Die heel skaamste kanker

Ja, ek weet dis ‘n nare onderwerp, so ewe op die rustige Sondag.

Eintlik is kanker as geheel mos maar ‘n ding waaroor ‘n mens nie graag praat nie. En nog minder dink.

Want as jy net effens te veel dink, kom jy daarby uit dat dit dalk vir jou of ‘n geliefde ook kan tref.

As dit nie alreeds het nie.

Die sogenaamde skaam kankers is nog erger. Dis onder die belt. (Behalwe borskanker, natuurlik.)

Ordentlike mense  doen mos nie onder die belt nie. Behalwe so af en toe in ‘n minder ordentlike bui met die hulp van ‘n paar doppe en/of goeie vriende.

Hoewel, as ek nou mooi dink, die meeste Afrikanermanne wat ek ken, love onder die belt grappies. Al is hulle hoe ordentlik.

Maar nie as dit  by hulle eie kroonjuwele kom nie.

Ek vermoed dis een van die redes hoekom testikelkanker steeds so onbekend is.

Dis eenvoudig te na aan die hart om oor te praat of oor te dink.

Want ons weet mos die pad na ‘n man se hart loop nie regtig deur sy maag nie, maar so ‘n ietsie laer.

Dus, net vinnig, voor jy terugdeins en die post vinnig toemaak:

  1. Testikulêre kanker kom meestal voor my jong mans tussen 18 en 35. Maar natuurlik is daar hier en daar uitsonderings.
  2. Daar is ‘n verband met babas wie se testikel(s) nie afgedaal het nie (Maak nie saak of dit agterna reggemaak is nie.) Ek weet nie hoe hoog die verband is nie, maar dis daar.
  3. Dit versprei so ver ek kan agterkom, nie gewoonlik na die ander testikel nie, maar wel na die res van die liggaam en uiteindelik na die brein. Nee, nie ‘n lekker gedagte nie.
  4. Die beste manier om dit te voorkom, is natuurlik gereelde selfondersoeke en die bewus wees van enige veranderinge in jou lyf (oor die algemeen natuurlik ‘n goeie ding).

Ja, ja, ek weet dis meestal vrouens wat hier lees.

Maar ek weet ook die meeste van ons het óf mans óf seuns óf kleinseuns óf almal hiervan.

Dus: Leer asseblief die manne in jou lewe om hulleself gereeld te ondersoek!

En lees ‘n bietjie by hierdie twee skakels:

http://www.emedicinehealth.com/cancer_of_the_testicle/page6_em.htm#testicular_cancer_treatment

 http://www.cancervive.co.za/posters – Kyk heel onder by die Afrikaanse poster onder Testicular cancer.

OK, nou dat jy behoorlik uitgefreak is, mag jy maar voortgaan met jou rustige Sondag!

 

4 gedagtes oor “Die heel skaamste kanker

  1. Ek moes eenkeer afsprk maak by Neus keel oor dr in Pretoria… sy dame noem toe nee dokter sal eers na week of 2 terug wees , ” Hy’ t mos ‘n histerektomie gehad…!’ dit was vir my vrek snaaks dat die dame nie die operasie by die naam wou noem nie…ek voel as ons vir papsmere moet gaan – kan manne die bloedtoets laat doen , wat net gereeld elke 2 jaar gedoen moet word.

    1. 🙂 🙂
      Dirkie, ek is nie seker of daar so ‘n toets is vir testikelkanker nie. Ek weet wel vir prostaatkanker. Hoe ookal, ek dink die manne is nog ver agter by die vroulike geslag wat betref omsien na hul eie gesondheid.

      1. O jitte … ek dink aan prostaatkanker…
        Voel ek sommer skuldig oor my Mammogram wat ek nog moet laat doen.

      2. Dirkie, dit wys net dat ons gewoond is aan inligting oor prostaatkanker, maar nog nie van testikelkanker nie.
        Ek hoop jou skuldgevoel lei tot aksie! 🙂

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s