RSS

Tag Archives: Huisgenoot

Kortverhaal: Die krag van die Eva

Die krag van die EvaDie krag van die Eva was my eerste gepubliseerde storie na ek voltyds begin skryf het en het in Huisgenoot van 5 Augustus 2004 verskyn. 

”Toemaar my pop, moenie jou mooi koppie daaroor breek nie.  Ek sal sorg.”  My man vou sy bene rustig oormekaar, en bekyk die punt van sy Grasshopper met aandag.  Die skoene van ‘n man wat nie maklik byt aan verandering nie.  Selfgenoegsaam, so lyk dit vir my.

Op my beurt bekyk ek my bruidegom van twintig jaar gelede.  Daar het min van hom oorgebly.  Soos met die hare.  Of liewer, daar het heelwat bygekom.  Soos met die maag.

Daai tyd het ek gedink hy is ‘n ware man wat sy man kan staan, met ‘n oog wat nie wyk en ‘n bars kan kyk (my opregte apologie aan … Wie was dit?  AG Visser?).  Vyftien jaar ouer as ek, waardig en sterk.   Vandag weet ek hy is ‘n manlike chauvinistiese Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Die skarlakenvrou is eintlik groen

Die skarlakenvrou is eintlik groenDie skarlakenvrou is eintlik groen was my tweede storie wat gepubliseer is na ek die sprong uit ‘n vaste werk gemaak het. Bertha en Carel se storie het in Huisgenoot van 23 September verskyn. Dit was die dae toe ons nog SMS’e gestuur en saans bankvas voor Egoli gesit het en ek gedroom het oor gaan help met oliebesmeerde pikkewyne (waarby ek toe nooit uitgekom het nie).

Maandag:

Ek is die skarlakenvrou; die een wat gesinne opbreek en kindertjies se lewens verwoes.  Darem net een gesin tot dusver, en die kindertjies is altwee al mondig.  En heeltemal per ongeluk; ek het dit eerlikwaar nie bedoel nie.  Nie dat dit my eintlik maak beter voel nie.  Ek is grootgemaak om die vrou van Spreuke 31 te wees, nie die Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Helder Somerkersfees 2

Helder Somerkersfees 2Desember, ‘n jaar later:

Esther Lategan se oë is blou. En koud, soos haar stem. Heeltemal onvanpas in die blakende Kaapse somer. Blonde boskaas met ‘n bont serp weggebind. Fyn sweetlagie op die voorkop. Kortbroek, kaalvoet, uitspattige bont hemp. Bordevol versnaperinge staan elke moontlike oppervlak vol. Daniël se fyn oog sien elke keer raak hoe mooi haar kosse is.  Lekker ook, want die mense staan volgens Mandy tou vir haar dienste.

En dan natuurlik die ellendige skildery, fokuspunt van die vertrek. Kind in die son. Mandy op so nege of tien. Laggend in die son, die donker hare warrelend om haar skouers. Maar nou lag sy vír hom, die skepper wat nie meer kan skep nie.

Die Kersatmosfeer hang Esther woonvertrek, identies aan sy eie, vol. Hy herken grepies uit Koos du Plessis se Somerkersfees … Gee ons ‘n helder Somerkersfees … In hierdie land, o Heer. …Dis nie die leë lawaaierige atmosfeer van die winkels nie. Dis iets Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Helder Somerkersfees 1

Helder Somerkersfees 1Helder Somerkersfees se twee dele het as een lang verhaal in Huisgenoot van 23 Desember 2005 verskyn. Daar was regtig ‘n Sokkies en ‘n Laska in my lewe, maar die konneksie tussen die twee is denkbeeldig. 

Desember:

Daniël de Lange se oë is grys. En koud, soos sy stem. Heeltemal onvanpas in die blakende Kaapse somer. Digte donker hare met spatsels grys. Ou hemp vol verfkolle, verweerde beretjie skeef-skeef op die kop. Gesteld op sy beeld as kunstenaar, dis duidelik.

Oor sy skouer sien Esther ‘n esel met ‘n halfvoltooide vrouefiguur op die doek. Vaagweg bekend, maar bitter lelik. Lyk of die vrou pyn het. Die meeste hogere kuns lyk mos maar so of iemand iewers ‘n pyn het; sy is geen kenner nie. Wat vir haar mooi is, is Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal:  Kan jy  my skroewe vir my vasdraai?

Kan jy my skroewe vasdraaiKan jy my skroewe vasdraai? het in Huisgenoot van 10 Februarie 2005 verskyn. Op 4 Februarie het ek dit in die verbygaan by die hospitaal se snoepie gekoop na my ou moeder inderhaas daar opgeneem is. Ek kon dit nooit vir haar wys nie. 

“Kan jy my skroewe vir my vasdraai … kan jy my albasters vir my vind …”  sing Francois van Coke se opstandige rasperstem.  Ek sorg dat my kamerdeur bottoe is voor ek dit waag om f***fpolisiekar te speel.   Selfs hulle naam is verbode in hierdie ordentlike huis.  Maar hulle sê presies hoe ek voel:  deurmekaar, alleen, opstandig.  Simpel.

Ek is Mandi, ek is sestien en daar is ‘n skroef los in my lewe:  Ek gaan vanjaar weer eens nie ‘n enkele Valentynskaartjie kry nie.

My ma sien weer ander los skroewe.  Sy dink ek is siek.  Sy sê ek drink aanhoudend water en draf ‘n paadjie uit toilet toe.  Ek dink darem nie dis só erg nie.

Ek is ook moeg en humeurig en vet.  En dit ís so erg.

My ma besef natuurlik nie dis deesdae cool  om met jou eie tietiebottel met mineraalwater rond te loop en kort-kort ‘n slukkie te vat nie.  En baie drink lei tot baie piepie.  Logies.  Maar ma’s dink nie altyd Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Skelmspuiter

SkelmspuiterSkelmspuiter het in Huisgenoot van 26 Mei 2005 verskyn en is met baie trane en gesukkel na my ma se dood in Februarie voltooi. Destyds het ons natuurlik nog nie ‘n idee gehad van wat droogte in die Boland werklik is nie.

JANUARIE:

Die mooiste Kaap steier onder die kwaaiste droogte in jare. Onbetrokke bure leer mekaar  ken in sonverskroeide tuine, tuinslang of gieter in die hand.  Op donker kriekdeurdrenkte aande vry tieners lustig onder die voorwendsel van tuin natgooi.

In luukse wonings sukkel geuniformde huishulpe steunend met emmers uitspoelwater vir die madam  se tropiese tuin.  In minder luukse wonings loop menige huisvrou knaend met rugpyn van emmers water uit die stort aandra vir ‘n ou kleurtjie in die tuin.  In die handvaardiges se agterplase verrys wonderbaarlike kontrepsies om elke Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: ‘n Kwessie van balans

'n Kwessie van balans‘n Kwessie van balans het in Huisgenoot van 11 Augustus 2005 verskyn – in die dae toe ons nog radiowekkers voor ons beddens gehad het.

DIT MOET DIE RADIOWEKKER WEES.  Elke oggend knap na 03:00 knipoog hy.  Net één keer.  Maar dan’s ek wakker.  Helder wakker.  En hónger daarby.

Ag nee! Dis alweer sulke tyd … Die deur na droomland is gesluit

       Insomnia*

Tot my innige spyt het ek nie die geneigdheid om soos onse Koos liedjies of boeke te skryf as ek nie kan slaap nie.  Al wat ék doen, is stres en Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Nikotien en kafeien

Nikotien en kafeienNikotien en kafeien het in Huisgenoot van 8 September 2005 verskyn. Let op die verwysings na SMS’e in al die stories van die vroeë tweeduisends – en die stewige Nokias in al die illustrasies. 

“Juffrou Dreyer … Dorette … vind jy ooit dat jy te veel dinge tegelyk probeer doen?”

Ek skrik op uit my droomwêreld, waar ek verstanding en bedaard is en altyd die regte besluite neem.  Ons ganse personeel sit saamgekoek in die beknopte seminaarkamer vir ‘n kortkursus in kantoorbestuur, die baas se nuutste poging om ons produksie op te stoot.  Ons is tam, alreeds ver verby ons limiete gedruk.

Die fasiliteerder is darem iets om na te kyk.  En wéér te kyk.  Tall, dark and hands all over, soos ons as studente graag die ou sêdingetjie aangepas het.  Dis darem iets om Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Vry om te dans

Vry om te dansVry om te dans het in Huisgenoot van 8 Desember 2005 verskyn en is vir my ‘n baie spesiale storie. Ongelukkig is dit vyftien jaar later steeds relevant – en nog meer so in hierdie inperkingstyd. 

“Een, twee, drie … nege, tien … Down!“  kap die hande met die botteltjies lekkermaakgif ritmies op die afgeleefde kantoortafels met moeë tafelversierings, gehawende southappies en halfleë glase.  Dit was ‘n lang aand.

Net ‘n paar bittereinders hou nog by; ek is weer op pad om my reputasie as man onder die manne deeglik gestand te doen.  Ek gooi my blonde maanhaar agtertoe en keer die botteltjie met ekstra swier in my keelgat om.

En bederf alles deur soos ‘n beginner aan die stik te gaan.

My kollegas dink dis maar deel van my jaarlikse show.  Hulle lag hulle byna te pletter, joviale hande klap my tussen die blaaie, al wat leef en asemhaal het ‘n Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Die fluitjieblaser

Die fluitjieblaserDie fluitjieblaser het in Huisgenoot van 16 Februarie 2006 verskyn en is gedeeltelik uitgedink op die bankie bokant Gouritsriviermond se baai waar die heldin in die storie ook lê en droom.

Die dreun van die see het in my harsings kom sit; na ‘n week in die son en wind is daar nie meer veel plek vir nare gedagtes nie.  Maande lank stook ek nou al my kop met gif uit my verbitterde hart.  Maar die klont in my binneste is besig om stadig maar seker te smelt soos die taai van die draairoomys wat oor my ken en hande drup.

Ver onder my haal die see diep en rustig asem.  Ek kyk af op die baai, die riviermonding, enkele ver figure op die strand.  Ek roer my tone in die son en glimlag by myself.  Veertien Februarie het gekom en weer gegaan, soos herdenkings se manier maar is.  En ek is nog hier op moeder aarde, in een stuk en weer lus vir die lewe; voorwaar Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Die sonde van versuim

Die sonde van versuimDie sonde van versuim het in Huisgenoot van 23 Februarie 2006 verskyn en hou vir my plesierige herinneringe in. Die titel was Manlief se blink idee. 

‘n Rot word glo maklik so groot soos ‘n jong kat.  Ek het al gelees hoe rotte in die Middeleeue selfs ‘n baba in sy wiegie sou aanval.  Ek hoop en bid maar die hedendaagse Suid-Afrikaanse rotte is nie heeltemal so oorgewig en onmanierlik nie.  Of so honger nie.

Dis pikdonker.  Stikdonker.  Nagdonker.  Die sekelmaantjie is ‘n verlore strepie lig in die wye nag; die sterre beur verniet teen die oorweldigende donkerte.  Ek het nie ‘n idee waar om te trap nie; ek is gewoond aan teerstrate en beskaafde sypaadjies, nie ongelyke plaaswerwe vol slagysters van allerlei aard nie.

Langs my stap Lukas met vaste tred oor sy geboortegrond, geweerband gemaklik oor die skouer gehaak, hande selftevrede in die sakke.  Baas van sy plaas.  Hy praat eenstryk deur.  Oor alles onder die son, behalwe oor Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Vuur vir die fynbos

Vuur vir die fynbos

Vuur vir die fynbos het in Huisgenoot van 30 Maart 2006 verskyn en het ontstaan uit ‘n werklike avontuurjie met ‘n vriendin en ‘n skilpadjie tydens ‘n brand naby Stanford. Die veldblommetuin wat ek in my gedagtes gesien het, is die Harold Porter by Bettiesbaai (wat een van die plekke is waarna ek nou met ‘n seer hart smag).

“Is jy mal, vroumens? Gee die ding hier en maak dat julle uitkom!” Die man se stem kom rou onder die baadjie om sy kop uit, die donker figuur toring oor my waar ek half gebukkend in die middel van die pad gevries staan van pure skrik. Digte rook hang soos ‘n grys tronkkombers om ons; heuphoogte vlamme knetter ongemaklik naby. ‘n Groot roetbesmeerde hand gryp die spartelende skilpadjie summier uit myne. Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , , ,

Kortverhaal: Koms van die Paashaas

Koms van die PaashaasKoms van die Paashaas het in Huisgenoot van 13 April 2006 verskyn. Op die voorblad was Chris en Louwna van Egoli – onthou jy? 🙂 Daar is ‘n paar elemente van my lewe en die buurt waar ons steeds woon in die storie, maar die meeste is fiksie. Daar was wel hasies (eintlik konyne) in ons lewe.

“Kietsie-kietsie-kietsie!”

Geen reaksie.

Ek voel by die minuut meer belaglik, al kan g’n mens hier ‘n oog lê op my nie.  Drie grys Vibracrete-mure en een verwilderde heining vorm my enigste skanse teen die aanslae van die buitewêreld.

Ek sit stywerig terug op my hakke.  My hare klou klam aan my voorkop.  Lanklaas geknip; onversorg.   Regte ou heks vir die buurt se kinders.  Ja, hulle is deesdae Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Krag vir stem

Krag vir stemKrag vir stem het in Huisgenoot van 18 Mei 2006 verskyn en kombineer destyds se kragonderbrekings (toe nog ‘n nuutjie) en onse Ouboet wat by ‘n verkiesingslokaal die ou was wat die ID’s moes kyk en die stil tye met sy kitaar omgekry het. 

“#*#*!” SWETS MY VOORBEELDIGE MA saggies onder haar asem, net hard genoeg dat ek wel deeglik moet hoor.  Ek het wraggies weer my skoolskoene in die middel van die kamer gelos.  En my tas.  En my tekkies.

Resep vir moeilikheid.  En hier kom dit ook:  “Ek is siek en sat om soggens in die donker oor jou goed te val!  Ek weet nie hoekom doen ek nog die moeite om vir jou koffie aan te dra nie!”

En na ‘n oomblik met ‘n effense smile in haar stem:  “Of koeldrank!”  Dankie tog, haar humorsin is op sy pos; vele onstuimighede in hierdie huis is al ontlont deur ons Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Op soek na goud

Op soek na goudOp soek na goud het in Huisgenoot van 27 Julie 2006 onder die naam Martjie Pieterse verskyn. OP daardie stadium het ek so woes kortverhale geskryf dat ‘n afwisseling in name nodig was. Agterna besef ek eers wat ‘n lekker tyd dit was. Alles was nog nuut en vars en elke storie wat aanvaar word, ‘n groot heerlikheid. Later het daar veel meer druk en verwagtinge bygekom. 

“OU SIEGIE, LAAT JOU TANTE Saar nou vir jou mooi vertel – jy het ‘n juweel deur jou vingers laat glip!  ‘n Juweel, seg ek jou, ‘n juwéél.”  Tant Saar se ogies trek eintlik so nou van erns, die swart hoedjie knik bevestigend op en af, op en af.

“Ek soek nie ‘n juweel nie, tante, ek soek suiwer goud,” kap ek speels terug  terwyl ek ongemerk my knellende Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Ek voel stout

Ek voel stoutEk voel stout het in Huisgenoot van 2 November 2006 verskyn. Kyk net daardie selfoon op die illustrasie!

“EK VOEL STOUT – IS JY lus vir speel?”

Koue sweet slaan op my lyf uit; ek voel hoe gloed op gloed in my nek opstoot.  Vervaard maak ek die boodskap toe en plak die foon eenkant neer asof hy die bose vanself is.

Terwyl my hartklop stadigaan weer stabiliseer, begin roer my humorsin versigtig in sy hoekie.  My mondhoeke pluk-pluk; toe ek my kom kry, lag ek kliphard, iets wat ek nie dikwels doen nie.   Ek wíl mos stuitig wees, krap waar dit nie jeuk nie, dan moet ek seker bereid wees om te vat Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Die laaste sê

Die laaste sêDie laaste sê het in Huisgenoot van 7 Desember 2006 verskyn en het sy ontstaan gehad by werklike bydraes wat ek met vakansie op Gouritsriviermond oor Niekie van den Berg se Sê Wie gehoor het. Die res van die gegewens kom natuurlik uit Manlief se observasieproewe by sy skapies en Jongste se vakansiewerk van porieë in volstruiseiers tel. 

“’n Vrou is nie in staat om sáám met ‘n man besluite te neem nie; ‘n vrou moet altyd òf die laaste sê hê òf die onderspit delf.”

Karla kan haar ore nie glo nie.  Kan dit waar wees dat daar in hierdie tyd en dae nog ‘n vrou kan wees wat sulke snert landwyd – nee, wêreldwyd – oor die radio wil verkondig?  En sy klink nie eens so danig oud nie, nie dat dit ‘n verskoning sou wees nie.  Karla ken bejaarde vrouens wat hul tyd ver vooruit was in hul jongdae, ook wat vroueregte Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , ,

Kortverhaal: Tyd van goeie dinge

Tyd van goeie dinge het in Huisgenoot van 14 Desember 2006 verskyn en het ontstaan a.g.v. Tyd van goeie dingedie insident toe my handsak regtig in ons splinternuwe mall gesteel is. Die res is uit my duim gesuig. Behalwe die heel laaste dingetjie – dié het ook iewers eendag met iemand gebeur.

“Help!  My handsak!  My handsak is weg!”  Wat ‘n nagmerrie; asseblief, asseblief laat dit nie waar wees nie!  Lisensie, ID-boekie, bankkaarte, biblioteekkaartjies, lipstif, naelvyl … haar hele sukkelende ou lewetjie is saamgebondel in daardie gehawende ou leerhandsakkie.

En kontant; omtrent al die geld wat sy besit.  Die geld waarmee sy vir haar en haar kind die vrede en blydskap van die Kersgety wou koop.

Hermien kyk verslae op en af in die winkelgang; dis net mense, mense, mense sover die oog kan sien.  Haastige mense, gespanne mense, bekommerde mense, moeë mense … en niemand is enigsins geïnteresseerd Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , ,

Kortverhaal: Doen dit oor

Doen dit oorDoen dit oor het in Huisgenoot van 1 Maart 2007 verskyn en vertel ietsie van die vreugde wat ons kon ervaar om te sien hoe ons hakkelende ouboet deur die kursus by die McGuire Programme https://www.mcguireprogramme.com/en ‘n nuwe mens word – ‘n mens wat nie terugstaan vir uitdagings nie en wat ten volle tot sy reg kom. 

JA, DIS DIESELFDE ONTVANGSDAME; hy het maar gehoop dis nie twee persone wat die pos deel nie.  ‘n Formidabele tante van onsekere ouderdom; ‘n gesagsfiguur, kon netsowel ‘n skoolhoof gewees het.  Sy onthou hom baie beslis van gister se besoek.  En sy was baie beslis nie beïndruk toe hy vanoggend bel en aandring op ‘n afspraak met presies dieselfde Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Sommer is ʼn rede

Sommer is 'n redeSommer is ‘n rede het in Huisgenoot van 5 April 2007 verskyn.

Aileen skiet haar handsak met ‘n geoefende beweging in die rigting van die bank.  Sy sug behaaglik; heel eerste uit met die skoene.  Op pad kamer toe blaai sy onbelangstellend deur haar paar stukkies pos.   In haar agterkop weet sy dis onverstandig om nie onmiddellik die voordeur agter haar toe te maak – en te sluit – nie, maar sy doen dit nie.  Sy was vervlaks die ganse nag verantwoordelik en effektief; ‘n mens moet darem êrens ‘n bietjie kan laat slaplê ook!

Niks opwindends kom deesdae meer met slakkepos by ‘n mens aan nie.  Dis maar net die gewone paar rekeninge en natuurlik pakke en pakke advertensies.  Oral pronk die Paashaas, verspot met sy nuuskierige neus en oorgroeide Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Hemel op aarde

Hemel op aardeHemel op aarde het in Huisgenoot van 3 Mei 2007 verskyn en uit die kombinasie van ons ouboet se operasie en iemand anders se ondervinding met kragonderbrekings ontstaan. O ja, en die gryskopoom het by Ouboet in die saal gelê. En ja, die insident teen die einde het ook werklik gebeur. 

“EK GLO DIT NIE!  JULLE lieg vir my!”  Toe sien ek haar, en my kwaai stem raak tjoepstil in my ribbekas.

Dit moet ‘n engel wees, so pragtig in wit, met die blouste blou oë.  Maar engele se gesigte is seker nie veronderstel om so te swem voor ‘n mens se oë nie.  En hulle is sekerlik nie veronderstel om te loop en leuens verkoop nie.  Of met manstemme te praat nie.

Wat van Gabriël?  Gabriël was ‘n Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , ,

Kortverhaal: Geseënde sameswering

Geseende samesweringGeseënde sameswering het in Huisgenoot van 13 September 2007 verskyn en het uit ‘n besoek aan die Lord Milner op Matjiesfontein ontstaan. Toe ons verlede jaar weer daar was, was die bekende gids steeds op sy pos.

“Gaan bad nou asseblief tog, Marlene, my maag is al seer gelag!” Sonika trek die kamerdeur dankbaar agter haar toe.  Sy moet sowaar ‘n bietjie asem skep solank haar vriendin in die badkamer besig is; Marlene is vanaand weer stuitig verby.

En hoe gaan hulle twee saam ooit vannag tot ruste kom in die pragtige ou koperkatel?  Die ander klomp is almal in kamers met respektabele driekwartbeddens, maar hulle twee se plek lyk pure wittebroodsuite.  Sy is een wat van haar persoonlike ruimte hou, en hulle is darem nie meer Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , ,

Kortverhaal: Terug na die lewe

Terug na die leweTerug na die lewe het in Huisgenoot van 6 Desember 2007 verskyn en het sy oorsprong in ‘n toneeltjie wat ek eendag op Swellendam raakgesien het. Die res is verbeelding, maar ook nie heeltemal nie, want ek was op daardie stadium bewus van ‘n paar pragtige jong mans wat moes aanpas by die lewe in ‘n rolstoel. Die hondjie is in herinnering aan die enetjie wat jare gelede saam met my gewerk het. (Ja!) En die nieroperasie slaan terug na Ouboet s’n van destyds. Wanneer losstaande goedjies so bymekaar kom om iets nuuts te vorm, is dit van my lekkerste oomblikke as skrywer.

“Siejy!  Skoert!”  Die meisie se stem slaan hoog deur van pure verontwaardiging.  En seker van skrik ook.  Caeser is nie ‘n klein Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Bly by my, deel 2

Die tweede deel van Bly by my is uit die outjie se oogpunt geskryf. Ek het van die begin af gevoel die manne moet darem ook ‘n spreekbeurt in stories kry. Die betrokke liedjie het my hart gebreek en help heelmaak na my ma se dood vroeër daardie jaar.

“HOEKOM WAS JY KERSOGGEND SO hartseer?”  Al is dit donker, weet ek hoe lyk die oë wat vraend na my opkyk:  diepbruin, vraend, bietjie seergemaak.  Een of ander tyd sal ek móét antwoord; my stilswye begin grens aan onbeskoftheid.

Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Bly by my, deel 1

Bly by my is ‘n vakansiestorie en het in Desember 2006 in twee dele in Huisgenoot verskyn. Ek het uit ‘n toneeltjie in Egoli die idee vir die begin van die storie gehaal. 

“KOM, MY GIRLIE, ONS TWEETJIES gaan sommer kar toe.”

Luide aanmoeding van die ouens, oordrewe ekstatiese sugte en gerolde oë van die meisies af.  Net Julie kyk met klipharde kraalogies na my.  Dis immers sý wat hom op die strand opgetel en saamgesleep het.

Christopher.  Nog mooier as sy naam.

Nie dat ek seker is sy sal weet wat om nou eintlik met hom te maak nie.  Of dat ék nou eintlik weet wat om met hom te maak nie.  Maar ek weet darem minstens wat ek nié wil nie.

“Vat sommer jou sakkie, ek en jy gaan lekker lank wegbly.”  Hy lyk of hy dit elke aand doen.  Koel soos ‘n komkommer; lig ewe die hand vir die aanmoedigende halfdronk spul blikskottels om die tafel.  Niemand lig ‘n vinger om my uit die verknorsing te help nie; almal dink dis vreeslik great en vreeslik snaaks.  En ek dag hulle is my lewenslange pelle! Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Die moeite werd

Die moeite werdDie moeite werd het in Huisgenoot van 7 Augustus 2008 verskyn en het sy wortels in ons gesin se baie geseënde kankerondervinding van daardie jaar.

