RSS

Positief oud word … Hoe moontlik is dit?

08 Sep

Over the moonDeesdae is daar heelwat te lees oor positiewe veroudering, o.a. in hierdie boek deur ʼn Suid-Afrikaanse kenner op ʼn hele boel terreine:

http://www.goodreads.com/book/show/17678150-over-the-moon

Die baby boomers is besig om oud te word en baie van hulle doen dit met ʼn bang. Die skrywer reken ons kan baie doen aan hóé ons oud word. Ons weet ook almal dat die ouer mense die deel van die bevolking is wat die vinnigste groei, seker ten minste in ontwikkelde lande.

Maar hoe moontlik is dit om positief oud te word? Hoeveel is geluk en genade en hoeveel kan ʼn mens regtig self bepaal?

Volgend dr. Van Zyl-Edeling is die belangrikste ding om jou kop aan die gang te hou. Maar wat dan van mense soos Reagan en Thatcher wat ook maar Alzheimer’s gekry het? (Nee, ek dink nie dis ʼn aanduiding dat daar min in politici se koppe aangaan nie.)

Natuurlik is daar die redenasie dat ʼn mens ALTYD ʼn keuse het HOE jy ʼn ding hanteer, selfs al is dit ʼn aaklige situasie waaroor jy geen beheer gehad het nie. Maar dis ook baie maklik om te sê as jyself nie binne-in daardie situasie is nie.

Om positief oud te word (of om positief min of meer enigiets te doen) verg dat ʼn mens bewustelik moet lewe. Vir my beteken bewustelik lewe dat jy dink oor hóé jy leef en nie maar net saam met die stroom dryf nie. In my ondervinding is dit iets wat bitter min mense doen. Die meeste van ons doen maar wat ons hand vind om te doen, sonder om veel aandag te gee aan hoekom ons dit doen.

Bewustelik leef kan ook negatief wees, dink ek. As ʼn mens depressief is, leef jy besonder bewustelik, want jy dink en mopper en wroeg oor alles wat jy doen of nie doen nie. Maar dis nie ʼn opbouende manier van dink wat tot oplossings lei nie. Dis eerder (volgens my) ʼn baie selfgesentreerde manier van dink wat konsentreer op jouself en alles wat (volgens jou) met jou verkeerd is.

Hoeveel van ons sal regtig positief kan bly as ons chronies siek word? As ons in ons grysheid heeltemal te min geld het? As ons kinders almal oorsee gaan bly? As ons deel van die misdaadstatistiek word? As ons al hoe eensamer word omdat ons vriende en tydgenote aan die uitsterf is terwyl ons aanhou lewe, of ons nou wil of nie?

O genade, nou het ek myself in ʼn depro in gedink. (Nogal een van my groot talente.) Dalk is die uitdaging maar net om solank ons nog kan, alles in ons vermoë te doen om die ellendes hierbo te vermy. Gesond lewe, spaar, entoesiasties agter ons kinders aan vlieg (teoreties gaan ons mos die geld hê as ons mooi spaar), ons deure sluit en niemand vertrou nie (aaklig vir my), sorg dat ons jong vriende ook maak en sorg dat ons aangename geselskap bly.

ʼn Helse uitdaging, lyk dit vir my. Dalk het die slim vrou in die boek vir ons antwoorde hierop. Ek sal laat weet as ek dit vind.

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , , , , , ,

2 responses to “Positief oud word … Hoe moontlik is dit?

  1. yvettedevilliersY

    09/09/2013 at 09:41

    Om ‘n lekker oumens te wees: seker die belangrikste, en een van die moeilikste, uitdagings van oudword.

     
    • Alta Cloete

      15/09/2013 at 17:37

      O jinne, met die huidige rugpyn voel ek stokoud!!

       

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: