RSS

Tag Archives: gedagtes

Internetbemarking – ‘n paar gedagtes

social-media-marketing-100271565Hoe om NIE jou boek (of enige ander produk) op die internet te bemark nie:
1. Tik ʼn vinnige advertensie op jou selfoon. Gebruik SMS-taal en moet jou nie bekommer oor spelfoute nie.
2. Plak hierdie advertensie op al die groepe waarvan jy lid is. Maak nie saak of dit boekgroepe is of nie.
3. Waar jy nie direk kan post nie, plak dit by die kommentaar op groepe.
4. Doen dit môre weer. En die dag daarna.
5. Nooi vreemdelinge om jou vriende te wees en gooi hulle onmiddellik toe met advertensies as hulle jou versoek aanvaar.
6. Kry ʼn paar van jou vriende om op boekgroepe te sê hoe fantasties jou boek is. Hulle hoef nie redes te verskaf nie. Hulle hoef ook nie oor taal en spelling bekommerd te wees nie. Hulle kan dit elke dag doen.
7. Wanneer iemand iets negatiefs oor jou boek sê, neem dit persoonlik op en baklei terug.

Hoe om jou boek (of enigiets anders) op die internet te bemark:
1. Bou oor ʼn lang tydperk (bv. terwyl jy jou boek aan die skryf is) ʼn ondersteunersbasis op op Facebook en/of Twitter of enige ander platform(s).
2. Wees ʼn positiewe teenwoordigheid op die forum(s) wat jy kies. Bou vriendskappe op. Gee voorkeur aan verhoudings, moenie net op jouself en jou werk fokus nie.
3. Ondersteun ander skrywers en gee erkenning aan hulle werk.
4. Begin ʼn blog en bou oor ʼn tydperk ʼn gehoor op.
5. Blog oor enigiets waarvan jy hou.
6. Blog ook oor onderwerpe wat met jou boek verband hou.
7. Lees en respekteer die reëls van groepe waarvan jy deel is.
8. Moet onder geen omstandighede ʼn irriterende teenwoordigheid op Facebook word wat net die hele tyd jou eie beuel blaas nie.
9. Oorweeg om benewens jou persoonlike profiel ook ʼn skrywersblad te skep, of ʼn blad vir die spesifieke boek en nooi jou fb-vriende daarheen uit. Hier kan jy meer besonderhede oor jou werk gee.
10. Wanneer jy kritiek op jou werk kry, hanteer dit – gaan hardloop ʼn ent, eet ʼn tjoklit, drink ʼn glas wyn. Maar moenie in ʼn bekgeveg betrokke raak nie.
11. Wanneer jou boek verskyn, kan jy die voorblad, inligting oor die boek en ʼn uittreksel daaroor post. Nie alles gelyk nie en nie elke liewe dag nie.
12. Sorg dat al jou bydraes in goeie, versorgde Afrikaans is. (Dit hoef nie volmaak te wees nie. Mense wil net sien jy respekteer jou eie werk genoeg om dit mooi te versorg.)
13. Lees ʼn paar boeke oor bemarking op die internet. Jy sal bogenoemde en heelwat ander wenke daar vind. Google is jou vriend.
14. Moenie al jou energie spandeer op bemarking nie. Jou belangrikste taak is om die beste boek te skryf waartoe jy in staat is. Bemarking is nie ‘n plaasvervanger vir gehalte nie.

Hierdie metode waarborg ongelukkig nie verkope nie. Maar dit gaan jou ten minste talle vriende in die sak bring en jou lewe verryk. Want dis waaroor dit eintlik op Facebook gaan: verhoudings.

 
6 Kommentaar

Posted by op 12/04/2015 in Blogging, Boeke, Lees

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , ,

Kry vir jou ‘n nuwe knie – random gedagtes vir dié wat gevra het (of nie)

1. Jammer aan almal wat dit graag wil hoor, maar ek kan op hierdie stadium nie eenvoudig sê dit was maklik en ek sal dit enige tyd weer doen nie. Want maklik was dit allermins. En ek is na vertien dae nog nie seker dit was die moeite werd nie. Ek vermoed ek sal eers na omtrent drie maande regtig weet. Ek vermoed ook dis vir my ekstra ingrypend omdat dit die eerste enigsins ingrypende operasie is wat ek in my lewe gekry het. Wat natuurlik stof tot ongelooflike dankbaarheid is.

2. By my is die vooraf vrees vir enige nuwe ervaring gewoonlik erger as die ding self. In hierdie geval was dit in sekere opsigte so en in ander nie.

3. My vrees vir di'As far as dancing goes, the doctor says you need to stay off my feet for 6-8 weeks.'e dag se lê in Intensief en die morfienpompie was totaal onnodig. Dit was eintlik (relatief) heerlik daar. Want – logies – daar word intensief na jou gekyk. En die morfien sit jou op ʼn heerlike trip. Alles wettig en geoorloof. Moet net die dink jy gaan veel slaap kry daar nie. Dis nie ʼn plek vir slaap nie. Natuurlik my eie onnoselheid wat my ʼn ekstra slaappilletjie van die hand laat wys het. Volgende keer vra ek ʼn handvol.

4. Vermoedelik a.g.v. die morfien was ek op my stukke en oop vir mense. (En natuurlik amper pynvry. En sekerlik op ʼn high, want die operasie is gedoen en ek kan nie meer terugdraai nie.) Wat gelei het tot ʼn paar baie interessante gesprekke. O.a. met twee jong swart assistentjies wat my was en vertel van die tannie wat summier geweier het toe die jong manlike verpleër haar moet kom was. (Genadiglik het hy nooit in my omgewing gekom nie.) En die pragtige bruin assistent wat onopvallend agter my gordyne wegkruip en my vertel sy weier om soos omtrent al haar tydgenote ʼn kind te hê en net tevrede te wees met die lewe van almal rondom haar, sy soek meer in die lewe. Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , ,

Bekommernis

15-ways-live-exist_zpsd1421eb2My liefste ou moeder was die bekommerdste mens wat ek ooit geken het. Dankbaarheid en positiewe denke het nie vir haar vanself gekom nie. Veral as ontevrede tiener het dit ‘n negatiewe invloed op my gehad. Ek het skuldig gevoel, asof ek nooit goed genoeg was nie, asof niks wat ek doen of nie doen nie, haar regtig tevrede kon stel nie.

Natuurlik verstaan ek vandag beter. Haar kinders en klein- en skoonkinders was haar alles. Sy het niks meer gevrees as dat een van ons iets kon oorkom nie. Vandag verstaan ek daardie gevoel van wéét die seerkry lê iewers vir jou en wag, jy weet net nie wanneer hy gaan toeslaan nie. Vandag ken ek self die magtelose liefde van ‘n ma en die verskriklike begeerte om jou mense te beskerm teen die lewe se ellendes. En die seker wete dat jy dit nie kan doen nie. Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , ,

Depressie: Waar begin ’n mens as jy aan jou lewe wil werk?

Beveg depressie voorblad 1 - Copy (2)Die mens se basiese behoeftes is ’n goeie beginpunt. In verskillende bronne is daar verskillende opsommings van die mens se basiese behoeftes. Dis in elk geval maar verskillende name vir dieselfde goed. Die punt is dat ’n mens doelbewus kan kyk watter van jou behoeftes word nie bevredig nie en dan iets daaraan probeer doen. Dit sluit dus aan by die gedagte dat ’n mens wel self baie aan jou gemoedstoestand kan doen en nie ’n willose slagoffer van jou emosies hoef te wees nie. Hierdie besef is dikwels vir mense die eerste tree na genesing. Die onderstaande is uit die Uncommon Knowledge-program verwerk:

Die behoefte om aandag te ontvang maar ook te gee
• Dit kan vervul word deur vriende, familie, kollegas, troeteldiere of kennisse, elk op sy eie manier. Ek dink dit sluit in om versorg te word (kyk die volgende subafdeling), maar ook om iets of iemand te hê om te versorg. Veral by vroue is die behoefte om iemand te versorg dikwels baie sterk.
• As hierdie behoefte nie bevredig word nie, is een van die gevolge dikwels dat die persoon te veel op homself en sy eensaamheid fokus. Soos ons weet, is depressie eintlik ’n baie selfgerigte siekte. As ons die hele tyd met onsself besig is, is dit maar alte maklik om al in die rondte te dink en op die negatiewe te fokus. Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Die kopskuif wat jou lewe kan verander

Better personAs jy jou kop gedraai kry nadat jy self verantwoordelikheid geneem het vir jou emosionele en fisieke gesondheid, is dit nie die kitsoplossing vir al jou probleme nie. Nee, dis die begin van ’n lang, lang pad. Heel moontlik lewenslank. Maar nie lewenslank soos in ’n vonnis nie. Nee, lewenslank soos in ’n pad van ontdekking, groei en toenemende lewensblyheid.
Dis natuurlik maklik om vir jouself te sê jy gaan nou verantwoordelikheid neem en daar vas te steek. Die sê is die eerste stap, maar dis nie genoeg nie. En dis alte maklik om jouself te bluf. Nee, verantwoordelikheid neem behels aksie en dit behels harde werk.
Dit behels dat jy ophou wegkyk van jouself af, ophou wag vir die hulp om van elders te kom. Dit behels inkyk in jouself en in jou omstandighede. Maar nie die broeiende, selfgerigte kyk van die depressiewe persoon nie. Nee, hierdie kyk moet vars en Read the rest of this entry »

 
 

Sleutelwoordw: , , , , ,

E-boek nou beskikbaar: Beveg depressie en leef voluit!

Beveg depressie voorblad 1 - Copy (2)Vermoed jy jy is dalk depressief? Is jy alreeds met depressie gediagnoseer? Is jy moedeloos omdat jy dit nie afgeskud kry nie? Veg iemand wat jy ken daarteen? As jou antwoord op een van hierdie vrae ‘ja’ is, is hierdie boekie net vir jou!
1. Die eerste in ‘n reeks van drie of vier. (Die Leef voluit-reeks)
2. In geselstrant geskryf, nie ‘n akademiese handleiding nie.
3. Toeganklik vir die haastige leser, maklik om vinnig deur te lees en dan te oordink.
4. Gegrond op die skrywer se ondervinding, neerlae en oorwinnings.
5. Geen kitsoplossings word aangebied nie.
6. Uitgangspunt: Dat ons vir ons eie welstand verantwoordelikheid kan neem en self baie kan doen om depressie te beheer/bestuur/hanteer.
7. Maak dit duidelik dat medikasie en terapie noodsaaklik is.
8. Moedig depressielyers aan om die kopskuif te maak en eerder depressievegters te word.
9. Beweer NIE dat ‘n depressievegter homself kan genees nie.
10. Moedig depressievegters aan om bewustelik te leer leef en depressie as ‘n uitdaging te sien wat hanteer kan word en wat tot emosionele en persoonlike groei kan lei.
‘n Vinnige leeservaring wat jou lewe kan verander! Hier is die skakel: http://www.amazon.com/Beveg-depressie-voluit-Afrikaans-ebook/dp/B00G8OBXXK/ref=sr_1_1?s=digital-text&ie=UTF8&qid=1382942285&sr=1-1&keywords=alta+cloete

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , , , , ,

Selfpublikasie: Geleentheid of slaggat?

EboekeDaar is by baie mense ʼn mate van agterdog oor die verskynsel van selfpublikasie. As ʼn skrywer nie ʼn uitgewer kan kry nie, is wat hy te sê het tog seker nie die moeite werd nie, of hoe? Daarby het dit tradisioneel ʼn gruwelike bedrag gekos om ʼn boek self uit te gee. En dikwels (sekerlik nie altyd nie) het heelwat van daardie boeke in ʼn boks in die garage staan en stof vergaar, want ʼn goeie skrywer is nie outomaties ook ʼn goeie bemarker nie. (ʼn Swak skrywer kan natuurlik ʼn goeie bemarker wees, en andersom. Wat ook implikasies vir verkope het.)

            Die uitgewer is vir die skrywer ʼn veiligheidsnet, ‘n sambreel, beskermende ouerfiguur. In ideale omstandighede, natuurlik. Stories van fly-by-night uitgewers wat met skrywers se Read the rest of this entry »

 
3 Kommentaar

Posted by op 13/10/2013 in Boeke, Lees, Skryf, Skrywers, Suid-Afrika

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , ,