RSS

Category Archives: Random gedagtes

Gedagtes oor allerhande dinge … En ja, ek weet ek dink te veel! En ook nie altyd baie logies nie …

Afskeid en verlies …

My gedagtes pas na die afskeid van my geliefde Hilde-hond – met behulp van wortelkoek en cappuccino … Kromrivier 006

Vandag weet ek opnuut: Verlies is deel van die lewe.

En: As jy liefkry, stel jy jou bloot aan seerkry.

Ja, ek weet ek het nie alleenreg op hierdie inligting nie. Die mens weet dit al eeue der eeue lank.

En tog hou ons aan om dinge – en mense – om ons te versamel.

En nie net te versamel nie, maar lief te kry.

Iewers diep binne glo elkeen van ons blykbaar steeds ons sal ‘n manier vind om die onafwendbare te Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Kom ons spaar water!

WaterNog ‘n stukkie van my en Naomi Meyer van Litnet se gesprek oor waterskaarste en droogte en wat ons kan doen. (Skakel vir volledige artikel aan die einde.)

Te min water. Ons beleef dit reeds. Het jy praktiese besparingswenke, terwyl daar nog (bietjie) water is?

Ek sien die huidige krisis as ’n geleentheid om ons hele benadering tot water te verander. Vir my as plaaskind uit ’n droë streek is dit nie so ’n groot verandering nie, hoewel die dorpslewe my wel ’n bietjie bederf het. Ek verstaan egter dat stedelinge verder van die natuur lewe en dalk dinge soos water en vars lug makliker as vanselfsprekend kan aanneem. Daardie tyd is egter nou verby. Ons moet baie vinnig leer om oor elke druppel water wat ons gebruik te DINK. Ons moet leer seerkry as drinkbare water bloot in die drein afloop. Ons moet outomaties probeer om water minstens twee keer te Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Droogte en waterskaarste: dieselfde ding?

Picture 304Hier is die eerste deel van my en Naomi Meyer van Litnet se gesprek oor die watersituasie in ons land en veral in die Wes-Kaap:

Droogte. Beteken dit vir jou dieselfde as waterskaarste? Brei asseblief ’n bietjie hierop uit. Ook jou emosies en gedagtes hieromtrent. En kinderdaeherinneringe, waar jy grootgeword het en hoe jy dit toe ervaar het.

Ek het in die Karoo (Sutherland se wêreld) grootgeword, waar droogte deel van die lewe was en steeds is. Ek onthou hoe my ma in ’n skielike donderbui gehardloop het om haar kuikens te red en dié woorde geuiter het: “Te veel reën is nog erger as te min.” Vandag kan ek daaruit aflei dat sy – soos ek – gewoond was aan periodieke droogtes, maar nooit aan ’n lewensbedreigende waterskaarste blootgestel was nie.

Ek het grootgeword met die besef dat water kosbaar is en altyd spaarsaam gebruik moet word. Vir my is die wenke wat nou gegee word, soos dat jy nie die ketel moet vol tap vir een koppie tee of dat jy die kraan moet toedraai terwyl jy jou tande borsel, hopeloos te min, hopeloos te laat. Dit – en vele ander – is dinge wat in ons huis nog altyd gedoen is. My mening is dat ons nou veel drastieser maatreëls nodig het as hierdie goedjies.

Ons het in die ’70’s, toe ek kind was, natuurlik veel meer basies geleef. Ek besef nou die standaarde vir persoonlike higiëne was eenvoudig nie so hoog soos vandag nie. Ons het in Sutherland se koue in die koshuis slegs op sportaande warm water gehad. Die tussenin aande het ons ge-top&tail in die wasbakkies. Ek onthou dat ons in die winter die lou water uit ons warmwatersakke gebruik het om ons gesig te was. Ek het twee dae aan ’n skoolhemp gedra en hare is een keer per week met vars water uit die tenk gewas. En dan wat vandag vir ons amper ondenkbaar is: die toilet is nie gespoel vir elke klein piepietjie nie!

Ek dink die tyd is ryp om permanent terug te gaan na sommige van daardie ouer praktyke. Ons was destyds honderd persent gesond en gelukkig en beslis nie vuil nie. Cleanliness is next to godliness, dis waar – maar ons sal ons standaarde ’n ietsie moet laat sak, of andersins waterlose skoonmaakplanne maak. (Ek het onlangs gehoor van Saoedi-Arabië se hele vloot vliegtuie wat met ’n waterlose middel gewas word.)

Volledige gesprek by: http://www.litnet.co.za/waterskaarste-praktiese-wenke/

 

Sleutelwoordw: , , , , ,

Feestyd – gevaartyd!

kersfees-saHierdie tyd van die jaar is alles erger. As jy bly is, is jy baie bly. (Of jy voel jy behoort eintlik BAIE bly te wees.) As jy hartseer is, is jy baie hartseer. Dinge is geneig om in uiterstes te gebeur en emosies geneig om intens te wees.
Verliese wat mens hierdie tyd van die jaar tref, voel ook erger as gedurende die jaar. Want jy weet vir die res van jou lewe gaan die feestyd vir jou met daardie verlies geassosieer wees. (‘n Sinvolle stukkie raad wat ek iewers gelees het, sê mens moet liewer die rituele van Kersfees, ens. probeer verander wanneer jy dit die eerste keer sonder ‘n spesifieke geliefde vier. Dan sit jy ten minste nie aan daardie selfde tafel met al dieselfde trimmings en ‘n leë stoel nie. Probeer skep liewer ‘n nuwe gewoonte. Wat nie beteken dat jy ooit gaan vergeet nie.)
Vir depressievegters is dit ‘n gevaartyd. (Soos die lente vir sommiges.) Ons is mos hoeka goed met uiterste emosies, nie juis mense wat neutraal staan teenoor dinge nie, ook nie dinge louwarm ervaar nie. 
Na my mening lê die grootste gevaar van die feestyd in die ou kwessie van onrealistiese verwagtinge. Die hele wêreld is (oënskynlik) so gelukkig … almal gaan see toe, of familie toe, hou partytjies, kry presente, eet oordadige maaltye … Nou hoekom voel ek dan nie so gelukkig soos die res van die wêreld nie? Ek gaan tog ook see toe en my matriekkind het deurgekom en niemand in die familie is dood nie … maar steeds kry ek dit nie reg om so stralend gelukkig te voel nie.
Ek probeer deesdae hard veg teen daardie begeerte om ALLES so VREESLIK WONDERLIK te wil hê. Want die lewe gee ons op sy beste hier en daar ‘n perfekte OOMBLIK. Die res van die tyd moet ons maar tevrede wees met effens (of heelwat!) minder as die volmaakte. Dit voel vir my ‘n mens moet bly wees oor die lekker en maar probeer om die minder lekker te aanvaar. Dan is jy nie so geskok as die familie nie almal in ekstase oor hul geskenke is nie, of as dit reën by die see of as die matrikulant ‘n ietwat uitrafel nie. En dan mors ‘n mens nie soveel energie met selfbejammering en wroeginge nie.
Nee, ek bepleit nie ‘n kleurlose lewe van vaal emosies en geen plesier nie. En ek bepleit definitief nie negatiwiteit nie. Ek dink net ‘n mens moet versigtig wees om intense emosies by jouself aan te blaas in hierdie tyd. En die vreeslike verwagtinge so ‘n klein bietjie probeer afskaal.
Dan is dit hopelik makliker om bloot dankbaar te wees vir wat jy het – en nie heeltemal in sak en as te sit oor al die ellende wat steeds in hierdie tyd in die wêreld is nie.

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Moederskap …

‘n Lieflike stuk … lees gerus.

Moterhood-2-300x300Motherhood.  No book, no seminar, no lecture, no friend can prepare you for what is about to happen. The minute you push a yelling baby into the world, everything changes. Your body, your mind, your heart, your soul are focused on stopping the yelling. You fall in love with this tiny creature – deeply, fiercely, irrevocably. You feed, you clean, you cajole, you fret, you cry, you laugh and discover it’s not quite six o’clock in the morning yet. The first smile, the first hug, the first word – every single accomplishment leaves you diliriously happy. Outside of the walls of your house, life goes on, people go to work, drive cars, climb mountains, do things while you are stuck inside, desperately trying to figure out what the hell you’re supposed to do.

And by the time you’ve more or less figured out how to Read the rest of this entry »

 
 

Sleutelwoordw: , ,

Kry vir jou ‘n nuwe knie – random gedagtes vir dié wat gevra het (of nie)

1. Jammer aan almal wat dit graag wil hoor, maar ek kan op hierdie stadium nie eenvoudig sê dit was maklik en ek sal dit enige tyd weer doen nie. Want maklik was dit allermins. En ek is na vertien dae nog nie seker dit was die moeite werd nie. Ek vermoed ek sal eers na omtrent drie maande regtig weet. Ek vermoed ook dis vir my ekstra ingrypend omdat dit die eerste enigsins ingrypende operasie is wat ek in my lewe gekry het. Wat natuurlik stof tot ongelooflike dankbaarheid is.

2. By my is die vooraf vrees vir enige nuwe ervaring gewoonlik erger as die ding self. In hierdie geval was dit in sekere opsigte so en in ander nie.

3. My vrees vir di'As far as dancing goes, the doctor says you need to stay off my feet for 6-8 weeks.'e dag se lê in Intensief en die morfienpompie was totaal onnodig. Dit was eintlik (relatief) heerlik daar. Want – logies – daar word intensief na jou gekyk. En die morfien sit jou op ʼn heerlike trip. Alles wettig en geoorloof. Moet net die dink jy gaan veel slaap kry daar nie. Dis nie ʼn plek vir slaap nie. Natuurlik my eie onnoselheid wat my ʼn ekstra slaappilletjie van die hand laat wys het. Volgende keer vra ek ʼn handvol.

4. Vermoedelik a.g.v. die morfien was ek op my stukke en oop vir mense. (En natuurlik amper pynvry. En sekerlik op ʼn high, want die operasie is gedoen en ek kan nie meer terugdraai nie.) Wat gelei het tot ʼn paar baie interessante gesprekke. O.a. met twee jong swart assistentjies wat my was en vertel van die tannie wat summier geweier het toe die jong manlike verpleër haar moet kom was. (Genadiglik het hy nooit in my omgewing gekom nie.) En die pragtige bruin assistent wat onopvallend agter my gordyne wegkruip en my vertel sy weier om soos omtrent al haar tydgenote ʼn kind te hê en net tevrede te wees met die lewe van almal rondom haar, sy soek meer in die lewe. Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , ,

Gered uit die leeu se bek …

Hospitaal rekening 1Daar raak ek toe wakker sonder dat die operasie met die lang hersteltyd (= drie maande op krukke) gedoen is.

Ongelukkig omdat die been nie geskik is daarvoor nie, nie omdat dit nie nodig was nie. Maar dit ignoreer ons eers voorlopig. 🙂

Sonder die dodelike naarheid wat ek met ʼn vorige bietjie narkose (omtrent honderd jaar gelede) ondervind het.

Ook minus die koppigheid  om te probeer uithou sonder pynmedikasie.

Seker een van die lekkerste ontwakings wat ek nog ervaar het.

Daardie oulike pyp wat heerlike warm lug onder jou komberse inpomp, het seker ook Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , ,