Tag Archives: verlies

Die lewe is ‘n asem lank – Frieda van den Heever (samesteller)

Gedigte oor verlies en vertroosting.

Die lewe is ‘n asem lank: gedigte oor verlies en vertroosting. Saamgestel deur die ongelooflike Frieda van den Heever, wat self weet van verlies. En dan is daar haar liedjie “Asem” as Frieda Kruger. Aangrypend.

Die liedjie: https://www.youtube.com/watch?v=fStJvKgPUuY

Afskeid en verlies …

My gedagtes pas na die afskeid van my geliefde Hilde-hond – met behulp van wortelkoek en cappuccino … Kromrivier 006

Vandag weet ek opnuut: Verlies is deel van die lewe.

En: As jy liefkry, stel jy jou bloot aan seerkry.

Ja, ek weet ek het nie alleenreg op hierdie inligting nie. Die mens weet dit al eeue der eeue lank.

En tog hou ons aan om dinge – en mense – om ons te versamel.

En nie net te versamel nie, maar lief te kry.

Iewers diep binne glo elkeen van ons blykbaar steeds ons sal ‘n manier vind om die onafwendbare te Lees voort Afskeid en verlies …

Feestyd – gevaartyd!

kersfees-saHierdie tyd van die jaar is alles erger. As jy bly is, is jy baie bly. (Of jy voel jy behoort eintlik BAIE bly te wees.) As jy hartseer is, is jy baie hartseer. Dinge is geneig om in uiterstes te gebeur en emosies geneig om intens te wees.
Verliese wat mens hierdie tyd van die jaar tref, voel ook erger as gedurende die jaar. Want jy weet vir die res van jou lewe gaan die feestyd vir jou met daardie verlies geassosieer wees. (‘n Sinvolle stukkie raad wat ek iewers gelees het, sê mens moet liewer die rituele van Kersfees, ens. probeer verander wanneer jy dit die eerste keer sonder ‘n spesifieke geliefde vier. Dan sit jy ten minste nie aan daardie selfde tafel met al dieselfde trimmings en ‘n leë stoel nie. Probeer skep liewer ‘n nuwe gewoonte. Wat nie beteken dat jy ooit gaan vergeet nie.)
Vir depressievegters is dit ‘n gevaartyd. (Soos die lente vir sommiges.) Ons is mos hoeka goed met uiterste emosies, nie juis mense wat neutraal staan teenoor dinge nie, ook nie dinge louwarm ervaar nie. 
Na my mening lê die grootste gevaar van die feestyd in die ou kwessie van onrealistiese verwagtinge. Die hele wêreld is (oënskynlik) so gelukkig … almal gaan see toe, of familie toe, hou partytjies, kry presente, eet oordadige maaltye … Nou hoekom voel ek dan nie so gelukkig soos die res van die wêreld nie? Ek gaan tog ook see toe en my matriekkind het deurgekom en niemand in die familie is dood nie … maar steeds kry ek dit nie reg om so stralend gelukkig te voel nie.
Ek probeer deesdae hard veg teen daardie begeerte om ALLES so VREESLIK WONDERLIK te wil hê. Want die lewe gee ons op sy beste hier en daar ‘n perfekte OOMBLIK. Die res van die tyd moet ons maar tevrede wees met effens (of heelwat!) minder as die volmaakte. Dit voel vir my ‘n mens moet bly wees oor die lekker en maar probeer om die minder lekker te aanvaar. Dan is jy nie so geskok as die familie nie almal in ekstase oor hul geskenke is nie, of as dit reën by die see of as die matrikulant ‘n ietwat uitrafel nie. En dan mors ‘n mens nie soveel energie met selfbejammering en wroeginge nie.
Nee, ek bepleit nie ‘n kleurlose lewe van vaal emosies en geen plesier nie. En ek bepleit definitief nie negatiwiteit nie. Ek dink net ‘n mens moet versigtig wees om intense emosies by jouself aan te blaas in hierdie tyd. En die vreeslike verwagtinge so ‘n klein bietjie probeer afskaal.
Dan is dit hopelik makliker om bloot dankbaar te wees vir wat jy het – en nie heeltemal in sak en as te sit oor al die ellende wat steeds in hierdie tyd in die wêreld is nie.

Liefde kom teen ʼn prys

Troue beertjiesJa, daar was al tye toe ek ook gewonder het of liefdesverhale nie eintlik maar betreklik simpel is nie. Veral die outydse soort waar die tweetjies deur ʼn klomp (vir die moderne leser) redelik sinlose misverstande uitmekaar gehou word – om dan later redelik ongemotiveerd in mekaar se arms te val en vir ewig gelukkig te wees.

Probeer ʼn mens self ʼn liefdesverhaal skryf, kom jy natuurlik agter dis baie maklik om te kritiseer (soos met enigiets in die lewe), maar heeltemal ʼn ander saak om dit self baas te raak. As jou karakters nie simpel misverstande mag hê nie, hoe hou jy hulle dan uitmekaar tot jy darem ʼn boek van die uitmekaarhouery kan maak? Want dis nie die bymekaarkom wat die storie maak nie – dis die ellende vooraf. ʼn Storie moet konflik en spanning hê, anders is dit nie ʼn storie nie.

Een manier is om te konsentreer op die ingeboude weerstand wat die karakters daarteen het om hulleself volledig tot ʼn verhouding te verbind. (Hier pas die lekker woord commit die beste.) Ons almal weet dat baie mans deur die eeue al met daardie weerstand sukkel. Of glad nie sukkel nie, maar dit vertroetel en tot ʼn Lees voort Liefde kom teen ʼn prys

Terugblik: 20 Junie 2011 – Springsteen … en die dood van ‘n vriend

Die dood van my geliefde Springsteen se boesemvriend en saksofoonspeler, Clarence Big Man Clemons die afgelope naweek, het my gedagtes op ver paaie gestuur. Soos die dood se manier maar is.

1. Daar is min dinge waarvoor ek so bang is as vir beroerte. Om jou spraak te verloor moet iets ysliks wees. Om verlam te wees … Om hulpeloos te wees … Ouch. (Intussen is ‘n vriendin van my eie ouderdom hierdeur aangeraak, en sien ek eerstehands hoe dit mense se lewens kan raak. Selfs al is die Lees voort Terugblik: 20 Junie 2011 – Springsteen … en die dood van ‘n vriend