Random gedagtes: Verganklikheid

Ja, ons weet almal dis ‘n bitter keuse – word oud of gaan dood, so eenvoudig soos dit. En as jy vyftig oorsteek, begin besef jy gaandeweg die oudword-opsie gaan jy nie vryspring nie. Maar om een of ander rede glo ons steeds die dood gaan eers eeeendag – oor ‘n lang, lang tyd – sy opwagting by ons maak. En verkieslik ook by almal wat vir ons dierbaar is.
Maar die twee loop ongelukkig hand aan hand. Hoe ouer jy word, hoe nader sluip die dood. Nie net in jou eie lyf waar alles geleidelik afwaarts neig nie, maar ook (en veral) in die mense rondom jou. Soos my geliefde vriendin gese het – deesdae gaan daar mense dood wat nog nooit doodgegaan het nie. En hulle ouderdom is al meer dikwels naby aan jou eie. Of selfs jonger.Maar ons is geprogrammeer om die dood dood te leef. Ons woed dus voort en maak of ons hom nie raaksien nie.
En dan skielik word die gevreesde K-woord (nee, nie die een met die twee f’s in die middel nie!!!) oor ‘n geliefde uitgespreek – en alles staan jou helder voor die gees. Al die pyn en skok wat jy al beleef het, almal wat jy al moes groet, die gelukkiges wat jy terug in die lewe kon verwelkom, ‘n bejaarde ma se hartseer …
Jammer as jy nou ook ‘n traantjie moet wegpink! Dalk is dit goed vir ons …

Een gedagte oor “Random gedagtes: Verganklikheid

  1. Ja, niggietjie, ek weet maar te goed waarvan jy praat.
    Op 50 het ek gevoel ek is in my fleur.
    Op 60 het ek begin dink aan afwaarts.
    Op 65 het ek gedink aan saam met Don “met grasie” oudword.
    Op 66 het ek hom verloor en was my wêreld se boom tydelik onder my uit.
    Op 68 het ek besef hy gaan nie terugkom nie en ek KAN namens hom ook lewe en ek het ‘n nuwe wip in my stap – nie van kênsgeit nie, maar omdat ek ‘n vrek oulike man gehad het. (Wat ek en Adele gedink het sal 100 haal. Hy was nie eens op 80 ‘n ou man nie …)
    So daar’s altyd hoop!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s