RSS

100 dae van inperking: Jada

09 Sep

skool

  • Ouderdom: 38
  • Beroep: Administrateur
  • Huwelikstatus: Getroud
  • Waar woon jy? Kimberley
  • Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Saam my man en twee kinders
  • In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Nee wat ek sou glad nie sê dit was of is uniek nie en nie uitdagend nie. Saam my man en kinders is ek op my gelukkigste. Was sleg toe my man moes terug gaan werk toe, maar ek is dankbaar dat ek steeds by huis kan werk.

  • Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? Ek dink nie dit het inggesink nie. Ons was besig met vakansie reelings eerste keer in 4 jaar so ons was baie opgewonde.
  • Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is? Baie geskok en toe baie bang nie geweet wat om te verwag nie.
  • Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? Ons moes onmiddelik terug ry van die see af. Toe het ons groceries gaan koop en als gekry wat ons nodig sou kry ons wou nie die 3 weke enigsins dorp toe nie.
  • Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander? Dit was nie vir my erg nie ons as gesin het dit gesien as vakansie. Behalwe dat ons nie ons familie kon sien nie.
  • Wat was die moeilikste tydens vlak 5? My ma en sussie bly letterlik loopafstand van my af en ek kon nie na hulle gaan nie.
  • Wat is vir jou positief tydens vlak 5? Die ongelooflike kwaliteit tyd wat ons gesin kon spandeer. Geen haas want more is skool of werk. Niemand gaan jou pla nie.
  • Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was? Sonder enige probleme….ons is ‘n baie hegte gesin
  • Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? Dit was lekker ekstra “verlof” maar dit het ook gekom met ‘n salaris vermindering wat so bietjie bekommernis saam gebring het.
  • Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? My geliefdes.
  • Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? My man is terug werk toe.
  • Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4? Niks besonders nie
  • Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4? Darem nie kwaad geraak oor enige iets nie
  • Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het? Ons het gaan stap ek en my sussie.
  • Het jy tydens vlak 5 geoefen? Ek wil jok en sê ja ha ha ha maar nee….
  • Hoe het jy dit gedoen?
  • Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar? Nie gebruik gemaak daarvan nie.
  • Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak? Dit het my steeds nie regtig geraak nie ek werk steeds by die huis.
  • Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek? Die effens meer vryheid.
  • Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek? Nie kwaad geraak nie
  • Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel? Geen probleem. Raak maar bekommerd oor die styging van positiewe getalle, maar ek glo heeltemal dat God ons sal deurdra en selfs hierdie hoofstuk is lankal reeds geskryf in my lewensverhaal.
  • Is jy finansieel erg geraak? Ons het  20% minder salaris gekry, maar ons werk het baie gehelp op maniere dat dit ons die te erg benadeel het nie.
  • Wat is nou vir jou die moeilikste? Nou is ek vreeslik gewoond aan ‘n by die huis mamma en vrou te wees. Sal baie moeilik wees om terug te gaan werk toe.
  • Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is?  Ek weet ek klink seker soos plaat was vassit maar vir my is die tyd saam my gesin ‘n groot pluspunt
  • Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA? Ja
  • Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19? Lees elke dag news 24
  • Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel? Ek lees net die syfers of kyk as daar iets oor die skole is
  • Bly jy op hoogte van die oorsese situasie? Kyk ook net die syfers
  • Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel? Nee wat
  • Hoekom?
  • Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA  jou? Dis kommerwekkend
  • Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin? Ons het dadelik terug gekom van vakansie dink ek sou nog 2 dae gebly het.
  • Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin? Al die lekker dinge wat ons gedoen het. Selfs die bietjie verf en dinge wat ons by huis aangepak het
  • Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het? Nee darem nog nie.
  • Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf? Nee gelukkig nie
 
Lewer kommentaar

Posted by op 09/09/2020 in Covid-19, Suid-Afrika

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: