RSS

Category Archives: Noorweë

2016 was ‘n riller … And so say all of us …

Want to inspireLyk my dit het mode geword om vir mekaar te vertel wat ‘n dolle jaar dit was.

Tot op ‘n punt het ek hartlik meegedoen.

Maar toe besef ek moet verder dink. Ja, daar was moeilike dinge. Maar daar was altyd ‘n MAAR.

  • 2016 het begin met my eerste ervaring van angs. Angs wat jou beheer laat verloor, angs wat jou laat glo jy is nou al jou varkies kwyt, wat jou keel laat toetrek en jou hart op loop laat sit en jou vir die toekoms laat vrees.

Maar dit het verby gegaan. (Met die regte pilletjie en heelwat vasbyt.)

  • Die Swart Hond was vanjaar nie net op my spoor nie; hy het kom intrek. Hoe beskryf mens die donkerte? Dag en nag? Come rain or shine? Die doelloosheid, die moegheid, die uitsigloosheid. Terwyl jy met jou verstand goed weet jy het tonne en tonne seëninge om voor dankbaar te wees? Maar dit help jou niks. Behalwe om jou ongelooflik skuldig te laat voel.

Read the rest of this entry »

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Seisoen van vervulling amper-amper op die rakke!

Seisoen van vervullingDie lang wagtyd (ongeveer ses maande sedert ek laas iets met die manuskrip te doen gehad het) is verby en die nuwe baba is (hopelik) op pad na boekwinkels en na lesers se boekrakke. En steeds is dit vir my ʼn ongelooflike gedagte dat daar werklik mense is wat eerstens my boeke koop en tweedens die tyd spandeer om dit te lees.

            ʼn Mens kan nie van ʼn ma verwag om een van haar kinders te kies nie, maar ek voel regtig teer oor hierdie enetjie. Die storie kom uit ʼn plekkie baie naby aan my hart. Om ʼn ervaring uit jou eie lewe te neem en jou karakters daarin te sit, kan baie terapeuties wees. Dit kan natuurlik ook op ʼn sentimentele en selfgerigte storie uitloop. Ek het ervaar Ben en Emily is as karakters sterk genoeg om die storie hulle eie te maak. Ek hoop en bid die lesers ervaar dit ook so.

            Dit lyk vir my meer en meer dis van kardinale belang dat ek as skrywer versot op die manlike hoofkarakter moet wees om die liefdesverhaal ordentlik te kan vertel. (Een van die riglyne vir die romanse sê dat die leser –en skrywer – met die vroulike hoofkarakter moet kan identifiseer en dat hulle saam met haar op die manlike hoofkarakter verlief moet raak.) Dit lyk vir my dis ook die kern van die liefdesroman, al strek dit wyer en dieper as Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , ,

Aanstap …

Sewe-en-twintig jaar gelede het ek met my eersgeborene in die stootwaentjie om die blok begin stap – net om uit die huis te kom. Vandag sit hy yslik groot en selfstandig in Noorwee. En sy ma stap steeds.
Daar is eenvoudig nie ‘n praktieser manier van oefen nie. Geen duur uitrusting (wel goeie tekkies!), geen opleiding, jy kan dit alleen doen, jy kan dit in ‘n groep doen. Die enigste nadele is dat dit tyd neem. En dat dit in ons land nie meer oral en altyd veilig is nie.

Hiervoor het wel raad:

Eerstens – Doen dit soggens vroeg, voor werk. Dan gebruik jy tyd wat jy in elk geval in die bed sou deurgebring het.
En tweedens – Kry ‘n maat. Verkieslik ‘n sterk, manlike maat. Of ‘n hond. Maar nie ‘n hond wat jou rondsleep deur die strate nie, ‘n opgevoede hond wat mooi langs jou stap en aangename geselskap (soms beter as ‘n mens?) is en boonop ‘n beskermer/afskrikmiddel.

Sonder die afgelope kwarteeu se stap sou ek beslis baie dikker, ouer en depressiewer geword het as wat ek met tye wel was! En nee, ek is nie nou (baie) dik, oud of depressief nie!
Dinsdag, 17/08/2010 uit Noorwee: Op hierdie toggie in die buiteland het ek weer eens agtergekom wat ‘n positiewe effek dit op my het om my een voet herhaaldelik voor die ander te sit … Ja, doodgewone stap.

Dis die goedkoopste manier om enige nuwe plek te verken.
Dis die manier waarop jy die naaste aan die mense rondom jou kom.
Jy kan die geure en kleure en klanke eerstehands ervaar.
Jy kan daarop reageer as jy wil – of jy kan swyg en aanstap en maak of jy niks gewaar nie. (Terwyl jou antennatjies in werklikheid oortyd werk).

Stap maak ongelukkig nie juis maer nie (behalwe as jy dit regtig vreeslik ernstig opneem), maar dit help beslis keer dat die vetjies nie te vinnig aanpak nie. En dit maak ‘n mens definitief fiks genoeg om die lewe te geniet en beweeglik te bly wanneer die jare begin aanstap (no pun intended!).

Daai ou storie van die endorfiene is definitief ook waar – die meeste buie verdamp vinnig voor ‘n lekker energieke stapsessie, verkieslik op ‘n mooi plek. Waarvan ons mos in SA genoeg het – net jammer die veiligheid is nie meer daar nie. En dis wat vir my die heerlikste is hier – ek stap op tye en plekke waar ek nooit in SA sou gekom het nie. En nee, nie die rooiligbuurt nie – eenvoudig in stappaadjies in die woude. Daar is vir my min lekkerder dinge.

Ek het hierdie keer nog ‘n lessie bygeleer: Kry vir jou ‘n MP3-speler. Laai musiek daarop wat vir JOU mooi is – en bogger die res! Dit werk veral goed hier waar nie juis ‘n voellewe is om te beluister nie. Dit help vir stadsverkeer ook. Oppas net vir die volume – ons wil nie almal doof-doof in die ouetehuis beland nie!

Intussen: Laat waai!

 

Sleutelwoordw:

Die ondenkbare gebeur so af en toe

Ja, ek verwys na die titel van die fantastiese speurverhaal deur Isa Konrad (sien bespreking onder Boeke om te onthou), maar veral na die onlangse tragedie in Noorweë.
Die tragedie het my diep getref. Verrassend diep. En ek het begin wonder hoekom. Hier is ‘n paar redes.
Eerstens omdat my kind daar bly, al was hy ver van die gebeure. Dis verstommend hoe selfsugtig ‘n Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,