Om so ouer te word

Wat ‘n voorreg om 63 te word, ‘n donderstorm te trotseer en daarna tot 2:00 partytjie te hou saam met 60 000 vriende.

Maar om so ‘n partytjie te verdien, moet jy waarskynlik ‘n redelik spesiale persoon wees.

Jy moet definitief jou werk met groot passie doen.

Jy moet beslis absoluut glo in wat jy doen.

Jy moet mense met al hul swak- en sterkpunte ken en liefhê.

Jy moet in staat wees om die verlies van dierbares om te sit in persoonlike en professionele groei.

Jy moet waarskynlik fikser as die gemiddelde vyf en twintigjarige wees.

Jy moenie ‘n enkele lui haar op jou kop hê nie.

Jy moet koppig aanhou weier om oud van gees te word.

Eintlik moet jy absoluut weier om gróót te word.

Baie geluk, Bruce – mag daar nog vele wees.

En dankie vir inspirasie, vreugde en energie wat jy in baie mense se lewens bring.

Myne ook.

NS. Ek sou darem ook graag ‘n stukkie koek wou hê!

NSS. Sy ma met wie hy gereeld so dans, is 86 en het toe hy ‘n seuntjie was ‘n persoonlike lening uitgeneem om vir hom sy eerste kitaar te koop.

4 gedagtes oor “Om so ouer te word

    1. Ek wonder of hy ook so gedaan is na die party as ek na die twee nagte van 2:00 wakker word!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s