RSS

Tag Archives: tydskrifverhale

Kortverhaal: Die gawe van onderskeiding

bakkie-in-huisDie storie het sy oorsprong in ʼn werklike voorval in ons buurt gehad. Ek onthou die hele buurt het gaan kyk na die bakkie wat met sy neus in iemand se sitkamer staan. Dit het in die Huisgenoot van 12 Maart 2009 verskyn.

“Meneer Terblanche, jy maak ‘n fout – my bakkie staan veilig binne-in my garage!” Maryna weerhou haarself met moeite daarvan om die foon in die man se oor neer te gooi. Sy’t oorgenoeg hooi op haar vurk sonder dat ‘n vreemdeling nog vir haar allerhande snert oor haar bakkie se bewegings hoef te kom vertel.

“Mevrou, as jy my nie wil glo nie – gaan kyk gerus in jou garage.”

“Ek is by die werk, Meneer. ‘n Goeie halfuur se ry van my huis af. En ek het werklik nie tyd vir Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , ,

Skelmspuiter – ‘n droogtestorie

flowers-1476210_960_720Ek onthou Skelmspuiter was die eerste storie wat ek na my ma se dood kon voltooi. En dat die term uit ʼn artikel in By gekom het. Dit was die tweede tyd van waterbeperkings wat ons hier beleef het. My eie klippiestuin het ook in daardie tyd vorm aangeneem. Dit het in die Huisgenoot van 26 Mei 2005 verskyn.
Daardie tyd se droogte was ‘n vulletjie teen wat ons nou beleef. Ek hoop die skelmspuiters besef dit ook.

JANUARIE:

Die mooiste Kaap steier onder die kwaaiste droogte in jare.

Onbetrokke bure leer mekaar  in sonverskroeide tuine ken, tuinslang of gieter in die hand. Op donker kriekdeurdrenkte aande vry tieners lustig onder die voorwendsel van Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , ,

Bly by my – slot

really_big_wave“Hoekom was jy Kersoggend so hartseer?” Al is dit donker, weet Christopher hoe lyk die oë wat vraend na hom opkyk: diepbruin en ‘n bietjie seergemaak. Een of ander tyd sal hy móét antwoord, sy stilswye begin aan onbeskoftheid grens.

Dis amper middernag. Oujaarsaaand. Hulle sit-lê langs mekaar op die bank met hulle kaal voete op die stoepmuurtjie voor hulle, hulle oë op die donker oseaan, wagtend vir die fakkels wat met die aanbreek van die nuwe jaar van verbygaande skepe afgevuur word.

Haar ma-hulle se kamervenster is reg agter hulle, maar dis nie vir hom ‘n issue nie. Hier gaan nie vanaand gevry word nie. Hierdie girl is te kosbaar vir casual Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Bly by my – Deel 1

surferBly Bly my het oorspronklik in Huisgenoot van 21 Desember 2006 verskyn. Ek het die storie (met hulle verlof) so ‘n bietjie afgestof en opgekikker. Die idee van die eensame surfer het ek uit ‘n kortverhaal van ‘n geliefde skrywer geleen. Hoe hy minder eensaam geword het, is my eie storie.

Kom, my meisie, ons tweetjies gaan sommer motor toe, ek’s tog nie lus vir die kamer nie.”

Luide aanmoeding van die ouens, oordrewe ekstatiese sugte en gerolde oë van die meisies af. Net Julie kyk met harde oë na Belinda. Dis immers Julie wat hom op die strand opgetel en saamgesleep het na dié simpel Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Terugblik: Koms van die Paashaas

Ek het ongelukkig net hierdie een Paasstorie – so hy word maar elke jaar weer uit die onderste laai gehaal en afgestof.
Koms van die Paashaas het in die Huisgenoot van 13 April 2006 verskyn, maar jare tevore al sy ontstaan gehad in die tyd toe ek ‘n tuisbly-ma en teler van miniatuurkonyne was. Aanvanklik was die storie ook meer godsdienstig van aard – waarskynlik ‘n bietjie prekerig as ek nou daaraan dink. Toe ek dit jare later oorskryf, was dit interessant om te sien hoe my styl intussen verander het. Hopelik ten goede.

Soos dit maar gaan, is daar heelwat raakpunte Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , , ,

Kortverhaal: Koms van die Paashaas

Hierdie storie het in die Huisgenoot van 13 April 2006 verskyn, maar jare tevore al sy ontstaan gehad in die tyd toe ek ‘n tuisbly-ma en teler van miniatuurkonyne was. Aanvanklik was die storie ook meer godsdienstig van aard – waarskynlik ‘n bietjie prekerig as ek nou daaraan dink. Toe ek dit jare later oorskryf, was dit interessant om te sien hoe my styl intussen verander het. Hopelik ten goede.
Soos dit maar gaan, is daar heelwat raakpunte met die werklikheid. Daar is katte en papegaaie, tienerseuns met kitare, ‘n oorgroeide heining, ‘n skoolliefde met die bynaam Tiekie … Maar die res is suiwer fiksie. Dis ook die enigste storie oor bejaardes wat ek nog geskryf het, iets wat ek graag eendag weer sal wil probeer.

“Kietsie-kietsie-kietsie!”

Geen reaksie.

Ek voel by die minuut meer belaglik, al kan g’n mens hier ‘n oog lê op my nie.  Drie grys Vibracrete-mure en een verwilderde heining vorm my enigste Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , ,

Kortverhaal: Nag van hoop

Hierdie storie verskyn in die nuutste Huisgenoot (9 Sept. 2010 – met Bobby van Jaarsveld op).

Die proses hoe ‘n storie gebore word, is vir my altyd interessant. By my is dit meestal verskillene los drade uit die werklikheid wat by mekaar uitkom. Dit is dan natuurlik die skrywer se voorreg om hierdie los drade bymekaar te vleg soos hy wil. Hierdie  storie se beginpunt is op ‘n vreeslike warm somerdag verlede jaar toe ons op Riviersonderend  stilgehou het en die sleutelepisode regtig by die kafee plaasgevind het. Dit was ook regtig besig om te brand bokant Franschhoek, so erg dat ons nie daarlangs kon ry nie, maar Sir Lowry’s Pas langs moes gaan. Die konneksie met ‘n parapleeg het gekom toe ek maande later vir navorsing vir Geur van vergifnis (my tweede liefdesroman wat DV volgende jaar verskyn) met die ma gesels het van die jongman wat ‘n paar jaar gelede verlam is toe ‘n manskoshuis op Stellenbosch afgebrand het. Die konneksie terug na vuur het gekom toe ek agterkom die reddingsdiens moes hom basies voor die vuur weggryp  om sy lewe te red, al het sy rug seergekry. En so het die punte vir my bymekaar gekom.

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , , , ,