RSS

The notebook – Nicholas Sparks

29 Jan

Hier het ek dit nou ‘n slaggie regom gedoen – eers die fliek, dan die boek! Andersom werk dit eenvoudig nie vir my nie.
Ek was nie rasend oor die fliek nie. Miskien omdat dit tweede in ‘n movie marathon was wat ek maar selde aanpak. Mooi – en ja, trane het ek gestort. Maar nie diep, diep, diep wonderlik nie. Dis egter nie die akteurs of die skrywer se skuld nie – waarskynlik maar dié van my swaar verworwe sinisme …
Die boek was ook vir my mooi, maar nie een van dié wat ek nooit sal vergeet nie. (Of miskien tog wel, a.g.v. die ongewone hoek waaruit die storie vertel is.) Ek kon nog nie lekker agterkom wat Sparks se troefkaart is wat hom so ‘n ontsettende gewilde en verfilmde skrywer maak nie. (Dalk is ek plein, doodgewoon jaloers …) Sy styl is regtig niks besonders nie. Die taal is regtig niks besonders nie. Om die waarheid te sê, dis soms flippen langdradig. (Een resensie van die 10 383 op facebook sê die hele boek kan eintlik in twee sinne opgesom word, en hy’s nie ver verkeerd nie, hoor! En ja, 114 600 lesers het dit al op hul fb gelaai. So êrens doen Sparks iets verskriklik REG.) Verder is sy boeke propvol doodgewone, vervelige telling, telling, telling. Hier en daar ‘n heerlike stukkie showing (beelding). Meestal skram hy heeltemal van liefdestonele weg en wanneer hy dit waag, kan ‘n leser duidelik sien dis ‘n mansmens wat hier skryf wat bitter min van (vroulike) emosies af weet … En steeds is sy boeke wenners.
Ek sou reken die antwoord lê in die unieke stories wat hy vertel, die oortuigende karakters wat hy skep. Dat daar heel dikwels ‘n kindjie met ‘n probleem in sy verhale is, en spesiaal vir my so af en toe ‘n hond, help natuurlik ook.
Die eerste deel van The notebook is vir my ‘n doodgewone, mooi liefdesverhaal, soos duisende (miljoene?) ander. Mooi, maar vergeetbaar. Arm ou ontmoet ryk meisie, ouers verbied haar, hulle verlang jare na mekaar en kom eindelik weer by mekaar uit. Die tweede helfte is op ‘n heel ander vlak. Die bejaarde, siek man wat elke dag so hard werk om vir sy vrou wat deur Alzheimers van hom af weggevat is, MISKIEN ‘n enkele helder oomblik te gee, is werklik besonders geteken. Ware liefde, as jy dit al ooit gesien (gelees) het. Liefde wat nie net vir jongmense is nie. En hoeveel boeke het jy al gelees wat eindig met ‘n (geimpliseerde) liefdestoneel tussen twee hoogs bejaarde mense?
Of ek dit aanbeveel? As jy hou van die liefde, glo in die liefde (of baie hard probéér glo in die liefde) en jy het genoeg tyd en geduld – lees dit! As jy nie tyd en geduld het nie – kyk die fliek. Ten minste het hulle nie die storielyn vermoor, soos by My sister’s keeper nie!

Advertisements
 
 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

2 responses to “The notebook – Nicholas Sparks

  1. Una

    08/02/2011 at 19:23

    Ek het die fliek al 3 keer probeer kyk, maar raak elke keer aan die slaap. Nie eintlik ‘n kompliment vir Sparks nie 🙂 Maar daai toneel waar die ou die meisie so teen die trap opdra …

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: