RSS

Hoekom moet ‘n kind lees?

16 Mar

Favourite bookHoe meer jy lees, hoe beter lees jy. Oefening is vir lees net so nodig soos vir sport. Hoe beter jy lees, hoe lekkerder word dit.

As jy goed kan lees, kan jy ook beter skryf.

Taal is uniek aan die mens. Ons gebruik taal op alle gebiede van die lewe en op verskillende  maniere. Lees is dus verwant aan skryf en praat.

Lees is nodig vir al jou skoolwerk, selfs Wiskunde. Jy moet die vrae kan verstaan en kan antwoord. Dit is dus nodig om met begrip te lees.

As jy lees, word jou wêreld groter. Jy leer nuwe wêrelde ken.

As jy van ander mense/dinge lees, kan jy begin droom.

As jy droom van ‘n beter lewe, kan jy dit bereik.

Lees gee jou eintlik ‘n klomp lewens ipv net een.

Lees jou ‘n voorsprong by nie-lesers. In akademiese prestasie, sowel as op emosionele gebied.

‘n Groot studie het gevind mense wat fiksie lees is verdraagsamer as die nie-lesers. ‘n Leser verstaan en aanvaar mense wat anders as jy is beter.

TV neem mens se verbeelding weg, maak jou lui en gebruik tyd wat jy vir ander dinge kon gebruik het.

Lees versterk jou verbeelding. Mens het verbeelding nodig om planne te maak in die lewe. Lees leer jou DINK. En buite die boks dink.

Vir baie tieners is dit nie cool om te lees nie. Wees jouself, maak self die keuse hoe jy jou tyd wil spandeer.

Iemand wat lees word nie maklik eensaam nie. Daar is altyd geselskap beskikbaar.

Lees kan mens inderdaad ‘n gelukkiger mens maak, want dit gee jou iets wat ander mense nie het nie.

 

Advertisements
 
10 Kommentaar

Posted by op 16/03/2016 in Boeke, Lees

 

Sleutelwoordw: , ,

10 responses to “Hoekom moet ‘n kind lees?

  1. rondomtaliedraai

    16/03/2016 at 19:14

    Dis waar – ek sien dit in die aftree oord Die wat nie lees is verveeld terwyl die wat lees nooit kla nie

     
  2. Toortsie

    16/03/2016 at 19:19

    O ja! My tablet waarop ek lees is tans stukkend. Ai, ai, ai, die wêreld voel woes en leeg.

     
  3. vvuureoc

    16/03/2016 at 22:52

    My Kindle het ook die gees gegaf.

    Weet julle dalk hoe om die onttekkingsimptome te behandel?

     
    • Alta Cloete

      17/03/2016 at 08:31

      Gryp ‘n boek! 🙂

       
  4. Adél

    19/03/2016 at 18:34

    Lees is ‘n wonderlike ontvlugting, toevlug en droomvlug…….hou aan lees mense!!!!!!!!!!!

     
    • Alta Cloete

      14/04/2016 at 09:41

      🙂

       
  5. Mitch

    14/04/2016 at 08:50

    My vrou is een van daardie mensies wat glo ‘n boek is daar om gevoel, beruik en beleef moet word. Tog aan die einde van die dag lyk dit asof geen hand aan die boek geslaan is – sy behandel dit soos ‘n kleinood.

    Maak nie saak hoe besig of af sy is, haar 6de sintuig flikker as ek opdie websuites ingaan op soek na een of ander boek in haar menige versamelings wat sy nog nie het nie. Dan blink daardie blou oë soos stukkies sonlig.

    “Wat sien jy?” En ek antwoord maar geduldig. Want vir verrassings is daar nie sommer tyd nie.
    Sy kry ongelukkig nie meer genoeg tyd vir die “lees en beleef” nie en ek kan die impak op haar siel sien. Lees is vir haar soos asem.

    Kyk, die boeke jaag my soms ‘n kleinhuisie uit die sak uit, maar dis die glimlag en opgewondenheid werd.

    Voor ek vergeet (soos ek gewoontlik doen) – weet enige iemand waar ek “Geur van vergifnis” in die hande kan kry. Sy weier volstrek om die eerste boek in die reeks te lees, voordat nommer 2 nie beskikbaar is nie. Ek het nou al orals e-poste gestuur en websuites besoek. Maar helaas – niks te vinde. Oral uitverkoop. (Sy het die ander 5 alreeds aangekoop – nou koggel dit haar vanuit die boekrak. Met die gaping wat elke dag groter word.) Ek het nogal gedink ek is gaaf en plaas toe ‘n ander boek daarin om dit ‘toe te maak’ – groot fout. Die emosies het wipplank gery van opgewondenheid (“Is die boek daar??”) tot hartseer (“Kry jy dit nerens?” tot helaas “Moenie dit weer doen nie! Dis om my te herinner dat ek nog moet soek!”

    Dus, enige raad oor waar ek daai een boek te koop kan kry, sal ek baie hoog op prys stel.

    Ps. Die knape in die huis het die liefde vir lees geërf. Waar kry mens nog 17 jarige, 1.85m lange manne wat 8uur in die aande eerder lê en boeke verslind as televisie kyk. 🙂

    Mooi dag verder

    Groete
    Mitch

     
    • Alta Cloete

      14/04/2016 at 09:49

      Dankie vir jou lekker brief, Mitch!
      As jy op Facebook is, kan jy op die groep Boek-bedinges vra vir Geur van vergifnis. Dis ‘n groep vir boeke koop of uitruil en mense kry goeie resultate daar. As jy nie op fb is nie, laat weet my, dan kan ek die boek vir jou soek.
      Groete!
      https://www.facebook.com/groups/1001496989924252/?fref=ts

       
      • Mitch

        14/04/2016 at 23:06

        Baie dankie vir die terugvoering. Meisiekind loer hier oor my skouer terwyl ek tik. 😀

        Vir die “vuisboek”-brigade het ek skaars tyd deesdae. Selfs in ons tegnologies gevorderde era – is dit bra moeilik om die sekondes daarvoor in te ruim.

        Dit sal baie beteken as ons ‘n leidraad na die verlore-verborge-boek kan kry.

        Ps. Dit beteken baie dat jy tyd ingeruim het om te antwoord. Mens kry dit min deesdae.

        Mooi bly. En baie groete.

         
      • Alta Cloete

        19/04/2016 at 22:17

        Hallo Mitch!
        Ek hoop jy sien die boodskap. Ek het iemand gekry wat die boek vir jou het. As jy my jou e-posadres kan gee, bring ek julle in kontak.

         

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: