Tag Archives: kanker

Die skrywer as (hardvogtige) matchmaker

CupcakesEk het maar onlangs eers besef ek is ‘n ongeneeslike matchmaker. In die werklike lewe het ek nog nie my gawe beproef nie, maar in die storiewêreld kan ek dit nie verduur dat iemand sonder ‘n maatjie moet wees nie. Maar selfs in die wêreld van die verbeelding is dit nie aldag ewe maklik om almal vir altyd en altyd gelukkig te laat saamleef nie.

By die romanse is die skrywer se groot uitdaging om tweetjies wat vir mekaar beskore is, op geloofwaardige wyse tot die einde van die storie uitmekaar te hou. As hulle op bladsy twee al in mekaar se arms val en hulle liefde vir mekaar verklaar, is daar nie ʼn storie nie. (Dis hier waar die term “uitgestelde begeerte” ter sprake kom.) Aangesien die dae van ongeloofwaardige misverstande in romanses genadiglik verby is, is dit nie ʼn maklike ding om reg te kry nie. Tragedies en diep kwessies is nie toelaatbaar nie, want die leser van ʼn romanse kies nie haar leesstof om te wroeg nie. Sy (en soms ook hy) kies die Lees voort Die skrywer as (hardvogtige) matchmaker

CANSA Shavathon: Die laaste woord

IMG_0513‘n Week is verby. Ek begin my verbeel ek kan sien die spulletjie het al ‘n ietsie gegroei. Die illusie van ore wat al hoe meer prominent raak, wil egter nie verdwyn nie. Agter in my nek begin die stoppeltjies kriewel en jeuk. Ek is nog steeds huiwerig om in openbare plekke te kom – en gelukkig vergeet ek elke keer na ‘n rukkie van my kop.

Die paar mieliepitte onder die gebrek aan hare bly om die onderwerp draai in ‘n vreemde mengsel van hartseer, weedmoed, vreugde en dankbaarheid. Ek dink aan my pa, my susters en hulle gesinne wat agtergebly het, ek dink aan my kind wat blakend gesond met sy lewe kan voortgaan. En Vader sy dank getrou vir sy ondersoeke gaan en so ‘n gesonde lewe lei dat ons gewone sterflinge skoon skuldig voel oor ons gereelde en minder gereelde sondetjies.

Ek ervaar ‘n klein, klein iets van hoe dit (veral vir ‘n vrou – en dalk nog iemand wie se hare haar grootste bate en trots was) moet wees om kaalkop te word. Die Kaalkop Lees voort CANSA Shavathon: Die laaste woord

CANSA Shavathon: Maak ‘n bydrae!

CANSA ShavathonEk wil vandag oor kanker skryf. Maar dis so ‘n geweldige onderwerp dat ek nie weet waar om te begin nie. Vir die meeste van ons is dit maar net een van die talle onheile wat ‘n mens kan tref – een waaraan jy so min as moontlik dink. ‘n Mens voel mos so half jy kan jouself beskerm deur nie ‘n ding werklikheid te maak deur daaroor te praat nie.

Ek onthou vae grepe uit die dag toe my pa dood is. Ek was ses jaar oud en volkome onskuldig. Maar ek het verstaan niks sou ooit weer heeltemal dieselfde wees nie. Ek het grootgeword sonder werklike herinneringe aan ‘n verhouding met ‘n pa – die paar prentjies wat in my kop is, het hoofsaaklik met sy siekte te doen. (Hy was darem nie meer so jonk nie, want hy was baie ouer as my ma en ek was ‘n Lees voort CANSA Shavathon: Maak ‘n bydrae!

Die heel skaamste kanker

Ja, ek weet dis ‘n nare onderwerp, so ewe op die rustige Sondag.

Eintlik is kanker as geheel mos maar ‘n ding waaroor ‘n mens nie graag praat nie. En nog minder dink.

Want as jy net effens te veel dink, kom jy daarby uit dat dit dalk vir jou of ‘n geliefde ook kan tref.

As dit nie alreeds het nie.

Die sogenaamde skaam kankers is nog erger. Dis onder die belt. (Behalwe borskanker, natuurlik.)

Ordentlike mense  doen mos nie onder die belt nie. Behalwe Lees voort Die heel skaamste kanker

Random gedagtes: Die groot K

Iemand na aan my hart is onlangs met kanker gediagnoseer, en dit terwyl sy alreeds in ander opsigte alles behalwe gesond is. En meteens staan al ‘n mens se ervarings en vrese penorent voor jou. Die lyding, die verlies, die verlange, die leemte.
Maar daar is ook blydskap oor diegene wat BETYDS dokter toe gegaan het, die vreeslikhede vermy het, wonderlik gesond anderkant uitgekom het.
The moral of my story? GAAN ASSEBLIEF VIR DAARDIE ROETINE-ONDERSOEKE!!
Oeps, ek het alweer vergeet om ‘n afspraak te maak vir die ellendige mammogram …

Random gedagtes: Verganklikheid

Ja, ons weet almal dis ‘n bitter keuse – word oud of gaan dood, so eenvoudig soos dit. En as jy vyftig oorsteek, begin besef jy gaandeweg die oudword-opsie gaan jy nie vryspring nie. Maar om een of ander rede glo ons steeds die dood gaan eers eeeendag – oor ‘n lang, lang tyd – sy opwagting by ons maak. En verkieslik ook by almal wat vir ons dierbaar is.
Maar die twee loop ongelukkig hand aan hand. Hoe ouer jy word, hoe nader sluip die dood. Nie net in jou eie lyf waar alles geleidelik afwaarts neig nie, maar ook (en veral) in die mense rondom jou. Soos my geliefde vriendin gese het – deesdae gaan daar mense dood wat nog nooit doodgegaan het nie. En hulle ouderdom is al meer dikwels naby aan jou eie. Of selfs jonger.Maar ons is geprogrammeer om die dood dood te leef. Ons woed dus voort en maak of ons hom nie raaksien nie.
En dan skielik word die gevreesde K-woord (nee, nie die een met die twee f’s in die middel nie!!!) oor ‘n geliefde uitgespreek – en alles staan jou helder voor die gees. Al die pyn en skok wat jy al beleef het, almal wat jy al moes groet, die gelukkiges wat jy terug in die lewe kon verwelkom, ‘n bejaarde ma se hartseer …
Jammer as jy nou ook ‘n traantjie moet wegpink! Dalk is dit goed vir ons …