RSS

Goue Dagbreek – Bets Smith

31 Mar

Goue dagbreekFacebook-mater Petro Greeff het die volgende oor hierdie lekker boek geskryf:
Bets Smith se boek Goue Dagbreek het my van die eerste woord af geboei en toe ek klaar gelees het, moes ek afskeid neem van mense wat ‘n paar dae saam met my asemgehaal en diep in my hart gekruip het. Goue Dagbreek volg op Onder ‘n Sterrehemel en vertel die verhaal van Catriona Fraser wat as spioen tydens die Boereoorlog opgetree het terwyl sy as verpleegster gewerk het.

Oorlog was nog nooit ‘n wen-wen situasie nie, die verlies aan lewens is net te groot daarvoor. Ek het saam met Rudolf, die held van die verhaal, pyn ervaar, die wind wat oor die vlaktes gewaai het het ook deur my hart geruk en pluk, die ontploffing by die trein met ammunisie het my koud laat word asof ek saam met die soldate daar was.
Maar die hoofkarakter Catriona Fraser het ten spyte van ‘n brose voorkoms, ‘n hart van goud gehad sowel as ‘n deursettingsvermoê wat my elke keer verstom het. Ek was telkens in die benoudheid saam met Catriona in haar situasie omdat ek as vrou weet wat die liefde beteken. Haar lewe was amper verskeur deur die mans in haar lewe wat verkeerd opgetree het, haar liefde vir Rudolf Dreyer en haar ontnugtering wat haar pa veroorsaak het, het van haar ‘n pion gemaak. Gelukkig het sy nie ‘n pion gebly nie en het ‘n sterk vrou in eie reg geword. Sy het haar eie besluite geneem en gewaag, ten spyte van gevare wat sy moes trotseer.
Sal ons oorlog eendag verstaan? Nee, ek dink nie so nie. Oorlog tussen lande het net verliese tot gevolg maar oorlog in die hart tussen mense het meestal ‘n wins as dit reg uitwerk. In alle soorte oorloë, of dit nou tusen lande of landsburger is, is daar die lojales, die verraaiers en ook die wat net vir eie gewin optree. Die oorlog van die hart is meestal suiwer om die ander persoon se hart te wen. Maar ai, is ons harte nie maar ook soms ‘n verraaier nie? Dit smokkel met ons gevoelens, laat ons weerloos en tap elke greintjie energie.
Bets Smith het dit reggekry om die oorlog tussen lande fyn te beskryf met soveel besonderhede en gelyklopend daarmee die hartsoorlog van Catriona Fraser en Rudolf Dreyer. Dit was sowaar ‘n boek wat ek moeilik neergesit het en sal nog lank ‘n paadjie saam met hulle in my gedagtes loop.

 

Etikette: , , , , , , ,

5 responses to “Goue Dagbreek – Bets Smith

  1. Toortsie

    01/04/2015 at 09:38

    Dankie! Ek gaan nou dadelik beide hierdie boeke soek by Kalahari.

     
  2. pienkpantoffels

    01/04/2015 at 10:16

    Sal beslis die boeke gaan soek. Lekker gelees, dankie

     
  3. Alta Cloete

    13/04/2015 at 13:32

    Groot plesier!

     
  4. Bets Smith

    14/04/2015 at 16:46

    Ai dankie Alta. Jy is die beste advertensie ooit. Ek waardeer dit vreeslik dat jy Petro Greeff se baie positiewe resensie hier geplaas het. As jy weer met haar Fb, se asseblief vir haar ek waardeer haar gawe woorde. Rudolf en Catriona ook🙂 .

     
    • Alta Cloete

      14/04/2015 at 21:34

      Groot plesier, Bets!

       

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: