RSS

Aakligste boek van 2010!

26 Dec

Hierdie twyfelagtige eer gaan aan Aspen affair deur Burt Hirschfeld:

Aspen – Snowy playground of the rich and reckless, decadent setting for secret passions, sudden lust, and ice-cold vengeance with a twist of murder.

Glittering, chilling, erotic and suspenseful, Aspen Affair carries you up to the rarified world of icy wealth and sizzling pleasures – then down to the dark side of beautiful people who can never get enough.

Tot hier van die flapteks. Waarmee ek liewer moes volstaan het!

Die verhaal gaan basies oor gewone mense wat  georganiseerde misdaad gebruik om hulle ski-liefde (of dalk obsessie) te kan bekostig in hierdie speelplek van die supperrykes. In die proses verlei, verneuk, bedonner en vermoor hulle mekaar  met ‘n skrikwekkende gebrek aan gewetenswroeging. Nie my soort mense of my soort karakters nie.

Ek het die boek gekies omdat dit ‘n ski-tema het en (dink ek) ook o.g.v. die mooi meisie op die voorblad. Die herhaling van haar gesig in ‘n raampie op die agterblad he t my aanvanklik verwar – dit skep die indruk van die skrywer se foto voor ‘n mens besef dis net ‘n voorstelling van hoe die vroulike hoofkarakter sou kon lyk.  (Die kwessie van die voorkoms van voorbladhelde en –heldinne is natuurlik weer ‘n ander storie – sommige lesers haat foto’s, ander haat tekeninge, ander haat foto’s wat duidelik ge-photoshop is …) In hierdie geval is die voorblad op ‘n subtiele manier uiters misleidend – die foto gee nie die vaagste idee van die hardheid en meedoënloosheid van hierdie heldin nie. (Ek weet ook nie waar ‘n mens ‘n model sou kry wat dit wel weerspieël nie.)

Ek sal Aspen Affair onthou as die aakligste boek wat ek in 2010 gelees het. Ek het net volgehou tot (amper) by die bitter einde omdat dit regtig goed geskryf is. Die karakters is briljant geteken, die verhaal word uit baie hoeke belig, ‘n geskiedkundige perspektief word gegee.

Ek moes gaan dink oor die rede waarom die boek vir my so heeltemal onbevredigend was. Daar is geen maklike antwoord nie, maar ek dink tog ek het by ‘n antwoord uitgekom: Dis doodgewoon omdat daar niemand in die boek is met wie ek as leser enigsins kan identifiseer nie. Wat saamhang met die feit dat daar eenvoudig geen goeie mense (wat ek kon raaksien!) in die boek is nie. Want gaan elke storie in die wye wêreld nie maar basies oor die ewige stryd tussen goed en kwaad nie?  Wel, hier gaan dit oënskynlik meer oor die stryd tussen boos, boser, en boosste – en dis laasgenoemde wat wen!

Ek is nuuskierig om te hoor hoe ander mense hieroor voel. Op fb was daar nog geen resensies nie – wat vir my snaaks is, want gewoonlik is daar al massas resensies teen die tyd dat ‘n oorsese boek hier by ons uitkom.

 
1 Kommentaar

Posted by op 26/12/2010 in Boeke, Lees, Skrywers

 

Etikette: , ,

One response to “Aakligste boek van 2010!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: