Tag Archives: dood

Familie – bloed is inderdaad dikker as water

GesinAlmal wat my ken, weet ek is die laatlam van ʼn groot familie.

Die woord laatlam impliseer iets van jeug, jonk wees, selfs onvolwasse wees.

En nou is die laatlam se kop ook al spierwit grys.

Dit spreek vanself dat die oueres se koppies lankal spierwit grys is.

En helaas, dat hulle begin wegval.

Myne het die manier om dit ook heel onverwags te doen.

Maar ek het in elk geval al lankal geleer die dood verras (=skok) ʼn mens áltyd, op watter manier hy ook al kom.

As ʼn mens logies daaroor dink, gaan ek seker op die ou end alleen agterbly.

Ek sien in my geestesoog die foto wat my arme ander Lees voort Familie – bloed is inderdaad dikker as water

Liefde kom teen ʼn prys

Troue beertjiesJa, daar was al tye toe ek ook gewonder het of liefdesverhale nie eintlik maar betreklik simpel is nie. Veral die outydse soort waar die tweetjies deur ʼn klomp (vir die moderne leser) redelik sinlose misverstande uitmekaar gehou word – om dan later redelik ongemotiveerd in mekaar se arms te val en vir ewig gelukkig te wees.

Probeer ʼn mens self ʼn liefdesverhaal skryf, kom jy natuurlik agter dis baie maklik om te kritiseer (soos met enigiets in die lewe), maar heeltemal ʼn ander saak om dit self baas te raak. As jou karakters nie simpel misverstande mag hê nie, hoe hou jy hulle dan uitmekaar tot jy darem ʼn boek van die uitmekaarhouery kan maak? Want dis nie die bymekaarkom wat die storie maak nie – dis die ellende vooraf. ʼn Storie moet konflik en spanning hê, anders is dit nie ʼn storie nie.

Een manier is om te konsentreer op die ingeboude weerstand wat die karakters daarteen het om hulleself volledig tot ʼn verhouding te verbind. (Hier pas die lekker woord commit die beste.) Ons almal weet dat baie mans deur die eeue al met daardie weerstand sukkel. Of glad nie sukkel nie, maar dit vertroetel en tot ʼn Lees voort Liefde kom teen ʼn prys

Terugblik: 20 Junie 2011 – Springsteen … en die dood van ‘n vriend

Die dood van my geliefde Springsteen se boesemvriend en saksofoonspeler, Clarence Big Man Clemons die afgelope naweek, het my gedagtes op ver paaie gestuur. Soos die dood se manier maar is.

1. Daar is min dinge waarvoor ek so bang is as vir beroerte. Om jou spraak te verloor moet iets ysliks wees. Om verlam te wees … Om hulpeloos te wees … Ouch. (Intussen is ‘n vriendin van my eie ouderdom hierdeur aangeraak, en sien ek eerstehands hoe dit mense se lewens kan raak. Selfs al is die Lees voort Terugblik: 20 Junie 2011 – Springsteen … en die dood van ‘n vriend

Random gedagtes: Om te rou is harde werk

Terwyl die Sondagaand blues my nou vanaand so deeglik beet het, plaas ek hier (met haar toestemming) skrywer Sophia Kapp se baie waardevolle gedagtes oor die rouproses. Ek kan maar net Amen sê op alles wat sy hier noem.

1. Om te rou is eensaam. Jou vriende kan luister, jou wyn voer en jou vashou terwyl jou nate lostrek, maar hulle kan nie die pyn namens jou ervaar nie. Op ‘n kol gaan jy alleen moet wees met jou eie gedagtes, en dis die naaste wat jy in hierdie lewe aan die hel sal kom.

2. Om een of ander rede maak die Lees voort Random gedagtes: Om te rou is harde werk

Om die regte woorde te vind …

Hierdie is vir almal wat oortuig is ek het lankal my laaste varkie verloor oor my geliefde Springsteen … Ek dink dis enige wanna-be skrywer se goeie reg om bewondering te hê vir iemand wat so met woorde kan omgaan. Lees gerus!
“This is a slightly revised version of the eulogy I delivered for Clarence at his memorial,” he told Rolling Stone. “I’d like to thank all our fans and friends who have comforted us over the past difficult weeks.”
I’ve been sitting here listening to everyone talk about Clarence and staring at that photo of the two of us right there. It’s a picture of Scooter and The Big Man, people who we were sometimes. As you can see in this particular photo, Clarence is admiring his muscles and I’m pretending to be nonchalant while leaning upon him. I leaned on Clarence a lot; I made a career out of it in some ways. Those of us who Lees voort Om die regte woorde te vind …

Die lewe is kosbaar … Of is dit?

Almal van ons het ons af-dae. En almal weet hoeveel miljoene mense op aarde se lewe is regtig crap. (Sorry, die Afrikaanse woord klink nog misliker!) Maar steeds klou ons – en hulle – meestal krampagtig aan die lewe vas. Selfmoord gebeur, maar meestal (dink ek) met mense wat aan depressie ly en regtig alle vreugde verloor het. Mense in die uiterste omstandighede koester (meestal) steeds die lewe.
Die mediese wetenskap maak ‘n lang lewe deesdae ‘n groot waarskynlikheid. ‘n Wonderlike voorreg – ons kan langer lewe om meer wonderlike, interessante Lees voort Die lewe is kosbaar … Of is dit?

Random gedagtes: Verganklikheid

Ja, ons weet almal dis ‘n bitter keuse – word oud of gaan dood, so eenvoudig soos dit. En as jy vyftig oorsteek, begin besef jy gaandeweg die oudword-opsie gaan jy nie vryspring nie. Maar om een of ander rede glo ons steeds die dood gaan eers eeeendag – oor ‘n lang, lang tyd – sy opwagting by ons maak. En verkieslik ook by almal wat vir ons dierbaar is.
Maar die twee loop ongelukkig hand aan hand. Hoe ouer jy word, hoe nader sluip die dood. Nie net in jou eie lyf waar alles geleidelik afwaarts neig nie, maar ook (en veral) in die mense rondom jou. Soos my geliefde vriendin gese het – deesdae gaan daar mense dood wat nog nooit doodgegaan het nie. En hulle ouderdom is al meer dikwels naby aan jou eie. Of selfs jonger.Maar ons is geprogrammeer om die dood dood te leef. Ons woed dus voort en maak of ons hom nie raaksien nie.
En dan skielik word die gevreesde K-woord (nee, nie die een met die twee f’s in die middel nie!!!) oor ‘n geliefde uitgespreek – en alles staan jou helder voor die gees. Al die pyn en skok wat jy al beleef het, almal wat jy al moes groet, die gelukkiges wat jy terug in die lewe kon verwelkom, ‘n bejaarde ma se hartseer …
Jammer as jy nou ook ‘n traantjie moet wegpink! Dalk is dit goed vir ons …

As ek maar net geweet het …

Ek loop vanaand hierdie stukkie raak op soek na iets anders. Meer as vyf jaar gelede – en soms voel dit nog netso rou.

As ek maar net geweet het …
Dan het ek minder gepraat en meer geluister
Minder gedoen en meer gesit
Bosse en bosse blomme gekoop
Nooit ongeduldig of haastig geraak nie
Liewer kitskos gaan koop en meer uitgevra
Al die susters en die broer gebel sodat sy kon groet
Vir haar gesê hoe ongelooflik lief ek vir haar is
Vir haar gesê hoe jammer ek is oor elke opstandige uitbarsting oor baie jare heen
Vir haar gesê hoe dankbaar ek is vir al die duisende klein liefdesdade van haar af
Vir haar gesê wat ‘n lieflike, lieflike oumens sy geword het
Die sagte ou gesig gestreel terwyl sy nog van my bewus was
Die vuil huis gelos en vir haar voorgelees van die boeke wat ek spesiaal gaan uitneem het
Beter gesoek tot ek musiek gekry het waarvan sy hou
Selfs nóg foto’s geneem
Vir haar die manuskrip van my boek gelees
En nog baie ander dinge

Maar ek het nie geweet nie …
En te min geluister
Tyd gemors met huiswerk en organisasie
Elke keer die blomme vergeet of my hande was te vol of my geld te min
Daardie een dag ongeduldig geraak
En nog baie ander dinge

EK IS VERSKRIKLIK JAMMER, MA!!
Dis niks, my kind.

Maar ek het wel …
Soms gesit en wel geluister
Nie onnodige goed aangepak nie
‘n Sonneblom uit my tuin gebring
Die meeste van die tyd my ongeduld beteuel

Ek het regtig my bes gedoen, Ma.
En hierdie keer was my beste goed genoeg.

As ek dit maar net kon glo.