RSS

Tag Archives: misdaadverhale

Nuut van Dibi Breytenbach: Heiliger

HeiligerHendrik skiet uiteindelik ’n sluwe rondloperhond. Die eerste koeël mis rakelings, maar die tweede is sekuur. Nou is die oud-soldaat in ’n goeie bui. Dit is byna Kersfees en dinge tussen hom en Amalia wil-wil lyk of dit kan uitwerk.

Toe gebeur dit: Die plaaslike speurder, Buthelezi, daag op en slaan Hendrik in boeie. Die klag? Sy buurman se seun is dood en daardie opslagkoeël word verdink.

Dadelik word hierdie insident ’n rasse-voorval, want die seun is swart. Die gemeenskap is woedend en die onbevoegde blanke speurder wil wys dat hy nie ’n wit man sal laat wegkom met moord nie.

Hendrik weet hy het die seun nie geskiet nie, maar hoe bewys hy dit?

Die teks is briljant, want so gereeld gebeur dit dat stinkryk mense wegstap van ’n moordsaak op grond van tegniese punte. Die publiek voel dan verraai. Nou gooi Breytenbach die leser in die diepkant in, want ons het simpatie met Hendrik, maar die redes waarom die reg nou skynbaar onreg pleeg teenoor hom, is presies dieselfde wat ons as gewone sterflinge vra wanneer tegniese detail in hofsake ter sprake kom.

Saam met Hendrik beleef ons magteloosheid in die stinkende tronk- en hofselle terwyl die regslui en die polisie kibbel.

Breytenbach is ’n regsgeleerde en met hierdie boek sleep sy die leser saam met haar. Dit is ’n naelbyter, want natuurlik wil almal weet hoe die seun gesterf het. Gaan Hendrik oud word in die tronk?

Stukkie vir stukkie word die gebeure aanmekaar gelas en die reg se tentakels word beleef soos nog nooit te vore in Afrikaans nie.

Dibi Breytenbach se eerste twee boeke was goed. Hierdie een plaas haar onder die voorste krimiskrywers in ons land. Heiliger sal ewe goed verstaan word in plekke soos die VSA waar die onreg van die regsproses dikwels afhang van ’n mens se geld, aldan nie.

LAPA Persvrystelling

 
2 Kommentaar

Posted by op 01/08/2017 in Boeke, Lees, Romans, Skrywers, Suid-Afrika

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Dans met die rooi rok – Woutrine Theron

Woutrine Theron se Dans met die rooi rok is nie so ‘n plesierige boek soos ‘n mens dalk van die titel – en met die eerste aanblik, voor jy die hand in die gras raaksien – kan dink nie. Maar daar is genoeg humor en ligtheid om die donkerte te temper.

Karolien is ‘n vrou wat onafgehandelde kwessies in haar omdra, ‘n vrou wat moet kom afskeid neem van die ma met wie sy nooit ‘n werklik sinvolle verhouding kon hê nie. Op sigself geen maklike taak nie.

Maar sy kry veel meer as die ingewikkeldhede van familieverhoudings en die pyn van afskeid. Sy kry die lyk van ‘n mooi jongman met treffende blou oë.

Geleidelik raak sy al hoe dieper betrokke by die oplossing van die moord. En sy kom op skokkende en gruwelike dinge uit die verlede af. Dinge wat haar baie direk raak, dinge wat die pa Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , ,

Tussen middernag en dagbreek – Japie Bogaards

Japie Bogaards se debuutroman Tussen middernag en dagbreek  is veel meer as die roman oor dwelmverslawing waarvoor ek dit aanvanklik aangesien het.

Hoewel die bose kringloop van verslawing in die lewe van die immigranteseun Marco Verkerk met amper brutale eerlikheid uitgebeeld word, is dit die lot van die ander twee prominente karakters wat hierdie leser die diepste geraak het.

Sam het as die seun van ‘n plaasarbeider opgegroei en leer haat toe hy die Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 30/06/2012 in Boeke, Lees, Skrywers, Suid-Afrika

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , ,

Woordfees 2011: Vyf, nee ses, formidabele vroue

Die Boektent by die Woordfees is besig om ‘n mekka vir Afrikaanse skrywers te word. En dan veral ook vir nie-letterkundige skrywers. En hulle is mense wat maar dikwels aan die agterste speen drink, hoewel dit algemeen bekend is dat hulle verkope dikwels dié van die letterkundiges moet subsidieer. (Ja, ja, ek weet dis ‘n kontroversiële stelling – maar dis nie nou die punt nie! Ook nie die feit dat daar steeds deeglik Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 11/03/2011 in Boeke, Lees, Skrywers, Suid-Afrika

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , ,

Nora Roberts: The search

Sit bymekaar: ‘n Dwars, befoeterde, kreatiewe man met ‘n aweregse sin vir humor; ‘n sterk vrou wat diep moet delf in haar eie krag in ‘n skrikwekkende situasie; ‘n pragtige eiland waar almal mekaar ken; ‘n vierstuks briljante opgeleide snuffelhonde; een ooraktiewe, ongedissiplineerde jong labrador; ‘n reeksmoordenaar wie se laaste slagoffer weggekom het; sy opvolger wat net tot op ‘n punt sy instruksies volg. Voeg daarby ‘n volkome gebrek aan seksuele inhibisies of skuldgevoelens by die karakters, sterk gekruide taal; eksplisiete, maar wonderlik beskryfde seks op allerhande interessante plekke; kleurryke en geloofwaardige newekarakters; hoogsopgeleide, effektiewe polisiemanne en speurders – en sit dit in Nora Roberts se hande.
Wat kry jy (wat al begin wonder het wanneer die vrou dan uitgeskryf gaan raak)? Jy kry romantic suspense uit die boonste rakke, dis al wat ek gaan sê.
En nee, sy is nog nie uitgeskryf nie. Sy sukkel wel om haar hoofkarakters elke keer nuut en uniek te maak, soms voel ek sy druk die grense net ‘n ietsie te ver – maar op die ou end raak jy maar weer versot op die twee, hardegat en dwars en diep menslik soos hulle is.
As jy hou van liefde en van moord – go for it!

 
2 Kommentaar

Posted by op 25/01/2011 in Boeke, Lees, Liefdesverhale, Skrywers

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,