RSS

Tag Archives: Noorwee

2016 was ‘n riller … And so say all of us …

Want to inspireLyk my dit het mode geword om vir mekaar te vertel wat ‘n dolle jaar dit was.

Tot op ‘n punt het ek hartlik meegedoen.

Maar toe besef ek moet verder dink. Ja, daar was moeilike dinge. Maar daar was altyd ‘n MAAR.

  • 2016 het begin met my eerste ervaring van angs. Angs wat jou beheer laat verloor, angs wat jou laat glo jy is nou al jou varkies kwyt, wat jou keel laat toetrek en jou hart op loop laat sit en jou vir die toekoms laat vrees.

Maar dit het verby gegaan. (Met die regte pilletjie en heelwat vasbyt.)

  • Die Swart Hond was vanjaar nie net op my spoor nie; hy het kom intrek. Hoe beskryf mens die donkerte? Dag en nag? Come rain or shine? Die doelloosheid, die moegheid, die uitsigloosheid. Terwyl jy met jou verstand goed weet jy het tonne en tonne seëninge om voor dankbaar te wees? Maar dit help jou niks. Behalwe om jou ongelooflik skuldig te laat voel.

Read the rest of this entry »

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Seisoen van vervulling amper-amper op die rakke!

Seisoen van vervullingDie lang wagtyd (ongeveer ses maande sedert ek laas iets met die manuskrip te doen gehad het) is verby en die nuwe baba is (hopelik) op pad na boekwinkels en na lesers se boekrakke. En steeds is dit vir my ʼn ongelooflike gedagte dat daar werklik mense is wat eerstens my boeke koop en tweedens die tyd spandeer om dit te lees.

            ʼn Mens kan nie van ʼn ma verwag om een van haar kinders te kies nie, maar ek voel regtig teer oor hierdie enetjie. Die storie kom uit ʼn plekkie baie naby aan my hart. Om ʼn ervaring uit jou eie lewe te neem en jou karakters daarin te sit, kan baie terapeuties wees. Dit kan natuurlik ook op ʼn sentimentele en selfgerigte storie uitloop. Ek het ervaar Ben en Emily is as karakters sterk genoeg om die storie hulle eie te maak. Ek hoop en bid die lesers ervaar dit ook so.

            Dit lyk vir my meer en meer dis van kardinale belang dat ek as skrywer versot op die manlike hoofkarakter moet wees om die liefdesverhaal ordentlik te kan vertel. (Een van die riglyne vir die romanse sê dat die leser –en skrywer – met die vroulike hoofkarakter moet kan identifiseer en dat hulle saam met haar op die manlike hoofkarakter verlief moet raak.) Dit lyk vir my dis ook die kern van die liefdesroman, al strek dit wyer en dieper as Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , ,

Ek leef nog!

Ek is veilig en dankbaar terug van ‘n wonderlike tyd saam met my kinders in Noorweë. Ek hoop om die stilswye op die blog so gou as moontlik so deeglik as moontlik te verbreek. Sodra ek my fokus iewers gevind het … 🙂
Die foto toon maar een van die ongelooflike tonele waarvan ek nie kon genoeg kry nie. Henri was die knap fotograaf. Kliek op die beeld om te vergroot.

 
Lewer kommentaar

Posted by op 13/01/2012 in Foto's, Reis

 

Sleutelwoordw: , , ,

Die ondenkbare gebeur so af en toe

Ja, ek verwys na die titel van die fantastiese speurverhaal deur Isa Konrad (sien bespreking onder Boeke om te onthou), maar veral na die onlangse tragedie in Noorweë.
Die tragedie het my diep getref. Verrassend diep. En ek het begin wonder hoekom. Hier is ‘n paar redes.
Eerstens omdat my kind daar bly, al was hy ver van die gebeure. Dis verstommend hoe selfsugtig ‘n Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

‘n Glimlag vir die Vrydag …

Wat my eintlik vang van die foto is dat dit so baie lyk na een van daardie veilige, beeldskone plekke in Europa of Skandinawië waar ‘n mens in die woud kan gaan stap sonder ‘n redelike kans om iets erger oor te kom as om moeg te word … Jammer, dis van die punt af. Die grappie is die hondjie, hoor!

 
1 Kommentaar

Posted by op 04/03/2011 in Humor, Reis

 

Sleutelwoordw: , , ,

Blogfoto

Die foto is deur Ouboet geneem bokant die Oppdal-meer in Noorweë. Lieflike staproete, maar nie so mooi in Augustus soos in Junie/Julie wanneer daar nog baie sneeu is nie. Maar steeds ‘n treat met skoon en veilige roete, lieflike uitsig en stugge Noorweërs wat wonderlik vriendelik raak as hulle in die buitelug is.

 
Lewer kommentaar

Posted by op 14/11/2010 in Foto's

 

Sleutelwoordw: , , , , ,

Oos wes … ‘n paar hoekoms

Hoekom kan ‘n mens nie jou brood weerskante gebotter kry nie? Hoekom moet dit altyd of die een of die ander wees?

Hoekom kan ons nie die Boland se weer plus al die voordele  van ‘n ontwikkelde land he nie? Heerlike sonskyn plus trems en busse en treine wat stiptelik op die korrekte tydstip voor jou verskyn? Hoekom kan ons sonnige winterdae nie so lank soos die Noorde s’n wees en ons snikhete somerdae so kort soos hul winterdae nie? Hoekom kan die mense nie Afrikaans praat in ‘n land waar ek tienuur saans alleen kan rondloop en in die katedraaltuin (tussen die grafte!!) teen ‘n boomstam sit en dink nie? Hoekom gebruik die mense in ‘n land wat van hoek tot kant gevul is met bome, kameeld … dinges vir vuurmaak? (Ek weet hoekom – die hout is te swaar om op hul fietse saam te vat). En hoekom braai hul op daai pieperige vuurtjie (in ‘n weggooi-foeliebak met roostertjie bo-op) net pieperige worsies? (Ek weet hoekom – daar’s nie plek vir tjops nie).

Hoekom is hul petrol so duur as hul ganse see vol oliebronne is? Hoekom gaan dit so goed in ‘n land waar so min mense Christene is (of se hulle is)? Hoekom is hulle mans so onaantreklik en hul meisies so mooi? Hoekom is ek so jaloers op die oordaad van hul society of abundance? Hoekom voel ek so suinig en bekrompe as ek sien hoe volop die mooi goed in hul huise en tuine is?

En les bes: As alles daar so wonderlik is, hoekom het ek my morsdood huis toe verlang???


 
1 Kommentaar

Posted by op 24/08/2010 in Random gedagtes

 

Sleutelwoordw: , ,