“EINA! MAGTIG, MAN, KAN JY nie kyk wat jy doen nie?” Ek kan sweer sy’t die naald ‘n paar draaie gegee in my arm. Sy’t sowaar nog al die jare oor my sondes gebroei. En hier het sy my nou waar sy my wil hê: hulpeloos op my rug – met die naald in háár hand. Sy stry verniet – natúúrlik onthou sy die debakel met ons matriekafskeid destyds.
Elaine Mouton bly egter so koel soos ‘n komkommer; ‘n mens sal nooit dink ons twee Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , ,

Kortverhaal: Kosbare goedere

Kosbare goedereKosbare goedere het in Huisgenoot van 4 Desember 2008 verskyn. Ek begin let op hoe dikwels daar in my vroeë stories sprake was van deurdringende reën in die Boland … Die goeie ou dae! Die storie het begin by ietsie wat regtig in ons parkie gebeur het. En wat ek ongelukkig nie meer behoorlik kan onthou nie. 

Die meisie se gly en val en opstaan is één vloeiende beweging. Maar met die volgende pluk van die opgewonde hond aan die leiband glip haar voete in parmantige rooi steweltjies finaal onder haar uit. Sy beland op ‘n welgeronde agterstewe in die swart modder, verloor haar greep op die uitgelate hond en sê ‘n woord wat ek nooit uit so ‘n sedige mond sou Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Die gawe van onderskeiding

Die gawe van onderskeidingDie gawe van onderskeiding het in Huisgenoot van 12 Maart 2009 verskyn en het ontstaan uit ‘n insident wat regtig in ons buurt plaasgevind het. Maar dis waar die waarheid eindig. 

“Meneer, jy maak ‘n fout – my bakkie staan veilig binne-in my garage!”  Maryna weerhou haarself met moeite daarvan om die foon in die man se oor neer te gooi.  Sy’t oorgenoeg hooi op haar vurk sonder dat ‘n vreemdeling nog vir haar allerhande snert oor haar bakkie se bewegings hoef te kom vertel.

“Mevrou, as jy my nie wil glo nie – gaan kyk gerus in jou garage.”

“Ek is by die werk, meneer.  ‘n Goeie halfuur se ry van my huis af.  En ek het werklik nie tyd vir Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , ,

Kortverhaal: Marina se kubereksperiment

Marina se kuber-eksperiment het in Huisgenoot van 27 Augustus 2009 verskyn. Mens kan sien dit was die jaar toe ek my toetrede tot Facebook gemaak het (met die hoop dat Ouboet, wat daardie jaar weg is Noorweë toe, dalk bietjie in kontak sal bly. 🙂 ) Op die voorblad is o.a. Dowwe Dolla en haar baba, asook Bryan Habana se troue. Dit laat mens so wonder waar staan al die mense wat die Huisgenoot in 2009 gehaal het, se lewens nou. Dit was ook die tyd van Susan Boyle se deurbraak en toe Steve vir een of ander sonde vergeef moes word, kom ek uit die storie agter. Marina se kubereksperiment

“Máá, Facebook is nie vir oumense nie.”

“En hoekom nogal nie?” vra Marina moedswillig.

Tania kyk haar moedeloos aan, asof dit die onnoselste vraag van alle tye is. “Dis net nie reg nie, Ma, dis al.”

Marina gooi nog ‘n stompie op die vuur. Die nat Kaapse koue dring deur murg en been. “Weet jy, my kind, dis nie soos ek jou grootgemaak het nie. Ek het jou nooit iets geweier sonder ‘n ordentlike, geldige rede nie.”

Tania is in ‘n hoek. Dit wys in die verergde fronsie tussen die twee blou Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , ,

Kortverhaal: Die handsak

Die handsakDie handsak het in Huisgenoot van 5 November 2009 verskyn en het ontstaan uit ‘n glipsie met ‘n handsak wat ek regtig gehad het. Deur die genade het niemand my betrap nie, nie eens ‘n mooi, gawe man soos in die storie nie. Ek het eenvoudig by die wag verbygesluip terug die winkel in en die handsak weer mooi op sy plekkie gaan hang. Ek raak sommer weer kortasem as ek daaraan dink … 🙂

“Verskoon my asseblief, maar doen jy dit gereeld?” Ester skrik haar koud en bewerig; deesdae dink die gewone vrou net één ding as ‘n manshand in ‘n skare skielik aan haar skouer raak. En dis nié romantiese gedagtes nie.

Roof, moord, verkragting. Selfs in ‘n helderverligte winkelsentrum in ‘n mens se eie stad voel jy nie meer altyd veilig nie.

Daarby is sy ongelukkig nie meer ‘n doodgewone vrou nie. Nee, sy is Ester Liebenberg – en háár eerste gedagte is: Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , ,