All posts by Alta Cloete

About Alta Cloete

Bolandse skrywer van van eg-Suid-Afrikaanse lekkerleesstories

Van vaders en vlugtelinge – SJ Naude

BINNEKORT!

Van die uitgewer:

Daniël voer ’n trekvoëlbestaan tussen Londen en Kaapstad. Wanneer sy bejaarde pa sterf, bevat dié se testament ’n ongewone klousule: Daniël sal slegs sy deel van die boedel erf indien hy besoek aflê by sy neef Theon, op die ou familieplaas in die Vrystaat. Dié besoek lei tot ’n ander reis – hy en sy neef neem ’n siek seuntjie na Tokio, met die hoop dat ’n nuwe soort behandeling die kind sal genees. 

’n Aangrypende roman deur die bekroonde skrywer SJ Naudé. 

Die kerkseun – Wiaan Janse van Rensburg

Einde Augustus van ‘n jong skrywer!

Van die uitgewer:

Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van my af.

Willem is ‘n eenkantkind. Sy pa, die formidabele dominee Riaan Cronje, is die trots van Bijlstad se Moedergemeente. Sy woord is wet; dit bepaal dat Willem in sy voetspore sal volg en ook die kansel bestyg.

By die seunskool tel al die Bybelstudie egter vir niks. Daar is Willem omring deur ‘n spul Filistyne wat die see nie kan skoon was nie; tieners met seks op die brein en ‘n dialek wat die verf van die mure af laat dop.

Te midde ‘n eensame uur in ‘n koffiewinkel, kom sit ‘n aantreklike ouer studentemeisie oorkant die kerkseun. Sonder om ‘n woord te rep, neem sy ‘n hap van sy beskuit, ‘n sluk van sy koffie, en verdwyn so gou soos sy verskyn het.

Willem, te oorbluf om enige rooi vlaggies op te let, is natuurlik die volgende dag terug.

Sy ook.                                           

Chief Inspector Armand Gamache Series – Louise Penny

Inspector Gamache het die natste, koudste winter in baie, baie jare vir my draagliker gemaak. Terwyl ek eintlik ‘n wintermens is. Daar is 18 fantastiese boeke. (Die meeste is op die Libby app beskikbaar.) Armand Gamache is ‘n gentleman, ‘n speurder wat nie hard en bitter gemaak is deur die ondenkbare gruwels wat hy in sy werk aanskou nie. Iemand wat kindness behou het. Iemand met respek vir die lyke wie se dood hy ondersoek, iemand wat steeds in die mens se goedheid glo. Ek was nie verbaas toe ek agterkom sy karakter is op die skrywer se man gebaseer nie. (Kyk op Goodreads vir die hele reeks.)

Still life is die eerste boek in die reeks. Dis goed, maar nie noodsaaklik om die boeke in volgorde te lees nie. Moenie die ervaring misloop omdat jy nie almal in volgorde in die hande kan kry nie. (Partye van die oueres is redelik goedkoop op Amazon.)

The discovery of a dead body in the woods on Thanksgiving Weekend brings Chief Inspector Armand Gamache and his colleagues from the Surete du Quebec to a small village in the Eastern Townships. Gamache cannot understand why anyone would want to deliberately kill well-loved artist Jane Neal, especially any of the residents of Three Pines – a place so free from crime it doesn’t even have its own police force.

But Gamache knows that evil is lurking somewhere behind the white picket fences and that, if he watches closely enough, Three Pines will start to give up its dark secrets…

Die binneland in – Dana Snyman

Dana Snyman is volksbesit. Met Die binneland in verken dié geliefde skrywer ons land en sy mense vandag. Dana reis landin, op soek na sekerheid en lig. Hy rou oor dié wat weggeval het, soos die ikoniese Fred Mouton. Hy gesels met Pipo die clown, die karwag wat Adriaan Vlok onthou en oom Bok Horn wat ’n leeu uitoorlê het. In die nadraai van die pandemie, met beurtkrag, oorlog in Oekraïne en die politiek, begin mense moed opgee, ook oor hulself. Maar Dana vind hoop, liefde – en geloof.

Kom kuier saam op Wellington!

Die gawe van groen is ‘n baie besondere boek!

Die binneland is aan die doodgaan; droogte wurg die lewe uit alles wat eens mooi was. Gerugte bereik koning Ghatra van die Noorde, gerugte van ’n reënkoningin wat krag oor die waters het. As die stories waar is, kan hierdie Sati-met-die-Gawe die drie ryke red en sy koninkryk herstel. So word ’n kontrak gesluit vir ’n jong vrou se lewe. ’n Reuse bruidskat word na Sati se pa gestuur op die kus, en in ruil moet sy saam met Ghatra se manskappe op die wa terug die dorre binneland in reis. Nou vind Sati van die Suidland haarself ver in die vreemde, op pad na ’n lewe wat sy haarself nie kan verbeel nie. Maar die jong soldaat, Djimon, ontferm homself oor sy koning se nuwe bruid. Hy stap langs haar op die lang pad, dra vir haar veldblomme aan, wys vir haar waar die mooi wegkruip in so ’n ongenaakbare land. Dis hy wat die groen in haar laat blom. Maar soos Sati meer uitvind van hierdie nuwe land en die mans wat nou skielik oral in haar lewe vertoon, begin sy wonder of enigiemand die meisie agter die Gawe raaksien. En wanneer die koning se planne vir haar duidelik raak, vind Sati uit daar lê iets meer agter die groot Groen wat in haar binneste groei.

Saartjie die spinnekop met sewe bene – Riana Scheepers

Amanda Claassens se resensie van Saartjie – ek kan dit nie beter beskryf nie:

Hoe Saartjie haar been verloor het.

’n Pragtige nuwe, eg-Afrikaanse publikasie vir kinders is vandeesmaand op die rakke. Riana Scheepers se nuutste boek vertel die verhaal van Saartjie, die spinnekop met sewe bene. Saartjie is ’n krapspinnekoppie, en loop skeef-skeef soos ’n krap. Wanneer sy haar agt pote intrek, lyk sy inderdaad ook presies soos ’n krap.
In hierdie verhaal, wat ideaal is om voor te lees aan kleuters en jong kinders, hoor ons hoe Saartjie ’n been verloor omdat iemand haar juis vir ’n krap aansien. Haar maatjie, Alten Akkedissie, het al ’n stert verloor aan die hand van dieselfde vrou. Dan is daar ook nog gif wat ’n bedreiging inhou.
Terwyl die kinders hoor van Saartjie se wedervaringe, is daar sommer ook geleentheid om te leer van kamoeflering, blomme en kleure. Elsabé Ebersöhn se illustrasies is werklik uitmuntend, kunswerke in eie reg.
Saartjie sal met reg kan pronk op elke kind se boekrak.

The Well-Lived Life – Dr Gladys McGarey

Wonderlike boek vol wysheid deur die ongelooflikste 102-jarige vrou.

Dr Gladys McGarey, the mother of holistic medicine and a still-practicing doctor at 102, reveals her powerful secrets for how to live with joy and vitality at any age.

The Well-Lived Life offers a counterintuitive approach to living a rich, full, and purposeful life that isn’t about conserving energy, but rather about spending it wildly. By inspiring readers to find their “juice” and live in alignment with their true purpose, offering them healing at the deepest level – in body, mind, and spirit.

By sharing stories of miraculous healing from her patients as well as from her own extraordinary life, Dr. Gladys will transform how readers think not only about health and healing, but ultimately a satisfying life.

Hier antwoord sy ‘n paar vrae: https://www.penguinrandomhouse.co.za/penguinbooksblog/qa-well-lived-life-author-dr-gladys-mcgarey

Daar is baie onderhoude met haar op YouTube beskikbaar.

Sluitstuk – Johann Rossouw

Hierdie boek slaan duidelik op Karel Schoeman se lewe en dood. Ek wonder hoeveel is feit en hoeveel is fiksie.

Inligting van die uitgewer:

Drie jaar ná die dood van een van Afrikaans se grootste skrywers kom ’n Nederlandse vrou Suid-Afrika toe om navorsing vir ’n biografie oor sy lewe te doen. Sy besoek die skrywer se voormalige vakleerling om meer oor die enigmatiese figuur vas te stel – bykans dertig jaar nadat die twee mans se weë pynlik geskei het.

Onder die priemende blik van die biograaf lê die vakleerling, eens ’n aspirantskrywer en nou ’n Zen-monnik, sy lewe bloot in die bestek van een nag.

Wie was die groot skrywer werklik? Waarom was die impak van sy kluisenaarsbestaan en sy werk op die jong man so enorm? Hoekom het die skrywer hom na sy eensame sterfbed laat kom? Wat is die ware rede agter die Nederlander se biografie?

Sluitstuk  is ’n elegiese roman oor verlange, verlies, wraak en versoening wat die roete na stilte en die skeppingsimpuls oopskryf.

30 beste Bokke – Dawie Boonzaaier

Wie is die beste Springbok van die moderne era?

Hoe kies jy tussen Bakkies Botha en Eben Etzebeth? Moet Os du Randt of Beast Mtawarira jou skrum anker? Sou Juan Smith vir Pieter-Steph du Toit disnis duik? Hierdie vrae, en soveel meer, word deur ’n gesaghebbende paneel van voormalige Bok-afrigters soos Carel du Plessis, Nick Mallett, Jake White en Peter de Villiers beantwoord.

Van die land se top rugbyskrywers bied onderhoude, interessante statistiek, foto’s en staaltjies uit die kleedkamer. Daarby word die beste en grootste oorwinnings in Bok-rugby gelys, die Suid-Afrikaanse taktiese innovering word ontleed, en ’n beste Springbok-vyftiental word aangewys.

Die mavericks, die grootste duikslae, die sakke vol trofeë, die inspirerende leiers, die kan-nie-mis-stelskoppers, en ja, die absolute rugbygenieë, word met hierdie boek gevier.

  • Volkleur, leesbaar en vol lekker feite en brokkies
  • Bydraes deur toprugbyskrywers soos Bokkie Gerber, Vata Ngobeni, Brenden Nel en Simnikiwe Xabanisa
  • Omvattend: dit sluit ook die beste Bok-spanne, -oorwinnings en individuele vertonings in Oor die skrywer:
  • Dawie Boonzaaier is ‘n joernalis by die weeklikse koerant, Rapport. Hierdie boek word in samewerking met dié koerant vrygestel.

Dwelm – Rudie van Rensburg

Twee gewese speurders word koelbloedig langs ’n plaasdam afgemaai . . .
En Kassie en Rooi moet die moordsaak oorneem by ’n uitgedunde Paarlse speurspan wat al ’n week lank daarmee kleitrap. Kassie bevraagteken die Paarliete se afleiding dat diefstal die motief vir die moorde was. Wanneer hy en Rooi ander moontlikhede ondersoek, begin dinge doller as kopaf raak.
Om sake vir Kassie te vererger, beleef hy ’n yslike persoonlike krisis wat hy nie weet hóé om te hanteer of op te los nie . . .

https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780795802607

Diana se dag – Helene de Kock

Inligting van die uitgewer:

Toemaar, jou dag sal kom . . . Dis die woorde wat Diana Botha, wynmaker van die spoglandgoed Soeterwijn, help om staande te bly en telkens weer die lewe met nuwe ywer aan te pak. As jong meisie erf sy die las van ’n skande vir iets waaraan sy geen skuld het nie. Dit pla haar tot ’n studiebeurs haar help om haar passie vir wynmaak te laat ontluik. Maar in die Boland leer sy opnuut dat vooroordeel steeds stewig in die mensdom sit.

Ons skulde – P.P. Fourie

Van die uitgewer:

Emma reis na Clarens om haar man se as te strooi. Terwyl sy by tante Vera tuisgaan, daag ’n geheimsinnige koevert op waarvan die inhoud Vera angsbevange maak. Dit blyk dat sy jaarliks anoniem só gedreig word voordat daar op iets wat vir haar kosbaar is toegeslaan word. Wie koester ’n wrok teen Vera? Waarom? Sal Emma antwoorde vind voordat die teisteraar se wraak toeneem?
Met die spannende ontrafeling van ’n skrikwekkende raaisel word temas van skuld, straf, boetedoening en vergifnis ondersoek.

Verbly julle in die hoop – Helena Hugo

Verbly julle in die hoop is die tweede boek in die drieluik met die temas geloof, hoop en liefde wat verbeeld word deur die lewensverhaal van Andreas Beyers. Ons eerste ontmoeting met ’n jong Andreas is in Geloof soos ’n mosterdsaadjie, en hier vind ons hom waar hy terug delf in die verlede. Dit is Vrydag 20 Maart 2020: Die huis waar Andreas die afgelope vyf jaar gewoon het, is opgepak. Die volgende dag vertrek hy saam met sy kinders na ’n aftreeoord in die Strand waar hy die laaste jare van sy lewe sal slyt. Hoewel Covid-19 inperkings aan die orde van die dag is, weet die meeste Suid- Afrikaners, asook Andreas en die ander mense op die plattelandse dorpie glad nie wat op hulle wag nie. Verbly julle in die hoop sal harte aanraak en twyfelaars nuwe moed gee. Jesus se volgelinge hoop nie omdat hulle wens dat dit eendag beter met hulle sal gaan nie; hulle leef in blydskap omdat hul wense reeds vervul is. Dit moes Andreas Beyers eers leer voordat hy blywende geluk kon vind.

Inligting van LAPA Uitgewers

Onder ‘n bloedrooi hemel – Annemarie van Niekerk

Hierdie boek se Nederlandse uitgawe het alreeds ‘n belangrike prys gewen! (Die skrywer is ‘n Suid-Afrikaner wat in Nederland woon en werk.)

Van die uitgewer:
In haar memoir vervleg Van Niekerk haar eie lewensverhaal aangrypend en onthutsend eerlik met ’n verkenning van die groot kwessies in ons land: geweld teen vroue, skuld en onmag, aandadigheid en keuse. Onder ʼn bloedrooi hemel is ʼn diep ontroerende persoonlike reis, van geweld na genade, meesterlik vertel.

Annemarié van Niekerk woon in Den Haag, maar keer terug Suid-Afrika toe vir die begrafnis van haar liewe vriend Ruben, wat saam met sy ma op hul plaas in die Oos-Kaap vermoor is.

Dié reis lei haar terug na ander reise: van haar grootwordjare in die destydse Port Elizabeth in ’n liefdevolle, maar streng Nasionale huishouding, na Umtata, waar sy by UNITRA gaan klasgee, en verstrengel raak in ’n verhouding met Denzel, ’n swart skrywerskollega. Iets wat lei na jarelange ernstige konflik met haar pa. Dan na Hillbrow, en later na Yeoville, waar sy en Denzel – teen die wet – saamwoon en aktief is in skrywerskringe. Tot geweld ook hul verhouding binnedring. Die laaste reis is ’n terugkeer na die moord op Ruben en sy ma, en na die moordenaars se lewens, in ’n strewe na verstaan.

NB-Uitgewers/Publishers

Sensitive: the power of a thoughtful mind in an overwhelming world – J. Granneman & A. Solo

Dr. Elaine Aron is die baanbreker wat die wereld bewus gemaak het dat daar iets soos hoogs sensitiewe mense bestaan. Hieronder is ‘n definisie van die persoonlikheidstrek: A highly sensitive person is more aware of social stimuli, such as other people’s voices and facial expressions. They may be particularly empathetic but also more prone to overstimulation.
Dis ‘n jammerte dat ek eers in my sestigs ontdek het ek val ook onder die rofweg 20% van die bevolking wat die omgewing (fisiek, emosioneel, sosiaal, ens.) meer intens beleef as die meeste mense. En geleer het dis ‘n eienskap, nie ‘n siekte of diagnose nie. Boeke soos Aron se The highly sensitive person en die nuwe Sensitive kan ander help om die ontdekking vroeg in hul lewe te maak. Dit lei tot groter begrip en waardering vir jouself en gee jou vaardighede om nie so maklik oorweldig te raak nie. Ek het in 2019 ‘n aanlyn kursus by dr. Aron gedoen (voor aanlyn kursusse doodgewoon geword het) en dit het my gehelp om op hierdie rype ouderdom myself beter te aanvaar en minder te kritiseer.

Van die uitgewer:

Have you ever been told you’re too sensitive? Welcome to the club.

Nearly 1 in 3 people have the genes to be more sensitive than others. But what if we said it doesn’t have to be the insult it’s always been framed as?

Highly sensitive

· Have a heightened sense of empathy
· Tune into subtle details and make connections that others miss
· Are often wonderfully creative

Through fascinating research, expert storytelling and practical insight, this book will teach you how to unlock the potential in this undervalued strength and leverage it in your relationships, your work and your life.

Shattering the myth that being sensitive is a weakness, Sensitive will change – once and for all – how the world sees sensitive people, and how they see themselves.

