RSS

Tag Archives: afskeid

Afskeid en verlies …

My gedagtes pas na die afskeid van my geliefde Hilde-hond – met behulp van wortelkoek en cappuccino … Kromrivier 006

Vandag weet ek opnuut: Verlies is deel van die lewe.

En: As jy liefkry, stel jy jou bloot aan seerkry.

Ja, ek weet ek het nie alleenreg op hierdie inligting nie. Die mens weet dit al eeue der eeue lank.

En tog hou ons aan om dinge – en mense – om ons te versamel.

En nie net te versamel nie, maar lief te kry.

Iewers diep binne glo elkeen van ons blykbaar steeds ons sal ‘n manier vind om die onafwendbare te Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Random gedagtes: As die byl geswaai word in jou bos …

Nog een van die bome in my uitgebreide familie het geval. Die boom was meer as gereed, eintlik gretig, vir die byl. Haar groei was alreeds gestuit, haar wortels het nie meer water gevind nie en ek vermoed haar takkies kon nie meer die son voel skyn nie. Met elke kuierslag was die blare meer verskrompel en verdroog, met elke kuierslag was die unieke gees minder sigbaar.
By die plaashuis het alles voortgegaan, asof sy weer sou terugkom. Haar geliefde diere het nie verstaan hierdie weggaan was vir altyd nie. Die tuin het aanhou blom, die suurlemoen dra steeds. In die hok onder die vyeboom het die konyne stil-stil hulle gang gegaan. Die poue en tarentale kom slaap nog saans in die peperbome. Die muskeljaatkat sal weer kom kuikens soek, die geelkapel se sleepsel sal steeds soms in die sand Read the rest of this entry »

 
4 Kommentaar

Posted by op 16/03/2011 in Ouderdom, Random gedagtes

 

Sleutelwoordw: ,

As ek maar net geweet het …

Ek loop vanaand hierdie stukkie raak op soek na iets anders. Meer as vyf jaar gelede – en soms voel dit nog netso rou.

As ek maar net geweet het …
Dan het ek minder gepraat en meer geluister
Minder gedoen en meer gesit
Bosse en bosse blomme gekoop
Nooit ongeduldig of haastig geraak nie
Liewer kitskos gaan koop en meer uitgevra
Al die susters en die broer gebel sodat sy kon groet
Vir haar gesê hoe ongelooflik lief ek vir haar is
Vir haar gesê hoe jammer ek is oor elke opstandige uitbarsting oor baie jare heen
Vir haar gesê hoe dankbaar ek is vir al die duisende klein liefdesdade van haar af
Vir haar gesê wat ‘n lieflike, lieflike oumens sy geword het
Die sagte ou gesig gestreel terwyl sy nog van my bewus was
Die vuil huis gelos en vir haar voorgelees van die boeke wat ek spesiaal gaan uitneem het
Beter gesoek tot ek musiek gekry het waarvan sy hou
Selfs nóg foto’s geneem
Vir haar die manuskrip van my boek gelees
En nog baie ander dinge

Maar ek het nie geweet nie …
En te min geluister
Tyd gemors met huiswerk en organisasie
Elke keer die blomme vergeet of my hande was te vol of my geld te min
Daardie een dag ongeduldig geraak
En nog baie ander dinge

EK IS VERSKRIKLIK JAMMER, MA!!
Dis niks, my kind.

Maar ek het wel …
Soms gesit en wel geluister
Nie onnodige goed aangepak nie
‘n Sonneblom uit my tuin gebring
Die meeste van die tyd my ongeduld beteuel

Ek het regtig my bes gedoen, Ma.
En hierdie keer was my beste goed genoeg.

As ek dit maar net kon glo.

 
1 Kommentaar

Posted by op 21/06/2010 in Random gedagtes

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , ,