Tag Archives: spanningsverhale

Chief Inspector Armand Gamache Series – Louise Penny

Inspector Gamache het die natste, koudste winter in baie, baie jare vir my draagliker gemaak. Terwyl ek eintlik ‘n wintermens is. Daar is 18 fantastiese boeke. (Die meeste is op die Libby app beskikbaar.) Armand Gamache is ‘n gentleman, ‘n speurder wat nie hard en bitter gemaak is deur die ondenkbare gruwels wat hy in sy werk aanskou nie. Iemand wat kindness behou het. Iemand met respek vir die lyke wie se dood hy ondersoek, iemand wat steeds in die mens se goedheid glo. Ek was nie verbaas toe ek agterkom sy karakter is op die skrywer se man gebaseer nie. (Kyk op Goodreads vir die hele reeks.)

Still life is die eerste boek in die reeks. Dis goed, maar nie noodsaaklik om die boeke in volgorde te lees nie. Moenie die ervaring misloop omdat jy nie almal in volgorde in die hande kan kry nie. (Partye van die oueres is redelik goedkoop op Amazon.)

The discovery of a dead body in the woods on Thanksgiving Weekend brings Chief Inspector Armand Gamache and his colleagues from the Surete du Quebec to a small village in the Eastern Townships. Gamache cannot understand why anyone would want to deliberately kill well-loved artist Jane Neal, especially any of the residents of Three Pines – a place so free from crime it doesn’t even have its own police force.

But Gamache knows that evil is lurking somewhere behind the white picket fences and that, if he watches closely enough, Three Pines will start to give up its dark secrets…

Dwelm – Rudie van Rensburg

Twee gewese speurders word koelbloedig langs ’n plaasdam afgemaai . . .
En Kassie en Rooi moet die moordsaak oorneem by ’n uitgedunde Paarlse speurspan wat al ’n week lank daarmee kleitrap. Kassie bevraagteken die Paarliete se afleiding dat diefstal die motief vir die moorde was. Wanneer hy en Rooi ander moontlikhede ondersoek, begin dinge doller as kopaf raak.
Om sake vir Kassie te vererger, beleef hy ’n yslike persoonlike krisis wat hy nie weet hóé om te hanteer of op te los nie . . .

https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780795802607

Nuut van Dibi Breytenbach: Heiliger

HeiligerHendrik skiet uiteindelik ’n sluwe rondloperhond. Die eerste koeël mis rakelings, maar die tweede is sekuur. Nou is die oud-soldaat in ’n goeie bui. Dit is byna Kersfees en dinge tussen hom en Amalia wil-wil lyk of dit kan uitwerk.

Toe gebeur dit: Die plaaslike speurder, Buthelezi, daag op en slaan Hendrik in boeie. Die klag? Sy buurman se seun is dood en daardie opslagkoeël word verdink.

Dadelik word hierdie insident ’n rasse-voorval, want die seun is swart. Die gemeenskap is woedend en die onbevoegde blanke speurder wil wys dat hy nie ’n wit man sal laat wegkom met moord nie.

Hendrik weet hy het die seun nie geskiet nie, maar hoe bewys hy dit?

Die teks is briljant, want so gereeld gebeur dit dat stinkryk mense wegstap van ’n moordsaak op grond van tegniese punte. Die publiek voel dan verraai. Nou gooi Breytenbach die leser in die diepkant in, want ons het simpatie met Hendrik, maar die redes waarom die reg nou skynbaar onreg pleeg teenoor hom, is presies dieselfde wat ons as gewone sterflinge vra wanneer tegniese detail in hofsake ter sprake kom.

Saam met Hendrik beleef ons magteloosheid in die stinkende tronk- en hofselle terwyl die regslui en die polisie kibbel.

Breytenbach is ’n regsgeleerde en met hierdie boek sleep sy die leser saam met haar. Dit is ’n naelbyter, want natuurlik wil almal weet hoe die seun gesterf het. Gaan Hendrik oud word in die tronk?

Stukkie vir stukkie word die gebeure aanmekaar gelas en die reg se tentakels word beleef soos nog nooit te vore in Afrikaans nie.

Dibi Breytenbach se eerste twee boeke was goed. Hierdie een plaas haar onder die voorste krimiskrywers in ons land. Heiliger sal ewe goed verstaan word in plekke soos die VSA waar die onreg van die regsproses dikwels afhang van ’n mens se geld, aldan nie.

LAPA Persvrystelling

Isa Konrad se nuutste: Moord op Karibib

Moord op KaribibMoord vang haar vas in ’n web

Dit is Nuwejaar. Alet is besig om te vlug. Daar is niks om te vier nie. Al wat sy, blou oog en al, in die spieël aan haarself moet erken, is dat haar huwelik ’n hengse fout was. Alet stop op Karibib, ’n gehuggie in Namibië; oftewel moedverloor se vlakte, so lyk dit vir haar.

Hier word sy die ooggetuie van ’n motorongeluk en kort daarna sterf die man wat sy uit die wrak gehelp het. Die polisie besef dis moord. Nou sít Alet op Karibib en
sy word gekonfronteer met die spoor van droefheid en verwerping wat die vermoorde agtergelaat het: ’n Vrou wat haar toevlug tot drank neem, ’n minnares wat veel meer as ’n verhouding voor oë het, ’n kind wat deur sy pa ontken is …

In die Namibiese landskap word inspekteur Con Dorfling ook deel van Alet se lewe, die broeiende man met die min woorde en wonde van sy eie. Dit is hy wat haar gedagtes vol is toe sy in haar motor Lees voort Isa Konrad se nuutste: Moord op Karibib

‘n Salige verrassing: Saliger – Dibi Breytenbach

Saliger.jpgDeur die jare  moes ek myself maar leer aanvaar as ‘n sensitiewe siel. ‘n Supersagte hart kan die lewe nogal moeilik  maak. Ander mense se smart raak my. Diep. Veels te diep vir my eie sieleheil. Elke dag se nuwe sarsie misdaad slaan my tussen die oë. TV-nuus het ek dekades gelede al afgesweer. Die koerantnuus vluglees ek (Ek wil darem min of meer weet wat aangaan.) en lees dan die paar positiewe berigte wat ek kan opspoor. Die radionuus wat telkens presies op etenstyd val (sekerlik met opset so bereken) maak my radeloos.

Verbeelde mense se ellendes raak my (feitlik) netso diep soos dié van werklike mense. Dit maak my nie die ideale leser van spannings/misdaad/moordstories nie. Deur die jare het ek egter baie daarvan gelees, hoofsaaklik omdat Lees voort ‘n Salige verrassing: Saliger – Dibi Breytenbach

Peet Venter: 75 en fluks aan die skryf!

Lempeet venter word 75Peet Venter was op Saterdag, 3 Oktober 2015 vyf en sewentig.
Venter debuteer in 1978 met Die alleenlopers. Elf publikasies volg totdat LAPA Uitgewers in 2012 die roman Dieper as die bloed in ’n baie verwerkte weergawe heruitgee. In hierdie roman leer die leser vir Thys Krige ken. Dit was egter met die koms van die volgende roman in 2013, Ou bloed, en Thys se hertoetrede tot die Afrikaanse boekbedryf, dat Venter skielik deur die publiek en die kritici raakgesien is. Sedertdien was die naam Peet Venter reeds 33 keer op Nielsen Bookdata se topverkoperlys vir fiksie; waar hy meeding met oorsese skrywers én plaaslike Lees voort Peet Venter: 75 en fluks aan die skryf!

Waar boosheid broei – Peet Venter

Waar boosheid broeiWaar boosheid broei is deel van ’n trilogie waarvan Dieper as die bloed en Ou Bloed die eerste twee boeke is. Hoewel die boeke so geskryf is dat dit apart gelees kan word, sal dit tog die leser baat om hulle van ʼn kant af aan te pak.
Peet Venter draai nie doekies om nie. Die pas in die verhale is vinnig en die gebeure is grusaam. Met sy gestroopte styl trek Venter die leser onverbiddelik in die verhaal in.
Thys Krige is weer eens die sentrale figuur. Hy is nie die gewone effens onbeholpe speurder nie, maar ʼn harde man wat besef hy lewe om mense dood te maak en dat sy drang daartoe selfs sterker is as die drang om die vrou in sy lewe te beskerm. Hiermee moet hy saamleef en die stilte binne homself vind.
In Waar boosheid broei word Krige uit ʼn tydperk van apatie en verveling geruk deur die geleentheid om in Zimbabwe te gaan ondersoek instel na die aanhouding van die joernalis Henk Human. Human is intussen vrygelaat, maar het geensins ongeskonde daarvan afgekom nie.
Vir hierdie leser was Human ʼn interessante newekarakter, veral wat betref die Lees voort Waar boosheid broei – Peet Venter

Dans met die rooi rok – Woutrine Theron

Woutrine Theron se Dans met die rooi rok is nie so ‘n plesierige boek soos ‘n mens dalk van die titel – en met die eerste aanblik, voor jy die hand in die gras raaksien – kan dink nie. Maar daar is genoeg humor en ligtheid om die donkerte te temper.

Karolien is ‘n vrou wat onafgehandelde kwessies in haar omdra, ‘n vrou wat moet kom afskeid neem van die ma met wie sy nooit ‘n werklik sinvolle verhouding kon hê nie. Op sigself geen maklike taak nie.

Maar sy kry veel meer as die ingewikkeldhede van familieverhoudings en die pyn van afskeid. Sy kry die lyk van ‘n mooi jongman met treffende blou oë.

Geleidelik raak sy al hoe dieper betrokke by die oplossing van die moord. En sy kom op skokkende en gruwelike dinge uit die verlede af. Dinge wat haar baie direk raak, dinge wat die pa Lees voort Dans met die rooi rok – Woutrine Theron

7 dae – Deon Meyer

Eintlik behoort ek  glad nie oor hierdie boek iets te sê nie, want ek is regtig nie die geskikte persoon nie. Ek is glad nie op hierdie stadium van my lewe die geskikte persoon om spanningsverhale te lees nie. Ek is oorsensitief vir grusaamhede, ek haat enige vorm van geweld én ek is te lui om te dink. Al hierdie dinge was toe ek jonger was, darem nie heeltemal so erg nie. Ek kan nie heeltemal besluit of die invloed van die ouderdom in hierdie geval ‘n goeie of ‘n slegte ding is nie.
Tot onlangs kon ek glad nie verstaan hoekom  mense dit in hierdie tyd van hoë misdaad so graag lees nie – hulle kan mos maar net die nuus kyk as hulle grusaamhede wil sien. Maar toe het Chanette Paul op die onlangse Leeskringoggend by Bloemendal die vraag vir my mooi beantwoord: Mense lees dit omdat dit eintlik ‘n gerusstellende genre is, want die boosdoener word altyd gevang. Goed oorwin altyd die kwaad, terwyl ons mos weet dit gebeur in die Lees voort 7 dae – Deon Meyer

Spoorloos – Riana Mouton

Alex Cloete is kwaad vir die lewe. Hy het nie geld nie, nie rigting nie, en sy geliefde seun, Zander, woon by sy ma, Mercia, ver van hom af …
Uit hierdie gegewens ontstaan ‘n speurverhaal wat vir entoesiastiese lesers van dié genre blykbaar groot plesier verskaf. Vir my, met my kort aandagspan en soms lui brein, het dit plek-plek effens verloor. Daar was bloot té veel kronkels en draaie. Maar ek pak geensins die skuld op die skrywer nie – my skouers is breed genoeg! Ek het die boek gelees omdat dit ook deur Lapa uitgegee is en omdat dit ook ‘n goeie voorbeeld is van ‘n vrou wat uit ‘n manlike hoofkarakter se perspektief skryf. En dit baie goed regkry. Reken ek. Maar dis Alex Cloete wat my geboei het. (Darem seker nie net omdat hy na familie klink nie!) Vir ‘n ander leser begin die verhaal dalk ‘n bietjie stadig, maar dis juis die deel wat ek die meeste geniet het, omdat dit die deel is waarin hy die Lees voort Spoorloos – Riana Mouton

Die ondenkbare – Isa Konrad

Briel kom op Lüderitz aan soos hy sewentien jaar gelede daar weg is – omdat hy nie ’n keuse het nie. Dis November, maar dit reën. Die wind ruk en die see dein soos ’n verliefde hart. Hier in die keelgat van die Namib het hy grootgeword. Buiten die waterfront – malligheid in ’n deel van die wêreld waar mens selde jou neus by die deur kan uitsteek – lyk alles vir hom nog min of meer dieselfde. Geboue waaraan die woestyn al meer as honderd jaar vreet, maar dit nie opgevreet kry nie. Die huise lyk soos skoendose en ry wipplank op die rotse waarop hulle gebou is. Kaalvoetkinders met vaal gesigte speel in die strate. Die stofstrate is klipperig, die teerstrate stowwerig. Hy het nie gedink hy sou dit ooit weer sien nie, wóú dit nie weer sien nie, maar so is die lewe – rek sy bek wanneer jy dit die minste verwag.
Só begin een van die lekkerste leesverrassings wat ek in ‘n lang tyd gehad het.
Isa Konrad het ‘n stuk of agt boeke agter die blad, maar Die ondenkbare is Lees voort Die ondenkbare – Isa Konrad

Nora Roberts: The search

Sit bymekaar: ‘n Dwars, befoeterde, kreatiewe man met ‘n aweregse sin vir humor; ‘n sterk vrou wat diep moet delf in haar eie krag in ‘n skrikwekkende situasie; ‘n pragtige eiland waar almal mekaar ken; ‘n vierstuks briljante opgeleide snuffelhonde; een ooraktiewe, ongedissiplineerde jong labrador; ‘n reeksmoordenaar wie se laaste slagoffer weggekom het; sy opvolger wat net tot op ‘n punt sy instruksies volg. Voeg daarby ‘n volkome gebrek aan seksuele inhibisies of skuldgevoelens by die karakters, sterk gekruide taal; eksplisiete, maar wonderlik beskryfde seks op allerhande interessante plekke; kleurryke en geloofwaardige newekarakters; hoogsopgeleide, effektiewe polisiemanne en speurders – en sit dit in Nora Roberts se hande.
Wat kry jy (wat al begin wonder het wanneer die vrou dan uitgeskryf gaan raak)? Jy kry romantic suspense uit die boonste rakke, dis al wat ek gaan sê.
En nee, sy is nog nie uitgeskryf nie. Sy sukkel wel om haar hoofkarakters elke keer nuut en uniek te maak, soms voel ek sy druk die grense net ‘n ietsie te ver – maar op die ou end raak jy maar weer versot op die twee, hardegat en dwars en diep menslik soos hulle is.
As jy hou van liefde en van moord – go for it!