As ek maar net geweet het …

Ek loop vanaand hierdie stukkie raak op soek na iets anders. Meer as vyf jaar gelede – en soms voel dit nog netso rou.

As ek maar net geweet het …
Dan het ek minder gepraat en meer geluister
Minder gedoen en meer gesit
Bosse en bosse blomme gekoop
Nooit ongeduldig of haastig geraak nie
Liewer kitskos gaan koop en meer uitgevra
Al die susters en die broer gebel sodat sy kon groet
Vir haar gesê hoe ongelooflik lief ek vir haar is
Vir haar gesê hoe jammer ek is oor elke opstandige uitbarsting oor baie jare heen
Vir haar gesê hoe dankbaar ek is vir al die duisende klein liefdesdade van haar af
Vir haar gesê wat ‘n lieflike, lieflike oumens sy geword het
Die sagte ou gesig gestreel terwyl sy nog van my bewus was
Die vuil huis gelos en vir haar voorgelees van die boeke wat ek spesiaal gaan uitneem het
Beter gesoek tot ek musiek gekry het waarvan sy hou
Selfs nóg foto’s geneem
Vir haar die manuskrip van my boek gelees
En nog baie ander dinge

Maar ek het nie geweet nie …
En te min geluister
Tyd gemors met huiswerk en organisasie
Elke keer die blomme vergeet of my hande was te vol of my geld te min
Daardie een dag ongeduldig geraak
En nog baie ander dinge

EK IS VERSKRIKLIK JAMMER, MA!!
Dis niks, my kind.

Maar ek het wel …
Soms gesit en wel geluister
Nie onnodige goed aangepak nie
‘n Sonneblom uit my tuin gebring
Die meeste van die tyd my ongeduld beteuel

Ek het regtig my bes gedoen, Ma.
En hierdie keer was my beste goed genoeg.

As ek dit maar net kon glo.

2 gedagtes oor “As ek maar net geweet het …

  1. Nou sit ek hier snot en trane en huil.
    ….. oor jou ma
    ……. en oor myne
    Ja – ek verstaan en beaam hierdie woorde.
    Maar as – is verbrande hout .
    My ma is al 11 jaar dood en party dae dink ek sjoe dis al 11 jaar en party dae dink ek dis nou maar eers 11 jaar – dit voel al soos ‘n leeftyd sonder haar!
    Vandag verlang ek weer ekstra baie na haar.

    1. Ek dink nie ek het destyds jou kommentaar gesien nie, Schabbers. En ja, gister was sy dertien jaar weg. Die skerp kante van die hartseer slyt af. Maar mens vergeet nooit.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s