Familie – bloed is inderdaad dikker as water

GesinAlmal wat my ken, weet ek is die laatlam van ʼn groot familie.

Die woord laatlam impliseer iets van jeug, jonk wees, selfs onvolwasse wees.

En nou is die laatlam se kop ook al spierwit grys.

Dit spreek vanself dat die oueres se koppies lankal spierwit grys is.

En helaas, dat hulle begin wegval.

Myne het die manier om dit ook heel onverwags te doen.

Maar ek het in elk geval al lankal geleer die dood verras (=skok) ʼn mens áltyd, op watter manier hy ook al kom.

As ʼn mens logies daaroor dink, gaan ek seker op die ou end alleen agterbly.

Ek sien in my geestesoog die foto wat my arme ander helfte by elke begrafnis moet neem – elke keer met een minder van die oorspronklike sewe daarop.

Gaan dit op die ou end net ek wees?

En op die ou end net ʼn leë foto met ʼn vaal kol waar ek eens was?

Of dalk darem ʼn ligkolletjie?

So ʼn groot ouderdomsverskil bring natuurlik ook sy uitdagings.

Ek is in ouderdom eintlik nader aan my siblings (sien mense praat deesdae van sibbe by gebrek aan ʼn lekker Afrikaanse woord, maar dis ook vir my vrek lelik) se kinders as aan hulle.

Daar is verskille in leefwyse, verskillende sienings, verskillende ervarings van dinge. Hulle het ʼn in ʼn volledige huis met ʼn pa (en vir jare ʼn tante plus ʼn oupa ook) grootgeword. Ek en die broer het alleen saam met ons ma oorgebly en daardie eerste swaar jare toe hy as skoolkind  moes begin boer, saam beleef.

Soms dink ʼn mens die generasiegaping het so groot geword dat dit na ʼn canyon wil begin lyk.

En dan kom een van hulle iets oor.

En die aarde skeur oop onder jou.

En meteens is daardie canyon skoonveld.

Net die onveranderlike bande van bloed bly oor.

Elke keer skokkend vir my.

En opnuut wonderlik.

2 gedagtes oor “Familie – bloed is inderdaad dikker as water

  1. Alta jy het dit baie mooi gestel, n mens kan sien waar jou talente le.Ek kom uit n baie kleiner gesin as jy,maar die ouer word tref ons ook maar.Ek is gelukkig om n redelike groot nageslag te he met kinders kleinkinders en selfs al n agterklein kind.n Gedagte wat baie by my spook is wat gaan van die spul word.My jongste kleinkind is sewe weke oud,en my oudste kleinkind word al 26 jaar oud.Sover gaan dit nog goed met die span,maar teespoed tref n mens maar baie gou en onverwags.
    .

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s