Tag Archives: kinderboeke

Saartjie die spinnekop met sewe bene – Riana Scheepers

Amanda Claassens se resensie van Saartjie – ek kan dit nie beter beskryf nie:

Hoe Saartjie haar been verloor het.

’n Pragtige nuwe, eg-Afrikaanse publikasie vir kinders is vandeesmaand op die rakke. Riana Scheepers se nuutste boek vertel die verhaal van Saartjie, die spinnekop met sewe bene. Saartjie is ’n krapspinnekoppie, en loop skeef-skeef soos ’n krap. Wanneer sy haar agt pote intrek, lyk sy inderdaad ook presies soos ’n krap.
In hierdie verhaal, wat ideaal is om voor te lees aan kleuters en jong kinders, hoor ons hoe Saartjie ’n been verloor omdat iemand haar juis vir ’n krap aansien. Haar maatjie, Alten Akkedissie, het al ’n stert verloor aan die hand van dieselfde vrou. Dan is daar ook nog gif wat ’n bedreiging inhou.
Terwyl die kinders hoor van Saartjie se wedervaringe, is daar sommer ook geleentheid om te leer van kamoeflering, blomme en kleure. Elsabé Ebersöhn se illustrasies is werklik uitmuntend, kunswerke in eie reg.
Saartjie sal met reg kan pronk op elke kind se boekrak.

Gratis kinderboek teen geweld in vier Suid-Afrikaanse tale!

cover IDEE 1.inddLAPA Uitgewers en die bekroonde skrywer Wendy Maartens het pas aangekondig dat die prenteboek Drie hoera’s vir Denver gratis, en in vier Suid-Afrikaanse tale, in PDF-formaat beskikbaar gestel word as deel van die veldtog 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders.

Hierdie pragtige, volkleur boek is dus van vandag af gratis beskikbaar in Afrikaans, Engels, Xhosa en Zoeloe. Klik hier: http://bit.ly/2iasRVp – of maak gebruik van die QR-kode (aangeheg) wat gedruk en gefotostateer kan word.

Die belangrike internasionale veldtog, 16 dae van aktivisme, word elke jaar van 25 November tot 10 Desember gehou om bewusmaking te kweek vir die lot van vroue en kinders wat slagoffers van geweld is.

Drie hoera’s vir Denver vertel die aangrypende verhaal van ’n seuntjie genaamd Denver wat baie mooi kan sing, maar begin hakkel nadat sy ma se kêrel by hulle kom bly. Die storie wys op ’n deernisvolle manier hoe dinge uiteindelik beter word nadat Denver die moed bymekaarskraap om sy ma en sy sangjuffrou te vertel dat dinge nie reg is by die huis nie.

Drie hoera’s vir Denver het in 2009 die eerste keer by LAPA Uitgewers verskyn, met illustrasies deur Alida Bothma. Dit is ook in Engels, Xhosa en Zoeloe vertaal. Benewens ’n storie, bevat die boek ook belangrike wenke wat ouers en versorgers kan volg om kinders te bemagtig sodat hulle nie sal stilbly oor mishandeling nie.

* * *

Wendy Maartens is beskikbaar vir onderhoude.

Rig asseblief alle navrae aan Izak de Vries: izakd@lapa.co.za of 021 689 3100.

Ons kinderboekkoning wen weer!

Jaco en Zerelda wen ’n IBBY!

LAPA UitgeMoenie hierdie boek eet niewers is trots om aan te kondig dat Jaco Jacobs se rympieboek Moenie hierdie boek eet nie!, geïllustreer deur Zinelda McDonald, pas as die wenner van die tweejaarlikse Exclusive Books IBBY SA-toekenning aangewys is.

Die toekenning word onderskryf deur die Internasionale Raad op Boeke vir Jongmense (IBBY), ’n niewinsgewende organisasie wat ’n wêreldwye netwerk van mense verteenwoordig wat daarna strewe om kinders en boeke bymekaar te bring. Die toekenning bekroon die skrywer sowel as die illustreerder van die wenboek.

Om vir die prys in aanmerking te kom, moet die skrywer en die illustreerder albei Suid-Afrikaans wees en die boek moet ’n oorspronklike werk in enige Suid-Afrikaanse taal wees. Die boek moet ook in Suid-Afrika gepubliseer wees. Die prysgeld van R10 000 word deur die skrywer en illustreerder gedeel.

Moenie hierdie boek eet nie! ’n Rympie vir elke dag van die jaar is ’n versameling van 366 splinternuwe kinderverse uit die pen van Jaco Jacobs. Dit sluit lawwe rympies, haikoes, limerieke en Lees voort Ons kinderboekkoning wen weer!

INTERNASIONALE DEURBRAAK VIR JACO JACOBS

'n Goeie dag vir boomklimLAPA Uitgewers is trots om aan te kondig dat wêreldwye regte vir die Engelse vertaling van Jaco Jacobs se jeugboek ’n Goeie dag vir boomklim pas verkoop is. Die Londense uitgewery Oneworld Publications het ’n aanbod gemaak om die vertaalregte te bekom nadat ’n gedeeltelike proefvertaling van Jacobs se boek as deel van die internasionale In Other Words-projek aan uitgewers beskikbaar gestel is. Die bekroonde vertaler Kobus Geldenhuys was vir die Engelse vertaling verantwoordelik.

Uitgewers van regoor die wêreld is genooi om kinder- en jeugboeke wat in ander tale as Engels verskyn het, vir die In Other Words-projek voor te lê. ’n Goeie dag vir boomklim is een van slegs vier boeke wat uiteindelik as eretitels aangewys is. Die keuring en beoordeling is deur ’n paneel Britse kinderboekvertalers en kenners in die kinderboekbedryf gedoen, en die vier wenboeke is op 4 April tydens ’n spoggeleentheid by die Bologna-kinderboekskou in Italië Lees voort INTERNASIONALE DEURBRAAK VIR JACO JACOBS