RSS

Tag Archives: Feestyd

Feestyd – gevaartyd!

kersfees-saHierdie tyd van die jaar is alles erger. As jy bly is, is jy baie bly. (Of jy voel jy behoort eintlik BAIE bly te wees.) As jy hartseer is, is jy baie hartseer. Dinge is geneig om in uiterstes te gebeur en emosies geneig om intens te wees.
Verliese wat mens hierdie tyd van die jaar tref, voel ook erger as gedurende die jaar. Want jy weet vir die res van jou lewe gaan die feestyd vir jou met daardie verlies geassosieer wees. (‘n Sinvolle stukkie raad wat ek iewers gelees het, sê mens moet liewer die rituele van Kersfees, ens. probeer verander wanneer jy dit die eerste keer sonder ‘n spesifieke geliefde vier. Dan sit jy ten minste nie aan daardie selfde tafel met al dieselfde trimmings en ‘n leë stoel nie. Probeer skep liewer ‘n nuwe gewoonte. Wat nie beteken dat jy ooit gaan vergeet nie.)
Vir depressievegters is dit ‘n gevaartyd. (Soos die lente vir sommiges.) Ons is mos hoeka goed met uiterste emosies, nie juis mense wat neutraal staan teenoor dinge nie, ook nie dinge louwarm ervaar nie. 
Na my mening lê die grootste gevaar van die feestyd in die ou kwessie van onrealistiese verwagtinge. Die hele wêreld is (oënskynlik) so gelukkig … almal gaan see toe, of familie toe, hou partytjies, kry presente, eet oordadige maaltye … Nou hoekom voel ek dan nie so gelukkig soos die res van die wêreld nie? Ek gaan tog ook see toe en my matriekkind het deurgekom en niemand in die familie is dood nie … maar steeds kry ek dit nie reg om so stralend gelukkig te voel nie.
Ek probeer deesdae hard veg teen daardie begeerte om ALLES so VREESLIK WONDERLIK te wil hê. Want die lewe gee ons op sy beste hier en daar ‘n perfekte OOMBLIK. Die res van die tyd moet ons maar tevrede wees met effens (of heelwat!) minder as die volmaakte. Dit voel vir my ‘n mens moet bly wees oor die lekker en maar probeer om die minder lekker te aanvaar. Dan is jy nie so geskok as die familie nie almal in ekstase oor hul geskenke is nie, of as dit reën by die see of as die matrikulant ‘n ietwat uitrafel nie. En dan mors ‘n mens nie soveel energie met selfbejammering en wroeginge nie.
Nee, ek bepleit nie ‘n kleurlose lewe van vaal emosies en geen plesier nie. En ek bepleit definitief nie negatiwiteit nie. Ek dink net ‘n mens moet versigtig wees om intense emosies by jouself aan te blaas in hierdie tyd. En die vreeslike verwagtinge so ‘n klein bietjie probeer afskaal.
Dan is dit hopelik makliker om bloot dankbaar te wees vir wat jy het – en nie heeltemal in sak en as te sit oor al die ellende wat steeds in hierdie tyd in die wêreld is nie.

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , , ,

Dagboek van ‘n depressievegter: As die Feestyd nie vir jou is nie

Kersvader versoekJa, Kersfees het gekom en gegaan. Daar was presente, maar nie almal ewe geslaagd nie. Sommige alreeds vergete of gebreek of dadelik opgeëet (net om later spyt te wees), ander onmiddellik eenkant gesit om nie weer uit te haal nie. Hopelik is daar een of twee wat in die kol was en vir altyd gekoester gaan word.

Die familiekuier het dalk goed begin, maar nou is die samesyn nie meer deurgaans so vreeslik innig nie. Ouma praat steeds aanhoudend oor dieselfde goed, die tieners vry in die duine, die kleuters mors die hele wêreld vol sand en die ma in die huis werk harder as ooit. En natuurlik voel sy niemand sien dit raak nie. (Heel moontlik is sy reg.)

Ons is klaar Kersliedere gesing en Liefde en Vrede kom nie meer heeltemal so maklik nie. Want ons beleef ‘n hittegolf en die blote gedagte aan die Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , ,

Kersverhaal deur ‘n meester

De VriesWanneer gee kom uit gebrek en nie uit Mammon se oorvloed deur Abraham H. de Vries het in Die Burger verskyn:

Amice,
Ons het saamgestem: soos die kasregisters nou rinkel, gedenk Kersfees elke jaar meer en meer die geboorte van Mammon. Die handelaars is teruggenooi in die Tempel.

Kersfees het die jaargety geword van goeterse, soos jou ouma altyd als genoem het waarvoor sy nie gou genoeg die regte woord kon kry nie.
Speelgoed, eetgoed, lapgoed, soetgoed, drinkgoed, leesgoed.

Blinkgoed en raasgoed. Weggeegoed en weggooigoed. Moeë wense, verslete taal.

Ons beste bedoelings het ’n afdraaipad gevat en in ’n droë leegte beland; tussen die duurste goeterse het twee oortjies iewers Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , ,

Dagboek van ‘n depressievegter: ‘n Gevaarlike tyd!

Hierdie tyd van die jaar is alles erger. As jy bly is, is jy baie bly. (Of jy voel jy behoort eintlik BAIE bly te wees.) As jy hartseer is, is jy baie hartseer. Dinge is geneig om in uiterstes te gebeur en emosies geneig om intens te wees.
Vir depressievegters is dit ‘n gevaartyd. (Soos die lente vir sommiges.) Ons is mos hoeka goed met uiterste emosies, nie juis mense wat neutraal staan teenoor dinge nie, ook nie dinge louwarm ervaar nie.
Na my mening lê die grootste gevaar van die Read the rest of this entry »

 
 

Sleutelwoordw: , , , , ,

Leef gesond in die feestyd!

Vraag- en antwoordsessie met ‘n wyse Oosterse medikus (En nee, ek weet nie hoekom juis hy gekies is nie. Soos ek nie weet wie die onderhoud gedoen het nie.)

Q: Doctor, I’ve heard that cardiovascular exercise can prolong Read the rest of this entry »

 
1 Kommentaar

Posted by op 02/12/2011 in Gesondheid, Humor

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,