RSS

Tag Archives: kortverhale

Kortverhaal: Helder Somerkersfees 1

Helder Somerkersfees 1Helder Somerkersfees se twee dele het as een lang verhaal in Huisgenoot van 23 Desember 2005 verskyn. Daar was regtig ‘n Sokkies en ‘n Laska in my lewe, maar die konneksie tussen die twee is denkbeeldig. 

Desember:

Daniël de Lange se oë is grys. En koud, soos sy stem. Heeltemal onvanpas in die blakende Kaapse somer. Digte donker hare met spatsels grys. Ou hemp vol verfkolle, verweerde beretjie skeef-skeef op die kop. Gesteld op sy beeld as kunstenaar, dis duidelik.

Oor sy skouer sien Esther ‘n esel met ‘n halfvoltooide vrouefiguur op die doek. Vaagweg bekend, maar bitter lelik. Lyk of die vrou pyn het. Die meeste hogere kuns lyk mos maar so of iemand iewers ‘n pyn het; sy is geen kenner nie. Wat vir haar mooi is, is Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal:  Kan jy  my skroewe vir my vasdraai?

Kan jy my skroewe vasdraaiKan jy my skroewe vasdraai? het in Huisgenoot van 10 Februarie 2005 verskyn. Op 4 Februarie het ek dit in die verbygaan by die hospitaal se snoepie gekoop na my ou moeder inderhaas daar opgeneem is. Ek kon dit nooit vir haar wys nie. 

“Kan jy my skroewe vir my vasdraai … kan jy my albasters vir my vind …”  sing Francois van Coke se opstandige rasperstem.  Ek sorg dat my kamerdeur bottoe is voor ek dit waag om f***fpolisiekar te speel.   Selfs hulle naam is verbode in hierdie ordentlike huis.  Maar hulle sê presies hoe ek voel:  deurmekaar, alleen, opstandig.  Simpel.

Ek is Mandi, ek is sestien en daar is ‘n skroef los in my lewe:  Ek gaan vanjaar weer eens nie ‘n enkele Valentynskaartjie kry nie.

My ma sien weer ander los skroewe.  Sy dink ek is siek.  Sy sê ek drink aanhoudend water en draf ‘n paadjie uit toilet toe.  Ek dink darem nie dis só erg nie.

Ek is ook moeg en humeurig en vet.  En dit ís so erg.

My ma besef natuurlik nie dis deesdae cool  om met jou eie tietiebottel met mineraalwater rond te loop en kort-kort ‘n slukkie te vat nie.  En baie drink lei tot baie piepie.  Logies.  Maar ma’s dink nie altyd Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Skelmspuiter

SkelmspuiterSkelmspuiter het in Huisgenoot van 26 Mei 2005 verskyn en is met baie trane en gesukkel na my ma se dood in Februarie voltooi. Destyds het ons natuurlik nog nie ‘n idee gehad van wat droogte in die Boland werklik is nie.

JANUARIE:

Die mooiste Kaap steier onder die kwaaiste droogte in jare. Onbetrokke bure leer mekaar  ken in sonverskroeide tuine, tuinslang of gieter in die hand.  Op donker kriekdeurdrenkte aande vry tieners lustig onder die voorwendsel van tuin natgooi.

In luukse wonings sukkel geuniformde huishulpe steunend met emmers uitspoelwater vir die madam  se tropiese tuin.  In minder luukse wonings loop menige huisvrou knaend met rugpyn van emmers water uit die stort aandra vir ‘n ou kleurtjie in die tuin.  In die handvaardiges se agterplase verrys wonderbaarlike kontrepsies om elke Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Nagmusiek

NagmusiekNagmusiek het in rooirose van Augustus 2005 verskyn en het uit ‘n spesifieke naweek aan die Weskus gespruit. Dit het ook later in ‘n bundel kortverhale verskyn. 

Die Swartland se bulte dein om my in ‘n duisend skakerings van bruin.  Tussen die laaste yl stoppels van die somer dans hittegolwe en stofduiwels en my eie ellende.

”Jy moet besluit , Engela!” het Tom vanmôre woedend uitgeroep, “My geduld is op!”  Op sy beste nie ‘n geduldige man nie, het hy vanoggend die einde van sy alte kort lont bereik.

Engela.  Ek is nie meer Tom se Engeltjie nie.

Ek swaai my plat, rooi karretjie se neus impulsief van die teerpad af na ‘n Weskusdorpie met ‘n poëtiese naam.  My rug is lam en my kop is seer; ek gaan nie my tuisdorp vanaand haal nie, te veel getalm en gemopper langs Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: ‘n Kwessie van balans

'n Kwessie van balans‘n Kwessie van balans het in Huisgenoot van 11 Augustus 2005 verskyn – in die dae toe ons nog radiowekkers voor ons beddens gehad het.

DIT MOET DIE RADIOWEKKER WEES.  Elke oggend knap na 03:00 knipoog hy.  Net één keer.  Maar dan’s ek wakker.  Helder wakker.  En hónger daarby.

Ag nee! Dis alweer sulke tyd … Die deur na droomland is gesluit

       Insomnia*

Tot my innige spyt het ek nie die geneigdheid om soos onse Koos liedjies of boeke te skryf as ek nie kan slaap nie.  Al wat ék doen, is stres en Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Nikotien en kafeien

Nikotien en kafeienNikotien en kafeien het in Huisgenoot van 8 September 2005 verskyn. Let op die verwysings na SMS’e in al die stories van die vroeë tweeduisends – en die stewige Nokias in al die illustrasies. 

“Juffrou Dreyer … Dorette … vind jy ooit dat jy te veel dinge tegelyk probeer doen?”

Ek skrik op uit my droomwêreld, waar ek verstanding en bedaard is en altyd die regte besluite neem.  Ons ganse personeel sit saamgekoek in die beknopte seminaarkamer vir ‘n kortkursus in kantoorbestuur, die baas se nuutste poging om ons produksie op te stoot.  Ons is tam, alreeds ver verby ons limiete gedruk.

Die fasiliteerder is darem iets om na te kyk.  En wéér te kyk.  Tall, dark and hands all over, soos ons as studente graag die ou sêdingetjie aangepas het.  Dis darem iets om Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Vry om te dans

Vry om te dansVry om te dans het in Huisgenoot van 8 Desember 2005 verskyn en is vir my ‘n baie spesiale storie. Ongelukkig is dit vyftien jaar later steeds relevant – en nog meer so in hierdie inperkingstyd. 

“Een, twee, drie … nege, tien … Down!“  kap die hande met die botteltjies lekkermaakgif ritmies op die afgeleefde kantoortafels met moeë tafelversierings, gehawende southappies en halfleë glase.  Dit was ‘n lang aand.

Net ‘n paar bittereinders hou nog by; ek is weer op pad om my reputasie as man onder die manne deeglik gestand te doen.  Ek gooi my blonde maanhaar agtertoe en keer die botteltjie met ekstra swier in my keelgat om.

En bederf alles deur soos ‘n beginner aan die stik te gaan.

My kollegas dink dis maar deel van my jaarlikse show.  Hulle lag hulle byna te pletter, joviale hande klap my tussen die blaaie, al wat leef en asemhaal het ‘n Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,