RSS

Isa Konrad se nuutste: Moord op Karibib

19 Mar

Moord op KaribibMoord vang haar vas in ’n web

Dit is Nuwejaar. Alet is besig om te vlug. Daar is niks om te vier nie. Al wat sy, blou oog en al, in die spieël aan haarself moet erken, is dat haar huwelik ’n hengse fout was. Alet stop op Karibib, ’n gehuggie in Namibië; oftewel moedverloor se vlakte, so lyk dit vir haar.

Hier word sy die ooggetuie van ’n motorongeluk en kort daarna sterf die man wat sy uit die wrak gehelp het. Die polisie besef dis moord. Nou sít Alet op Karibib en
sy word gekonfronteer met die spoor van droefheid en verwerping wat die vermoorde agtergelaat het: ’n Vrou wat haar toevlug tot drank neem, ’n minnares wat veel meer as ’n verhouding voor oë het, ’n kind wat deur sy pa ontken is …

In die Namibiese landskap word inspekteur Con Dorfling ook deel van Alet se lewe, die broeiende man met die min woorde en wonde van sy eie. Dit is hy wat haar gedagtes vol is toe sy in haar motor klim om die dorpie vir altyd agter te laat.

Isa Konrad se sagte hand speel met vroulike intuïsie, iets wat uiteindelik maak dat die moordenaars (natuurlik) aan die pen kan ry. Moord op Karibib is ’n klassieke whodunnit, so reg in die kraal van mense wat Agatha Christie se slim speletjies met leidrade geniet het.

* * *

Lesers se kommentaar oor Konrad se sielkundige riller, Die soenoffer

  • “Loshande een van die beste boeke wat ek nog gelees het.” (Chris Steneke op Goodreads)

Oor die skrywer

Isa Konrad het in Namibië grootgeword en verdeel haar tyd tussen Solothurn en Italië. Moord op Karibib is haar vierde spanningsroman. Die soenoffer was LAPA Uitgewers se Lekkerlitboek van die Jaar en ’n finalis in die ATKV-Woordveertjieprys vir Spanningslektuur. Konrad se eerste roman, Die ondenkbare, word vanjaar heruitgegee en gaan Desember op die rakke wees. Haar sielkundige riller, Die soenoffer (2011), is pas geherdruk en nou op die rakke. Sy is ook die skrywer van die roman, Diva (2013).

Moord op Karibib is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

Persvrystelling – LAPA

 

 

 

Advertisements
 
Lewer kommentaar

Posted by op 19/03/2017 in Boeke, Lees, Skrywers

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: