RSS

Category Archives: My diere

2016 was ‘n riller … And so say all of us …

Want to inspireLyk my dit het mode geword om vir mekaar te vertel wat ‘n dolle jaar dit was.

Tot op ‘n punt het ek hartlik meegedoen.

Maar toe besef ek moet verder dink. Ja, daar was moeilike dinge. Maar daar was altyd ‘n MAAR.

  • 2016 het begin met my eerste ervaring van angs. Angs wat jou beheer laat verloor, angs wat jou laat glo jy is nou al jou varkies kwyt, wat jou keel laat toetrek en jou hart op loop laat sit en jou vir die toekoms laat vrees.

Maar dit het verby gegaan. (Met die regte pilletjie en heelwat vasbyt.)

  • Die Swart Hond was vanjaar nie net op my spoor nie; hy het kom intrek. Hoe beskryf mens die donkerte? Dag en nag? Come rain or shine? Die doelloosheid, die moegheid, die uitsigloosheid. Terwyl jy met jou verstand goed weet jy het tonne en tonne seëninge om voor dankbaar te wees? Maar dit help jou niks. Behalwe om jou ongelooflik skuldig te laat voel.

Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Terugblik: Koms van die Paashaas

Ek het ongelukkig net hierdie een Paasstorie – so hy word maar elke jaar weer uit die onderste laai gehaal en afgestof.
Koms van die Paashaas het in die Huisgenoot van 13 April 2006 verskyn, maar jare tevore al sy ontstaan gehad in die tyd toe ek ‘n tuisbly-ma en teler van miniatuurkonyne was. Aanvanklik was die storie ook meer godsdienstig van aard – waarskynlik ‘n bietjie prekerig as ek nou daaraan dink. Toe ek dit jare later oorskryf, was dit interessant om te sien hoe my styl intussen verander het. Hopelik ten goede.

Soos dit maar gaan, is daar heelwat raakpunte Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , , ,

Kortverhaal: Koms van die Paashaas

Hierdie storie het in die Huisgenoot van 13 April 2006 verskyn, maar jare tevore al sy ontstaan gehad in die tyd toe ek ‘n tuisbly-ma en teler van miniatuurkonyne was. Aanvanklik was die storie ook meer godsdienstig van aard – waarskynlik ‘n bietjie prekerig as ek nou daaraan dink. Toe ek dit jare later oorskryf, was dit interessant om te sien hoe my styl intussen verander het. Hopelik ten goede.
Soos dit maar gaan, is daar heelwat raakpunte met die werklikheid. Daar is katte en papegaaie, tienerseuns met kitare, ‘n oorgroeide heining, ‘n skoolliefde met die bynaam Tiekie … Maar die res is suiwer fiksie. Dis ook die enigste storie oor bejaardes wat ek nog geskryf het, iets wat ek graag eendag weer sal wil probeer.

“Kietsie-kietsie-kietsie!”

Geen reaksie.

Ek voel by die minuut meer belaglik, al kan g’n mens hier ‘n oog lê op my nie.  Drie grys Vibracrete-mure en een verwilderde heining vorm my enigste Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , ,

‘n Lewe sonder diere? Nooit!

‘n Lewe sonder troeteldiere is vir my ondenkbaar. Hulle voeg soveel waarde tot ‘n mens se lewe toe dat die moeite en koste en verantwoordelikheid van versorging vir my nog altyd deur en deur die moeite werd was. En deesdae is daar al groter wordende begrip vir die ongelooflike positiewe rol wat (troetel)diere kan speel in die lewe van mense met spesiale behoeftes, synde dit kinders met gestremdhede, bejaardes of siekes.

Die heel eerste troeteldiere wat ek onthou, is die skaaphonde (Border Collies en ‘n Kelpie) op die plaas. En ‘n gemmerkat met ‘n stomp stert wat ek uit die stoor huis toe gelok het. Maar hulle was nie werklik troeteldiere nie, meer werkers op die plaas. Dit het moontlik meegewerk aan my blywende gevoel dat diere nie in die eerste plek daar is om GETROETEL te word nie, maar om ‘n rol te vervul. Hoewel ek ontsettend lief is vir my diere, bly hulle vir my diere. Ek probeer om nie menslike emosies en eienskappe aan hulle toe te ken nie, en ek probeer in gedagte hou dat diere se lewensverwagting laer is as dié van mense – afskeid is dus onvermydelik. Wat dit ‘n uitstekende oefening vir die liefde Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , , ,