RSS

Category Archives: Humor

Lentestorie: Operasie opruim

Blomme 4ʼn Parodie wat my beter helfte graag op die ou liedjie sing, het hierdie storie se beginpunt gevorm. Dit sluit aan by my eie verhouding met die lente wat nie van die beste is nie. Die voorval met die wegholmotor het met iemand in my familie gebeur. Die storie het in die Huisgenoot van 26 Oktober 2006 verskyn.

1 SEPTEMBER:
Dis haatlike lente
Die winter’s verby
Dis tyd dat my lewe
Weer rigting moet kry …
Elke jaar as die eerste hooikoorsaanval my kriewelend en betraand na my snesies laat gryp, begin neurie ek my eie klein parodie op die ou bekende liedjie. Daar’s niks heerliks aan die lente vir my nie; dis ‘n haatlike tyd van die jaar wat ek graag sou wou oorslaan, indien moontlik.
Ek is inderdaad ‘n rare verskynsel: ‘n welgeskape jongmens wat die lente verpes. En dis nie net oor die hooikoors nie. As al wat leef en asemhaal begin somerklere koop en hare tint en bene waks, sak ‘n groot donkerte oor my toe. As die voëlgesang soggens daardie spesifieke histeriese klankie kry, is dit vir my tyd om Declutteruit my knusse winterslaap op te staan en die lewe in die oë te kyk.
En dit stem my nie tot vreugde nie.
In die winter sluip ek stil-stil en genoeglik deur die lewe, gekussing in frokkie, jas, serp en mus, op ‘n permanente high van al die koolhidrate wat ek inneem om die koue te beveg. En in ‘n heilige vrees vir die dag van 1 September. Want op 1 September van elke jaar skil ek my lae klere af en bestyg die skaal. En dié brawe aksie bring jaarliks ‘n groot geween en gekners van tande mee.
Elke jaar neem ek my voor om ten minste op 631 Augustus te vas – indien nie die week voor die tyd nie – sodat die waarheid darem ‘n bietjie minder gewigtig kan wees. Maar keer op keer sluit ek Augustus af met ‘n stomende bord sondekos – van die soort wat verswelg in die vet en mank gaan aan vitamines – met genoeg soetigheid agterna om my arme pankreas vir maande ‘n skrik te gee.
Die ritueel van die skaal behels veel meer as die swaarlywige waarheid en die onvermydelike dieet wat daarop volg. Daardie pynlike bestyging van die skaal vroeg in die oggend, op my nugter maag, en sonder ‘n draad klere wat dalk ‘n gram of twee kan weeg, selfs voor ‘n versterkende koppie koffie, is maar net die begin.
Elke jaar op 1 September slaan ek ‘n nuwe blaadjie om. As die Kaapse Suidooster sy kieste begin bolmaak, begin ek skoonmaak, regpak en uitgooi. Declutter is mos deesdae die inding. Nou ja, ek declutter al vir ‘n vale van lánk voor een of ander slim Amerikaner met te veel aardse besittings die woord uitgedink het. Per slot van rekening is dit maar net ‘n nuwe naam vir die goeie, outydse spring cleaning waarmee ons almal grootgeword het. Al doen sommige mense hul spring cleaning in Desember of in die lang Julievakansie – dit bly nog steeds spring cleaning.
En nee, daar is nie regtig ‘n perfekte Afrikaanse woord wat dit presies so lekker sê nie. Of ja, tog: Opruim.
Operasie Opruim – dis waarmee ek myself jaarliks konfronteer.
Probleem is net – ek haat skoonmaak, regpak en uitgooi, watter naam ek ookal daaraan gee. Hoekom ek dit dan hoegenaamd doen? Masochistiese neigings? Nee, glad nie. Maar ‘n totale control freak, dis wat ek is.
En ja, daarvoor hét ons ‘n heerlike Afrikaanse woord: beheervraat.
Ek is ‘n ongeneeslike beheervraat; ek raak paniekerig as ek voel dinge eskaleer buite my beheer. So as ek alles wat ek nie gereeld gebruik of dra nie, na die Heilslese tweedehandse winkel aangepiekel het, en die res blinkskoon en ordelik in rye of groepies of enige logiese rangskikking kan staanmaak, dan voel ek weer vir ‘n tydlank piekfyn. Tot die herfs aanbreek en ek weer eens begin laatlê wanneer ek moet vroeg opstaan, sopperige liefdesverhale lees wanneer ek moet slaap, lekkers eet wanneer dit blaarslaai moet wees, goeters opgaar wanneer hul funksie verstreke is en klere op die mat los om daar wortel te skiet as hul moet kas toe of wasgoedmandjie toe.
In die somer is my woonplekkie amper pynlik netjies, met skoon, reguit lyne van meubelstuk en ornament. In die winter word die skoon ruimtes ontsier deur bonkige stukke winterkleding, wankelende stapels boeke en tydskrifte, opgefrommelde sjokoladepapiere en talle taai koffiebekers met malvalekkerkringe om die borand.
Vanjaar is die heerlike lente egter nog minder heerlik as gewoonlik; vanjaar is hy regtig haatlik.
Want vanjaar moet ek ontslae raak van George.
Ek moet hom vir Justine gee.
En dit oorleef.
Soos ‘n donderstorm is die liefde verby
En ‘n donga vol stof is al wat oorbly …
‘n Verandering van die musiek in my kop help ook nie; my troebel gees koppel blitsvinnig ‘n negatiewe emosie aan elke beeld wat ek oproep.
Laas somer het George my soos ‘n volbloed Hoëveldse storm oorval – onverwags, kragtig en ekstaties. Die afgelope winter moes ek egter magteloos toekyk hoe die storm geleidelik uitwoed, die blitse verbleek en die dreuning van die liefde dowwer en dowwer word.
Ja, die storm is besig om by my verby te trek. En hy trek in die rigting van my beste vriendin.
Nee, ek verbeel my nie. Tussen George en Justine is daar elektrisiteit. Statiese elektrisiteit wat nie meer lank staties gaan bly nie.
“n Meisie moet altyd haar trots behou,” praat my oorlede ouma nou al weke lank helder in my kop. “As jy sien dinge loop skeef, dan spring jy hom voor en jy sorg dat jý die een is wat die afsêwerk doen.” ‘n Totaal verouderde siening, komende uit die donker dae van skreiende ongelykheid tussen die geslagte.
Of is dit?
“Maar hoe sal ek weet, Ouma?” het ek destyd benoud gevra.
“Jy sal weet, my kind,” het sy met ag dekades se wysheid gesê, “Ons vrouens wéét sulke dinge.”
Ouvroustories, het ek toentertyd vererg gedink. Wat weet ‘n oumens nou van vandag se jongmense? Die liefde van my lewe sou my van my voete af swiep en vir altyd en altyd vir my lief bly. Daar sou nie sprake van trots of vrees in ons verhouding wees nie. Ons sou sáám – langs mekaar – die pad loop. Volkome gelyk. En ewe versot op mekaar.
George het my wel deeglik van my voete af geswiep. Maar nie vir altyd en altyd vir my lief gebly nie.
En my hart lê doods en swaar in my borskas. Want ek wéét, nes my ouma voorspel het. Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , ,