Vera Wong’s Unsolicited Advice for Murderers – Jesse Q. Sutanto

Ek is nog besig met hierdie prettige cosy mystery – as moord nou prettig kan wees. Maar as die slagoffer ‘n nare mens was, is dit seker meer toelaatbaar om die storie te geniet. Vera Wong is ‘n bejaarde (sy is 60!!!) Chinese tannietjie in San Fransisco. Haar man is oorlede en haar seun het te grand geraak vir haar – en sy soek chronies vir hom vrou. Sy sit daagliks in haar teewinkeltjie, waar sy nog net een getroue klant oor het. Haar wereldjie is besig om stadig rondom haar te vergaan, maar sy byt vas, want sy ken geen ander lewe nie. Maar dan kom sy een oggend in die winkel en daar is ‘n dooie man op die vloer … Ek vermoed sy word maar as ‘n karikatuur geteken, maar mens sien tog iets van immigrante se vasbyt en swaarkry en die pyn van ouer en eensaam word. Maar hierdie tannietjie besluit sy gaan die moordenaar vang – terwyl die polisie glad nie glo dis ‘n moord nie. Maar hulle weet nie sy het ietsie uit die man se hand gehaal nie … Vera se wapen is tee en kos en haar aanname is dat ‘n moordenaar altyd terugkom na die toneel van die moord. En hulle kom dan ook, nie een nie, maar vier van hulle …

Inligting van die uitgewer:

Put the kettle on, there’s a mystery brewing…
Tea-shop owner. Matchmaker. Detective?

Sixty-year-old self-proclaimed tea expert Vera Wong enjoys nothing more than sipping a good cup of Wulong and doing some healthy ‘detective’ work on the internet (AKA checking up on her son to see if he’s dating anybody yet).

But when Vera wakes up one morning to find a dead man in the middle of her tea shop, it’s going to take more than a strong Longjing to fix things. Knowing she’ll do a better job than the police possibly could – because nobody sniffs out a wrongdoing quite like a suspicious Chinese mother with time on her hands – Vera decides it’s down to her to catch the killer.

Nobody spills the tea like this amateur sleuth.

https://www.goodreads.com/book/show/61070572-vera-wong-s-unsolicited-advice-for-murderers

Nou in infrarooi – Tom Dreyer

Ek is nie besonder goed met gedigte nie (behalwe as dit deur ‘n stemkunstenaar voorgelees word) en ek was ekstra skrikkerig vir hierdie bundel. Tom Dreyer is die skrywer van verskeie letterkundige romans wat pryse gewen het en waarvan ek ongelukkig nie veel verstaan het nie. Groot is my verrassing dus toe ek hierdie bundel versigtig oopmaak en skrikkerig begin lees. Al verstaan ek nie alles nie, gryp dit my aan. En dis die belangrikste, dink ek.

Inligting van Kwela Boeke:

Fisika, die metafisiese, en selfs wetenskapfiksie word verweef in Nou in infrarooi. Soos die titel suggereer, gaan dit hier oor dit wat sigbaar is versus dit wat nié deur blote sig waarneembaar is nie. Bestaande plekke – sommige naby en ander ver – word taktiel en ewokatief in reisgedigte uitgebeeld. Hiermee saam hang die verkenning van die onsigbare: van identiteit, ’n soeke na waar jy hoort, weemoed en liefde. ’n Debuutbundel wat bekroonde skrywer Tom Dreyer onomwonde as digter vestig.

Outlive: the science and art of longevity – Dr. Peter Attia

RETHINKING MEDICINE TO LIVE LONGER BETTER

Wie van ons wil nie graag lank lewe, maar ook so gesond as moontlik bly nie? Dr. Peter Attia maak ‘n oortuigende saak uit dat dit wel moontlik is. Dis pitkos, ek lees stukkie vir stukkie, maar dis duidelik dat hy uit wye ondervinding en uitgebreide studie in verskeie velde praat.

A groundbreaking manifesto on living better and longer that challenges the conventional medical thinking on aging and reveals a new approach to preventing chronic disease and extending long-term health, from a visionary physician and leading longevity expert.
 
“One of the most important books you’ll ever read.”—Steven D. Levitt, New York Times bestselling author of Freakonomics
 
Wouldn’t you like to live longer? And better? In this operating manual for longevity, Dr. Peter Attia draws on the latest science to deliver innovative nutritional interventions, techniques for optimizing exercise and sleep, and tools for addressing emotional and mental health.
 
