RSS

Tag Archives: aftrede

Net een kans – slot

ATT00342.jpgComien staan verstom en kyk hoe die motor die figuurtjie in die groen skoolrok rakelings mis en skuins-skuins teen die sypaadjie tot stilstand kom, net ‘n tree of wat van die lamppaal af.

“Mathildie!” Haar stem klap soos ‘n sweep in die stilte. Sy het haar altyd daarop geroem dat sy elke dogter in haar skool se naam ken. Met haar geheue is daar genadiglik toe niks verkeerd nie. Mathildie Hanekom, graad tien, enkelma wat te hard werk, onbetrokke pa, swak motivering, gebrekkige Read the rest of this entry »

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , , , ,

Net een kans – Deel 3

att00303“Jy’t my wragtig gepootjie!”

“Ek is vreeslik jammer.” Hy help haar verleë orent. “Ek wou jou net keer, nie laat val nie.”

Teen haar sin begin sy lag. “Ek neem aan jy wil verder preek?”

“Ja, maar dit sal beter wees oor ‘n koppie koffie.”

Sy kan sowaar nie met ‘n vreemde man by die huis aankom nie. “Jammer, my man slaap nog.”

“Ook afgetree?”

“Ja, meer as ‘n jaar al. En voor jy vra, hy vaar uitstekend. Geniet klaarblyklik elke Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , ,

Net een kans – Deel 1

att00324Dié storie is vir ons grootste gesinstydskrif geskryf toe hulle kort vervolgverhale van ‘n sekere lengte geplaas het. En toe verander hulle beleid net toe dit klaar is. Hier is hy dus vir jou, gratis en verniet. 

Natuurlik is Comien op die kop vyfuur so wakker soos die spreekwoordelike haas. ‘n Goeie veertig jaar se gewoonte word nie sommer so verbreek nie. Sy beplan in elk geval nie om dit ooit te breek nie. Van jongs af het die oggendstond vir haar goud in die mond gehad, sy was nooit van die saans-gousblom-soggens-molshoop Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , ,