Wonderlik hoe die gelukwensings vir The Boss se een-en-sestigste verjaardag op WordPress blogs instroom. Dit bly vir my ongelooflik hoeveel derduisende mense se lewens hy deur die jare aangeraak het en steeds aanraak. By hierdie skakel is ‘n besonder oulike een: http://springsteeninformationcenter.wordpress.com/2010/09/23/happy-birthday-bruce/#comment-1331
(Vir die oningewydes – dis almal titels of reels uit van sy liedjies. En so saamgegooi sê dit nogal baie oor hom as kunstenaar en as persoon.)
Ek wil nou nie poep of skinder nie. Maar die jonger Bruce Springsteen is baie sag op die oog.
O ja, ek IS so vlak. 😆
Nee, Xena, dis nie vlak nie – dis goeie smaak! Ek het spesiaal vir jou ‘n jonger foto’tjie bygesit …