RSS

Tag Archives: Afrikaners

Split – Debbie Loots

SplitSplit is die oënskynlik gewone verhaal van ‘n gewone stedelike gesin in die jare sewentig en tagtig van die vorige eeu. Dié van ons wat daardie tyd self beleef het, herken onsself en ons mense in die lewenswyse wat so treffend geskilder word dat jy jou kan verbeel jy is regtig weer in daardie tydvak. Die kleredrag, die hare, die meubels, die musiek, die motors, alles weerspieël daardie tyd. Dié van ons wat te jonk is om te onthou, kan lees en weet dis waar ons vandaan kom, of ons nou daarvan hou of nie.
Kyk ‘n mens ‘n bietjie dieper, sien jy die bedrieglik eenvoudige storie is eintlik die verhaal van die Afrikaner van daardie tydvak en kan jy dit in perspektief plaas. Corlia Fourie se splinternuwe Tussen heinings is ‘n goeie boek om na Split te lees. Hier sien ons die stedelike Afrikaner ‘n stuk of dertig, veertig jaar later en kan mens mooi sien hoeveel veranderinge in die samelewing en in die land plaasgevind het. Die vroue in Tussen Heinings is die bevryde nageslag van Split se vroue, maar helaas het die bevryding ook teen ‘n prys gekom.
Die moderne leser kan Read the rest of this entry »

 
8 Kommentaar

Posted by op 20/09/2015 in Boeke, Lees, Skrywers

 

Sleutelwoordw: , , , , , , ,

Lig wankelend – Gerard Scholtz

Lig Wankelend is ‘n juweel wat met sy verskyning in 2010 op een of ander manier by my (wat hard probeer om op hoogte te bly van wat in Afrikaans verskyn) verby gegaan het. Danksy leesvriende op facebook het dit egter onlangs onder my aandag gekom – en baie gou ook in my hande.

Die verhaal van Utte Reuter word hoofsaaklik deur terugflitse vertel, vanwaar sy haar as pasiënt in ‘n versorgingsoord vir Alzheimers-pasiënte bevind. Die verskriklikhede van die Tweede Wêreldoorlog vorm ‘n groot deel van ‘n verhaal en bepaal uiteindelik die verloop van haar lewe, omdat sy nooit daarin slaag om werklik daaroor te praat en dit te Read the rest of this entry »

 
8 Kommentaar

Posted by op 08/07/2012 in Boeke, Lees, Skrywers, Suid-Afrika

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , ,

Stiletto – Karin Eloff

Stiletto is ‘n boek wat sekerlik bedoel is om te skok en dit sekerlik regkry. En ek reken nogal ek is darem nie meer so maklik om te skok soos ‘n paar dekades gelede nie. Die skrywer noem ‘n graaf beslis nie net ‘n f-en skopgraaf nie, maar minstens ‘n bulldozer. ‘n Mens kan nie help om te wonder of die taalgebruik bedoel is om te skok en of dit maar net is hoe hulle praat in die seksbedryf nie. Waarskynlik ‘n kombinasie van die twee. (En nee, daar was nie woordjies wat ek glad nie ken nie … 🙂 Dit gaan meer oor hoe hulle ingespan word. En natuurlik klink dié dinge vir ons erger in Afrikaans as in Engels!)
Die boek is goed geskryf en ‘n mens kan agterkom dis nie ‘n leegkoppie aan die woord nie. Daar is ook ‘n skerp sin vir humor en ironie merkbaar. Hoewel die leser natuurlik nie weet wat Read the rest of this entry »

 
1 Kommentaar

Posted by op 29/07/2011 in Boeke, Lees, Skrywers, Suid-Afrika

 

Sleutelwoordw: , , , , , , ,

Om te Roepman of nie

Ek het nooit geweet ek het soveel vooroordele nie. Darem nie oor mense nie (behalwe ‘n paar waaraan ek vas glo, soos dat mans nie iets kan soek nie … :), maar oor ander dinge. Nou moet ek darem tot my eie verdediging sê dat vooroordele (beliefs) gewoonlik deur ondervinding daar geplaas word. Nou ja, my ondervinding van Afrikaanse flieks is swak. Om die minste te sê. Die laaste een wat ek uit my hart uit geniet het, was Hoor my lied in ek dink 1968, toe my geliefde tannie Bessa kliphard Sies! gesê het vir Gé Korsten en iemand (was dit Min Shaw?) se kuise soen. En my boeta hoogs verontwaardig was toe ek langs hom effens tranerig begin raak het. Wat my bring by van die vooropgestelde idees waarmee ek grootgeword het: Enige liggaamlike kontak tussen man en meisie is iets negatiefs, iets wat jy in die donker doen waar niemand jou sien nie. En dis verkeerd Read the rest of this entry »

 
 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Dagboek van ‘n depressievegter: Dinge wat depressie bevorder – perfeksionisme

Goeie Afrikaner-kinders van my geslag is grootgemaak om hard te werk en altyd hul beste te gee. Die meeste van ons se ouers het uit relatiewe armoede uitgestyg deur loutere en eerbare harde werk. Vandag hoor ‘n mens dikwels van Afrikaanse jongmense wat oorsee uitstaan a.g.v. hulle sterk werksetiek, iets wat deesdae nie oral ewe volop is nie.

Ongelukkig gaan ‘n behoefte om jou werk PERFEK te doen, soms saam met daardie werksetiek. Party van ons se ouers het dalk baie van ons verwag, veral ook omdat Read the rest of this entry »

 
4 Kommentaar

Posted by op 10/05/2011 in Beveg depressie, Depressie

 

Sleutelwoordw: , , , , ,