RSS

Die lewe is kosbaar … Of is dit?

23 Feb

Almal van ons het ons af-dae. En almal weet hoeveel miljoene mense op aarde se lewe is regtig crap. (Sorry, die Afrikaanse woord klink nog misliker!) Maar steeds klou ons – en hulle – meestal krampagtig aan die lewe vas. Selfmoord gebeur, maar meestal (dink ek) met mense wat aan depressie ly en regtig alle vreugde verloor het. Mense in die uiterste omstandighede koester (meestal) steeds die lewe.
Die mediese wetenskap maak ‘n lang lewe deesdae ‘n groot waarskynlikheid. ‘n Wonderlike voorreg – ons kan langer lewe om meer wonderlike, interessante dinge te beleef as enige geslag voor ons. Of is dit? Want die wonder van die mediese wetenskap het ‘n klein probleempie meegebring – dis nou baie moeilik om dood te gaan.
Wanneer hou die lewe op om enige bekoring in te hou? Wanneer alle waardigheid daarmee heen is? Wanneer daar geen lewenskwaliteit meer is nie? En wie kan nou eintlik bepaal wat is waardigheid presies – en wat presies behels lewenskwaliteit? Ons begin nou al (so effens!) gewoond raak aan die konsep dat pasiënte breindood verklaar word en die familie die (vreesaanjaende) besluit moet neem om die masjiene te laat afskakel of nie. (Ek vermoed dis meestal in sepies wat die persoon aanhou asemhaal en uiteindelik herstel?!) Sover ek weet (ek mag verkeerd wees) vind so-iets meestal plaas na iemand in een of ander vorm van ‘n ongeluk betrokke was – m.a.w. dis ‘n vinnige, dramatiese, traumatiese ingryping op iemand wat dikwels nog jonk, gesond en sterk is se lewe. Wat dit sekerlik nog meer tragies en nog moeiliker maak.
Maar wat van ons bejaardes? Mense wat stadig, oor jare heen, agteruitgaan. Wat stadig, oor jare heen, die een verlies na die ander moet verwerk. Ophou geld verdien, feitlik geen rol meer in die kinders se lewens nie, al minder beweeglikheid, verstand wat  nie meer so vinnig soos altyd is nie (en nou praat ek nie eens oor Alzheimer’s nie), ophou motor bestuur, huis opgee, nie meer in staat om self winkel toe te gaan nie, hoor al hoe moeiliker in ‘n geselskap, vriende en familie sterf die een na die ander, kan jouself dalk nie meer versorg nie … En uiteindelik ‘n totale invalide, vir die kleinste dingetjie afhanklik van ander.
Wanneer het hierdie mens die reg om te sê: Tot sover en niks verder nie – ek WIL nie meer hier wees nie? Is daar enige meriete in genadedood? Is die mense wat dit toepas, regtig misdadigers?
Nee, ek het nie die vaagste benul van die antwoorde op hierdie vrae nie. Heel waarskynlik IS daar nie antwoorde nie.
En ja, ek voel nou ‘n bietjie beter! (Jammer as jy nie dieselfde kan sê nie – more plaas ek weer vir ons ‘n grappie of twee!!)

 
 

Etikette: , , , , ,

One response to “Die lewe is kosbaar … Of is dit?

  1. Johanne

    06/03/2011 at 08:42

    So mooi en waar! Hoe bang is ons nie vir die ouderdom nie… en nog meer ‘n siekbed? Baie dankie weer

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: