RSS

Tag Archives: spanningsromans

Nuut van Dibi Breytenbach: Heiliger

HeiligerHendrik skiet uiteindelik ’n sluwe rondloperhond. Die eerste koeël mis rakelings, maar die tweede is sekuur. Nou is die oud-soldaat in ’n goeie bui. Dit is byna Kersfees en dinge tussen hom en Amalia wil-wil lyk of dit kan uitwerk.

Toe gebeur dit: Die plaaslike speurder, Buthelezi, daag op en slaan Hendrik in boeie. Die klag? Sy buurman se seun is dood en daardie opslagkoeël word verdink.

Dadelik word hierdie insident ’n rasse-voorval, want die seun is swart. Die gemeenskap is woedend en die onbevoegde blanke speurder wil wys dat hy nie ’n wit man sal laat wegkom met moord nie.

Hendrik weet hy het die seun nie geskiet nie, maar hoe bewys hy dit?

Die teks is briljant, want so gereeld gebeur dit dat stinkryk mense wegstap van ’n moordsaak op grond van tegniese punte. Die publiek voel dan verraai. Nou gooi Breytenbach die leser in die diepkant in, want ons het simpatie met Hendrik, maar die redes waarom die reg nou skynbaar onreg pleeg teenoor hom, is presies dieselfde wat ons as gewone sterflinge vra wanneer tegniese detail in hofsake ter sprake kom.

Saam met Hendrik beleef ons magteloosheid in die stinkende tronk- en hofselle terwyl die regslui en die polisie kibbel.

Breytenbach is ’n regsgeleerde en met hierdie boek sleep sy die leser saam met haar. Dit is ’n naelbyter, want natuurlik wil almal weet hoe die seun gesterf het. Gaan Hendrik oud word in die tronk?

Stukkie vir stukkie word die gebeure aanmekaar gelas en die reg se tentakels word beleef soos nog nooit te vore in Afrikaans nie.

Dibi Breytenbach se eerste twee boeke was goed. Hierdie een plaas haar onder die voorste krimiskrywers in ons land. Heiliger sal ewe goed verstaan word in plekke soos die VSA waar die onreg van die regsproses dikwels afhang van ’n mens se geld, aldan nie.

LAPA Persvrystelling

 
2 Kommentaar

Posted by op 01/08/2017 in Boeke, Lees, Romans, Skrywers, Suid-Afrika

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Isa Konrad se nuutste: Moord op Karibib

Moord op KaribibMoord vang haar vas in ’n web

Dit is Nuwejaar. Alet is besig om te vlug. Daar is niks om te vier nie. Al wat sy, blou oog en al, in die spieël aan haarself moet erken, is dat haar huwelik ’n hengse fout was. Alet stop op Karibib, ’n gehuggie in Namibië; oftewel moedverloor se vlakte, so lyk dit vir haar.

Hier word sy die ooggetuie van ’n motorongeluk en kort daarna sterf die man wat sy uit die wrak gehelp het. Die polisie besef dis moord. Nou sít Alet op Karibib en
sy word gekonfronteer met die spoor van droefheid en verwerping wat die vermoorde agtergelaat het: ’n Vrou wat haar toevlug tot drank neem, ’n minnares wat veel meer as ’n verhouding voor oë het, ’n kind wat deur sy pa ontken is …

In die Namibiese landskap word inspekteur Con Dorfling ook deel van Alet se lewe, die broeiende man met die min woorde en wonde van sy eie. Dit is hy wat haar gedagtes vol is toe sy in haar motor Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 19/03/2017 in Boeke, Lees, Skrywers

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Die 13de kaart – Madelein Rust

Die 13de kaartWat laat ‘n nie-tipiese leser van spanningsverhale die een na die ander boek in die genre lees? Waarskynlik blote nuuskierigheid, die vrees om iets te mis. Want met spanningsverhale in Afrikaans is daar beslis iets aan die gang. Om die waarheid te sê, ‘n klein ontploffing is besig om plaas te vind (Ja, daar is ‘n teenstelling in die beeld.) Of kom ons sê dan liewer daar is ‘n verskuiwing aan die gang en spanningsverhale is deel daarvan.
Die verskuiwing beweeg in die rigting van ontspanningsleesstof in Afrikaans. Deesdae verskyn ‘n klein vloed van Afrikaanse genrefiksie by verskeie uitgewers. Heerlike boeke waarvoor niemand skaam hoef te wees nie. Die goeie nuus is dat dit nie ten koste van ons letterkunde gebeur nie. Dalk gebeur dit ten koste van Engels. Want ja, soveel Afrikaanse lesers wat vir jare uitsluitlik Engels gelees het, is besig om terug te keer na Afrikaans. (Dit sou ‘n studie werd wees om uit te vind of dit wel die geval is. Dit kan sekerlik wees dat lesers deesdae meer Afrikaans lees, maar steeds baie Engels. Die een hoef tog sekerlik nie die ander uit te sluit nie.)
Die opkoms van die spanningsgenre is deel van hierdie verskuiwing, met Deon Meyer Read the rest of this entry »

 
2 Kommentaar

Posted by op 24/06/2014 in Boeke, Lees, Skrywers, Suid-Afrika

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Spoorloos – Riana Mouton

Alex Cloete is kwaad vir die lewe. Hy het nie geld nie, nie rigting nie, en sy geliefde seun, Zander, woon by sy ma, Mercia, ver van hom af …
Uit hierdie gegewens ontstaan ‘n speurverhaal wat vir entoesiastiese lesers van dié genre blykbaar groot plesier verskaf. Vir my, met my kort aandagspan en soms lui brein, het dit plek-plek effens verloor. Daar was bloot té veel kronkels en draaie. Maar ek pak geensins die skuld op die skrywer nie – my skouers is breed genoeg! Ek het die boek gelees omdat dit ook deur Lapa uitgegee is en omdat dit ook ‘n goeie voorbeeld is van ‘n vrou wat uit ‘n manlike hoofkarakter se perspektief skryf. En dit baie goed regkry. Reken ek. Maar dis Alex Cloete wat my geboei het. (Darem seker nie net omdat hy na familie klink nie!) Vir ‘n ander leser begin die verhaal dalk ‘n bietjie stadig, maar dis juis die deel wat ek die meeste geniet het, omdat dit die deel is waarin hy die Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 28/05/2011 in Boeke, Lees, Skrywers

 

Sleutelwoordw: , , , ,