For all its successes, mainstream medicine has failed to make much progress against the diseases of aging that kill most people: heart disease, cancer, Alzheimer’s disease, and type 2 diabetes. Too often, it intervenes with treatments too late to help, prolonging lifespan at the expense of healthspan, or quality of life. Dr. Attia believes we must replace this outdated framework with a personalized, proactive strategy for longevity, one where we take action now, rather than waiting.
 
This is not “biohacking,” it’s science: a well-founded strategic and tactical approach to extending lifespan while also improving our physical, cognitive, and emotional health. Dr. Attia’s aim is less to tell you what to do and more to help you learn how to think about long-term health, in order to create the best plan for you as an individual. In Outlive , readers will discover:
 
• Why the cholesterol test at your annual physical doesn’t tell you enough about your actual risk of dying from a heart attack.
• That you may already suffer from an extremely common yet underdiagnosed liver condition that could be a precursor to the chronic diseases of aging.
• Why exercise is the most potent pro-longevity “drug”—and how to begin training for the “Centenarian Decathlon.”
• Why you should forget about diets, and focus instead on nutritional biochemistry, using technology and data to personalize your eating pattern.
• Why striving for physical health and longevity, but ignoring emotional health, could be the ultimate curse of all.
 
Aging and longevity are far more malleable than we think; our fate is not set in stone. With the right roadmap, you can plot a different path for your life, one that lets you outlive your genes to make each decade better than the one before.

Inligting van die uitgewer

Freckles – Cecelia Ahern

‘n Subtiele liefdesverhaal wat gebou is om die beginsel dat ‘n mens word soos die vyf mense saam met wie jy die meeste tyd deurbring. Dit mag nie jou familie wees nie en ook nie iemand wat jy aanlyn ken nie. Die heldin het al haar dae om haar vyf mense te vind – en hulle is nie wie sy gedink het nie.

What if the people who have the power to change your life are the ones who have been there all along…

Her legacy from her mother is more complicated – until one question from a stranger inspires a change. What if it isn’t about fitting in, but finding the people who make you who you are? Who would those people be?

Deur die vuur – Alita Steenkamp

Splinternuwe jeugverhaal, geinspireer deur die perdjie Cody wat na die Knysna-brande so wonderlik weer sy huis gevind het.

Inligting van Naledi Boeke:

Hoe kan enigeen van ʼn perd hou, wonder Simon Spies. Perde het al in sy lewe vir groot hartseer gesorg. Wanneer hy en sy skoolmaats net voor die Julie-vakansie uit die skool geskors word, wag daar ʼn bittere straf op Simon. Hy moet vir die vakansie op ʼn perdeplaas gaan werk terwyl sy ma iewers oorsee rondflenter. Dis die ergste straf wat sy ma aan hom kon gee want sy weet hy háát perde.

Wanneer hy op Brumbie’s Cove aanland, leer ken hy vir Carin, die perdefluisteraar wat moet sorg dat hy die vakansie net daar bly en hard werk. Hy ontmoet ook vir Liesl, die meisie met die koperrooi hare wat ook onverstaanbaar lief is vir die proesende gedoentes waarvan hy niks hou nie. Dan is daar Avik, die vosperd met die ster op die voorkop en die donkerbruin oë wat altyd so diep kyk. Simon is vasberade om nie sy siening oor perde te verander nie. Maar dan begin die wêreld om hulle brand. Hoe gaan almal deur die vuur kom?

Die klein prinsie – Antoine de Saint-Exupéry

Die verteller, ’n vlieënier, vertel hoe hy die klein prinsie ontmoet ná ’n noodlanding met sy vliegtuig in die woestyn. Die klein prinsie praat oor sy planeet, oor ander planete wat hy besoek en oor die vreemde gedrag van die grootmense. Dit is ’n storie vol diepe lewenswysheid.

“Vaarwel,” sê die jakkals. “Hier is my geheim. Dit is baie eenvoudig: Mens kan net werklik sien met jou hart. Dit wat regtig saak maak, is onsigbaar vir die oë.”

Hierdie tydlose verhaal is geliefd onder jonk en oud. Die pragtige illustrasies is deur die skrywer self.

Skrywer en illustreerder

Antoine de Saint-Exupéry (1900-1944) was ’n Franse skrywer en vlieënier. Hy het van Frankryk se hoogste literêre toekennings ontvang. Hy het Le Petit Prince ʼn jaar voor sy dood geskryf. Dit is in meer as 300 tale vertaal. Hy is in 1944 op ’n verkenningstog tydens die Tweede Wêreldoorlog oor die Middellandse See neergeskiet.

Happy place – Emily Henry

A couple who broke up months ago make a pact to pretend to still be together for their annual weeklong vacation with their best friends in this glittering and wise new novel from #1 New York Times bestselling author Emily Henry.

Harriet and Wyn have been the perfect couple since they met in college—they go together like salt and pepper, honey and tea, lobster and rolls. Except, now—for reasons they’re still not discussing—they don’t.

They broke up six months ago. And still haven’t told their best friends.

Which is how they find themselves sharing the largest bedroom at the Maine cottage that has been their friend group’s yearly getaway for the last decade. Their annual respite from the world, where for one vibrant, blue week they leave behind their daily lives; have copious amounts of cheese, wine, and seafood; and soak up the salty coastal air with the people who understand them most.

Only this year, Harriet and Wyn are lying through their teeth while trying not to notice how desperately they still want each other. Because the cottage is for sale and this is the last week they’ll all have together in this place. They can’t stand to break their friends’ hearts, and so they’ll play their parts. Harriet will be the driven surgical resident who never starts a fight, and Wyn will be the laid-back charmer who never lets the cracks show. It’s a flawless plan (if you look at it from a great distance and through a pair of sunscreen-smeared sunglasses). After years of being in love, how hard can it be to fake it for one week… in front of those who know you best?

Kry Harriet en Wyn se storie hier: https://www.graffitibooks.co.za/index.php?page=BoekI&lang=af&isbn=9780241997932&type=book-isbn

Dolos – Jaco Wolmarans

INLIGTING VAN TAFELBERG UITGEWERS:
Tex Texeira se wittebrood in die Caprivi word wreed onderbreek. ’n Agent van ’n geheime Mosambiekse ondersoekeenheid het die gevreesde Mecau-dwelmkartel geïnfiltreer en inligting ontdek wat só sensitief is dat hy niemand anders as Tex daarmee sal vertrou nie. Die rede: dit betrek ’n hooggeplaaste Suid-Afrikaner. Die agent moet dringend bereik word . . . solank Tex die aandag van Islamitiese ekstremiste kan vermy. En die kruishaar van ’n sluipskutter wat die Mecau-luitenante meedoënloos uitwis.

Sagie se storie – Jan van Tonder

Ek dink mens se lewe sal armer wees as jy nie Sagie se volledige storie gelees het nie. Een van die aangrypendste karakters in Afrikaans. Ons eie moderne Ampie? Nie dat Sagie met enigiemand vergelyk wil word nie – hy is Sagie en dis al.
Ja, ek skryf asof hy regtig lewe, want ek kan sweer hy en Ansie leef lank en gelukkig saam op Greundal. Dis hoe ‘n werklik aangrypende karakter met jou maak – hy vat jou vas en word vir jou werklik.
Ek kan hierdie boek nie sterk genoeg aanbeveel nie!

Die storie van Sagie, seun van die Klein-Karoo, wat oor soveel jare heen in soveel harte gekruip het, word eindelik hier in een band klaar vertel. Van begin tot einde. Is Sagie het die eerste keer in 1987 verskyn, Is weer Sagie in 2013, en nou, tien jaar later, verskyn die slot in dié besonderse trilogie: Sagie is.

Reg in die middel van nerens – Nellie Alberts

‘n Lekker jeugverhaal oor ‘n stadseun wat in die Boesmanland moet oorleef en in die proses heelwat wyser word oor baie dinge.

Inligting van LAPA Uitgewers:

Vir die eerste keer vandat Vandre en sy ma Engeland toe geëmigreer het, gaan hy en sy pa sy ouma-hulle besoek, maar ’n lelike motorongeluk reg in die middel van die Boesmanland ontspoor hulle planne. Vandre, op soek na hulp vir sy beseerde pa, verdwaal heeltemal in ’n onbekende stukkie van die wêreld.

Dit word ’n stryd van oorlewing teen die natuur en teen homself.

Die laaste kanariegeel notaboek – Anchien Troskie

Mia Steyn is nog bloedjonk wanneer haar broer haar een laatmiddag by ’n losieshuis in Bloemfontein, aflaai. Dis toe sy ’n stowwerige boekwinkel instap dat Mia besef dis waar sy wil werk. Kort voor lank vind sy haar voete, én verloor sy haar hart.
Die laaste kanariegeel notaboek is die jongste roman uit die pen van blitsverkoperskrywer Anchien Troskie. Niks is ooit soos dit lyk op die oppervlak nie, besef ’n mens weer met die lees van hierdie aangrypende storie binne ‘n storie. 

https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798183703

  

Met my honde: ‘n Suid-Afrikaner se vlug uit Oekraïne – Hilda Van Dyk

‘n Besondere boek wat beide die goed en die kwaad in die lewe uitlig. Die smart en lyding van oorlog, maar ook die goedheid van vriende en vreemdelinge. Die liefde vir diere en die belangrikheid van troeteldiere vir mens se geestesgesondheid. Oomblikke van hoop en van wanhoop in ‘n harde tyd van oorlog en vernietiging.
Sterk aanbeveel!
View all my reviews

Inligting van die uitgewer:
Toe die eerste bomme op Februarie 2022 Kijif aan flarde skiet, was Kobus Olivier gereed. Maar om te vlug was bloot nie ’n opsie nie – wat sou van sy vier geliefde honde word? In Met my honde word Kobus en sy vier brakke se verhaal vertel. Die angswekkende nagte terwyl bomme om hul neerreën, die verhaal van onvoorwaardelike liefde tussen mens en dier, en hoe jy selfs tydens ’n oorlog op die hulp van vreemdelinge kan staatmaak.
Kry die boek hier: https://www.graffitiboeke.co.za/af/Soek

Tuiskoms van die hart – Marile (Alta) Cloete

Elsbet Minnaar keer terug na Suid-Afrika ná sy lank in die buiteland netbal gespeel. Sy is tuis vir een doel: Om behandeling vir haar depressie in ‘n kliniek te ontvang. Niemand is bewus van haar stryd met depressie nie, want sy beplan om terug te keer na Australie sodra sy uit die kliniek ontslae word en verkies om dit geheim te hou. Sy word genoodsaak om haar eerste aand oor te slaap in Brent, ‘n ou skoolkennis, se huis in die Boland. Sy vertrek die volgende oggend na die kliniek, gerus dat Brent nie weet van haar planne nie. ‘n Paar dae later daag Brent egter by die kliniek op nadat ‘n vriend toevallig gehoor het van haar opname. Elsbet is sy geskok, maar Brent maak dit gou duidelik dat hy haar deur die proses gaan bystaan. Hul v erhouding ontwikkel geleidelik en kort voor lank besef ablei dat daar sterk gevoelens is wat nie geïgnoreer kan word nie. Maar Elsbet moet egter eers besluit of sy haar internasionale netballoopbaan gaan laat vaar ter wille van liefde, en of sy van Brent gaan probeer vergeet en terug keer Australië toe.

Koop hier: https://lapa.co.za/tuiskoms-van-die-hart-marile-cloete

Aanlyn – Trisa Hugo en Analize Viljoen (samestellers)

Boekemakranka het die eerste e-boek in Afrikaans gepubliseer, die eerste aanlyn boekbekendstellings gedoen gedurende die inperking, en nou bring ons vir lesers die eerste aanlyn bundel op VivA se rewolusionêre nuwe platform. Digitale publikasies in Afrikaans gaan nooit weer dieselfde wees nie.

Ons het ’n aantal bekende en gewilde skrywers gevra om vir ons kortverhale te skryf met die tema “aanlyn”. Die skrywers kon die tema interpreteer soos hulle wou, en in enige genre van hul keuse skryf. Die verhale is uiteenlopend en daar is iets vir almal: slim stories, snaakse stories, stof tot nadenke, misdaad, drama en liefde.

Aanlyn is twaalf gunstelingskrywers se verhale in een bundel.

Skrywers wat deelgeneem het: Trisa Hugo, Analize Viljoen, Ben Viljoen, Henk Breytenbach, Dibi Breytenbach, Francois Bloemhof, Zelda Bezuidenhout, Alta Cloete, Juanita Aggenbach, Daniel Lotter, Annerle Barnard, Henda Olivier

Koop Aanlyn hier: https://viva-uitgewers.org/product/aanlyn/