Heruitgawe: Die tuiskoms – Sophia Kapp

Die tuiskomsDie tuiskoms is ʼn liefdesverhaal, maar dis ook ʼn storie oor een van die onaantreklikste eienskappe van die mens – die neiging om te veroordeel. Sophia Kapp slaag egter daarin om uit hierdie gegewe ʼn geloofwaardige verhaal te weef waarin die liefde oor alle voorbehoude seëvier.

Natuurlik is daar steeds skeptici wat sulke verhale as onrealisties beskou en die feit probeer ignoreer dat romantiese fiksie die volk aan die lees hou. ʼn Onlangse artikel in Beeld by http://www.beeld.com/bylae/2014-07-12-lank-lewe-die-liefde erken die feit dat liefdesverhale topverkopers is en dat daar veral onder vroulike lesers (Maar moenie die manne weggooi nie!) ʼn geweldige aanvraag daarvoor bestaan. Die tong-in-die-kies styl van die artikel toon dat skrywers sowel as lesers weet romantiese fiksie kyk met ʼn sagte oog na die werklikheid en verf ʼn fyn lagie idealisme daaroor. Geen ingeligte persoon dink vandag nog skrywers, uitgewers en lesers van romantiese fiksie leef in die waan dat die lewe uit maneskyn en Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , ,

‘n Ware lekkerleesboek!

Lam in wolfsklereBernette Bergenthuin is alreeds geen onbekende by lesers van romantiese fiksie nie, daarvoor het verskeie tydskrifverhale en romanses gesorg. Lam in wolfsklere is haar eerste vollengte roman – en beslis nie haar laaste nie. (Lesers kan alreeds uitsien na haar tweede later in die jaar).
 

Lam in wolfsklere is die verhaal van ‘n jong beroepsvrou wat na ‘n liefdesteleurstelling in die skilderagte Kaap na haar ouerhuis in die minder skilderagtige Bloemfontein terugkeer. Ten spyte van die oënskynlike vaal en konserwatiewe omgewing, bevind Amelia haar baie gou in verskeie situasies wat allermins vaal of konserwatief is – en meestal skreeusnaaks.

Hoewel ek nie weet of dit as sulks bemark is nie, is die boek vir my ‘n voorbeeld van chick-lit op sy beste. Die liefdesverhaal is daar, maar so ook die spesiale vriendekring (perfek in pas met die Nuwe SA se ideale) en die stryd om haar voete in haar beroep te vind. Bernette se regsopleiding gee haar natuurlik die kennis om haar verhale teen die Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , ,

Valentynsdag …

Valentynsdag blommeEk het gemengde gevoelens hieroor. Ja, dis ‘n geleentheid vir ‘n verskeidenheid mense om geld te maak. Baie daarvan. En ‘n geleentheid vir die res van ons om geld uit te gee wat ons nie altyd het nie. Maar wat is verkeerd daarmee om ‘n diens aan te bied en mense daarvoor te laat betaal? Dis tog hoe ons ekonomie werk (of nie werk nie). Niemand dwing so ver ek weet enigiemand om ‘n peperduur rooi roos of sjokoladehartjies of verspotte beertjies te koop en vir ‘n geliefde te gee nie. (Behalwe as subtiele skimpe as dwang gesien kan word.) En ek onthou nou weer hoe die graad 7-seuns in my skoolhoudae die trippie geniet het om hul Valentynskaartjies by die meisieskole te gaan afgee. Sekerlik gaan baie meisies se Read the rest of this entry »

 
5 Kommentaar

Posted by op 14/02/2013 in Humor, Valentynsdag, Verhoudings

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , , , ,

Wenke vir vryers! :)

VAN ‘N KWAAI PA AAN DIE JONG MANNE WAT BY SY DOGTER KOM KUIER RSG – MEI 2005:

Ek is nie seker of ek dalk al in die jaar toet hierdie enetjie geplaas het nie.
Maar hier is hy weer.
Want ons kan altyd doen met ‘n glimlag. 

  • Moenie toet voor die deur nie.  Jy sal nie my dogter kom oplaai nie.
  •  Kyk my dogter in die oë – op geen ander plek nie!
 

Sleutelwoordw: , , ,

My briefie vir Kersvader

 

 
2 Kommentaar

Posted by op 09/11/2012 in Humor

 

Sleutelwoordw: , , ,

Eindelik: My tiende romanse

In teenstelling met wat ‘n mens geneig is om te dink, word skryf nie noodwendig makliker as jy alreeds gepubliseer het nie. Inteendeel, dit wil vir my lyk of dit veel eerder moeiliker word. Daar is dinge om mee rekening te hou … Is my tema nie maar elke keer dieselfde nie? Is my STORIE nie maar elke keer basies dieselfde nie? Verskil my karakters ooit? Handhaaf ek dieselfde kwaliteit? Is daar variasie? Is daar groei in my werk?

Om dit te demonstreer, het dit my die skryf van twee volle romanses gekos om hierdie tiende een in publikasie te sien. Die eerste poging vir die titel van Nommer 10 was my eerste romanse wat nie net gekritiseer is deur die uitgewers, maar afgekeur is. ‘n Swaar slag vir die ego … Tot jy die verslag deeglik bestudeer en agterkom: Ja, hulle was weer eens reg. Dan bêre jy hom diep in ‘n laai (waar hy nog weer eendag sal opstaan, ek belowe!) en begin met Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , ,