RSS

Waar boosheid broei – Peet Venter

29 Jun

Waar boosheid broeiWaar boosheid broei is deel van ’n trilogie waarvan Dieper as die bloed en Ou Bloed die eerste twee boeke is. Hoewel die boeke so geskryf is dat dit apart gelees kan word, sal dit tog die leser baat om hulle van ʼn kant af aan te pak.
Peet Venter draai nie doekies om nie. Die pas in die verhale is vinnig en die gebeure is grusaam. Met sy gestroopte styl trek Venter die leser onverbiddelik in die verhaal in.
Thys Krige is weer eens die sentrale figuur. Hy is nie die gewone effens onbeholpe speurder nie, maar ʼn harde man wat besef hy lewe om mense dood te maak en dat sy drang daartoe selfs sterker is as die drang om die vrou in sy lewe te beskerm. Hiermee moet hy saamleef en die stilte binne homself vind.
In Waar boosheid broei word Krige uit ʼn tydperk van apatie en verveling geruk deur die geleentheid om in Zimbabwe te gaan ondersoek instel na die aanhouding van die joernalis Henk Human. Human is intussen vrygelaat, maar het geensins ongeskonde daarvan afgekom nie.
Vir hierdie leser was Human ʼn interessante newekarakter, veral wat betref die uitbeelding van die posttraumatiese stres waaraan hy ly en die probleme wat hy het om aan te pas, ten spyte van sy broer se pogings om dit vir hom makliker te maak. In ons samelewing vol misdaad en geweld is hierdie verskynsel dalk meer algemeen as wat mens besef.
Venter is ’n ingenieur wat nou met die Krige-boeke naam maak. Sy eerste roman, Die Alleenlopers, is in 1979 deur Nasionale Pers gepubliseer. Daarna volg ’n verdere nege werke, meestal speurrillers, asook kortverhale in ’n aantal bundels. ’n Verskeidenheid kort- en vervolgverhale verskyn ook in die destydse Keur.
Vir ’n oorsig oor Venter se skrywersloopbaan, gaan kyk gerus by http://www.litnet.co.za/Article/peet-venter-1940.

 
2 Kommentaar

Posted by op 29/06/2014 in Boeke, Lees, Skrywers, Suid-Afrika

 

Etikette: , , , ,

2 responses to “Waar boosheid broei – Peet Venter

  1. ddupl3ss1s

    30/06/2014 at 07:22

    Ek wonder of ek die maag het vir ‘n Peet Venter ! Nogal gister met die boek in die hand gestaan en wonder is dit hy of Riëtte wat ‘n beurt kry..

     
    • ddupl3ss1s

      30/06/2014 at 07:24

      Jammer Madelein nie Riëtte nie…

       

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: