierboeke te make het, met e-boeke uitgeskakel word. ʼn Mens se eerste reaksie is dus dat dit beslis baie goedkoper as papierboeke behoort te wees. Wat ʼn mens maklik vergeet, is dat daar steeds papierboeke gedruk moet word, want baie lesers verkies dit nog en dit is waarop die tradisionele uitgewers gebou is. In ons land is daar natuurlik ook baie potensiële lesers wat Read the rest of this entry »

 
6 Kommentaar

Posted by op 27/10/2013 in Boeke, Lees, Skryf, Skrywers, Suid-Afrika

 

Sleutelwoordw: , , , , ,

Selfpublikasie: Geleentheid of slaggat?

EboekeDaar is by baie mense ʼn mate van agterdog oor die verskynsel van selfpublikasie. As ʼn skrywer nie ʼn uitgewer kan kry nie, is wat hy te sê het tog seker nie die moeite werd nie, of hoe? Daarby het dit tradisioneel ʼn gruwelike bedrag gekos om ʼn boek self uit te gee. En dikwels (sekerlik nie altyd nie) het heelwat van daardie boeke in ʼn boks in die garage staan en stof vergaar, want ʼn goeie skrywer is nie outomaties ook ʼn goeie bemarker nie. (ʼn Swak skrywer kan natuurlik ʼn goeie bemarker wees, en andersom. Wat ook implikasies vir verkope het.)

            Die uitgewer is vir die skrywer ʼn veiligheidsnet, ‘n sambreel, beskermende ouerfiguur. In ideale omstandighede, natuurlik. Stories van fly-by-night uitgewers wat met skrywers se Read the rest of this entry »

 
3 Kommentaar

Posted by op 13/10/2013 in Boeke, Lees, Skryf, Skrywers, Suid-Afrika

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , ,

Projek: Inspirasie vir depressievegters!

Want to inspireMy gereelde lesers is teen hierdie tyd seker al keelvol vir die geheen-en-weer tussen my blog en facebook.

Vir julle vra ek om net so ‘n bietjie uit te hou … 🙂

Vir die nuwelinge: My nuutste baba is ‘n blog en facebook-bladsy ter ondersteuning van die projek wat lank in my kop lê en sluimer. En wat ek eintlik te bang is om aan te pak. Maar ons weet mos dis net ‘n kwessie van feel the fear and go through it.

Die projek is dus om ‘n e-boek(ie) met praktiese wenke oor die hantering van depressie saam te stel.

En dalk, miskien, eendag, wil ‘n egte/regte uitgewer hom ook hê …

Op hierdie stadium het ek nie ‘n idee van die uiteindelike lengte nie. Die tyd sal leer.

My bekende blogposts oor depressie en die reaksie daarop was die aanvanklike inspirasie Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , ,

Valentynsdag …

Valentynsdag blommeEk het gemengde gevoelens hieroor. Ja, dis ‘n geleentheid vir ‘n verskeidenheid mense om geld te maak. Baie daarvan. En ‘n geleentheid vir die res van ons om geld uit te gee wat ons nie altyd het nie. Maar wat is verkeerd daarmee om ‘n diens aan te bied en mense daarvoor te laat betaal? Dis tog hoe ons ekonomie werk (of nie werk nie). Niemand dwing so ver ek weet enigiemand om ‘n peperduur rooi roos of sjokoladehartjies of verspotte beertjies te koop en vir ‘n geliefde te gee nie. (Behalwe as subtiele skimpe as dwang gesien kan word.) En ek onthou nou weer hoe die graad 7-seuns in my skoolhoudae die trippie geniet het om hul Valentynskaartjies by die meisieskole te gaan afgee. Sekerlik gaan baie meisies se Read the rest of this entry »

 
5 Kommentaar

Posted by op 14/02/2013 in Humor, Valentynsdag, Verhoudings

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , , , ,

Random gedagtes: ‘n Nuwe verslawing

Ek saai graag uit dat lees die enigste verslawing is wat vir ‘n mens geen nadele inhou nie. Dit maak nie dood of vet of dronk nie. Die ruïneer jou nie finansieel nie (wel, dit behóórt nie!) en sny jou nie van sosiale omgang af nie (behalwe as jy chronies in die geselskap aan die lees is soos ek). Dit gee jou ‘n unieke binnelewe wat niemand kan vernietig nie.
En nou het ek ‘n Kindle aangeskaf. Ja, ja, ek het ook gesê ek soek die gevoel en die reuk van ‘n boek in my hande … Maar mense, dis ‘n lekker dingetjie hierdie. Oor die eienskappe en voordele gaan ek swyg. Julle ken dit waarskynlik in elk geval. Ek wil net sê dis ongelooflik eenvoudig en Read the rest of this entry »

 
2 Kommentaar

Posted by op 09/10/2011 in Lees

 

Sleutelwoordw: , , , ,