RSS

Category Archives: Hakkel

‘n Vreeslike ding – wat jou ‘n sterker mens kan maak

Speak your mind … without the fear of stuttering!

Jammer vir die Engels by ‘n Afrikaanse post, maar dit sê dit so mooi.

Die meeste van ons kan nie eens altyd effektief sê wat ons op die hart het nie – sonder dat hakkel enigiets daarmee te doen het.

Ek vra dat jy vandag dink aan die hakkelaar(s) wat jy dalk ken.

En ‘n oomblik stil staan en jou seëninge tel. En hulle salueer.

Ek dink hakkel is een van die vernederendste goed wat daar is.

Dit kan ‘n hoogs intelligente volwassene binne oomblikke tot ‘n Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Nog steeds ek en die inspirasie

‘n Paar los gedagtes:

Ek sou graag lesers en veral vroue wou aanspoor om te lees.

En tweedens om self verantwoordelikheid vir hul lewens te neem.

Derdens om hulle vrese in die gesig te kyk

Ek moes self die twee dinge (verantwoordelikheid neem en vrees hanteer) leer Read the rest of this entry »

 
 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Fliek: The King’s Speech

Ek het The King’s Speech met opset alleen gaan kyk, gewapen met ‘n hele paar snesies. Ons familie is nie huilers nie, maar met hakkelsake maak ek ‘n uitsondering. (Die toename in jare het ook nogal ‘n invloed op ‘n mens se traankliere, dink ek. Of dalk gee jy net minder om wat ander mense dink.) Dit was ‘n wyse stap; ek is koponderstebo en tamelik vinnig by daai fliek uit agterna …

Dit is voorwaar ‘n wonderlike fliek. Ek dink Colin Firth speel die rol van die hakkelende koning briljant. En die ander spelers is ook almal oortuigend. Maar ek kan nie regtig oordeel nie, want ek is eenvoudig te subjektief betrokke. Vir my is dit in die eerste plek ‘n briljante stuk publisiteit vir hakkelaars se dapper stryd en ek is bly om te hoor dat die McGuire-organisasie wêreldwyd die geleentheid aangegryp het.

Maar ek wil ‘n aanvegbare stelling maak: Vir my was dit nie so ‘n oortuigende Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 06/04/2011 in Fliek, Hakkel, Hou op hakkel

 

Sleutelwoordw:

Internasionale Hakkelbewussynsdag

Na meer as vier jaar is een van die heel grootste vreugdes in my lewe steeds die feit dat my geliefde eersgeborene ‘n kursus gevind het wat hom van ‘n hakkelaar wat sy probleem pynlik wegsteek (covert stutterer) verander het na ‘n herstellende hakkelaar (recovering stutterer). Want veel meer as dit het eintlik gebeur. Eintlik het hy in die verloop van een enkele naweekkursus ‘n persoonlikheidsverandering ondergaan. Hy het amper oornag verander van iemand wat sekere woorde asook sekere situasie vermy (wat ongelooflike negatiewe implikasies vir iemand se persoonlike, sosiale en veral professionele lewe het) na iemand wat gaan vir moeilike situasies vir die hakkelaar, soos die kennismaking met vreemdes, aanspreek van vreemdelinge, telefoongesprekke, gesprekke met gesagsfigure, ens. Een van die interessantste aspekte van die program is dat die mikpunt nie bloot is om minder te hakkel nie, maar om ‘n uitstekende spreker te word. Die resultate is verstommend. En dit HOU – AS die persoon AANHOU om daaraan te WERK.
Maar dit het nie vanself gekom nie. ‘n Persoon moet oor ‘n groot mate van volwassenheid beskik om die McGuire kursus te kan aanpak en deurvoer. Dit vat BAIE toewyding, vasbyt, harde werk en baie tyd. Maar die resultaat kan jou lewe verander.
Kyk gerus by  http://www.mcguireprogramme.com/ vir besonderhede.

Some facts about Stuttering:

  • 1% of the world is afflicted with stuttering, thats approximately 66 million worldwide.
  • Despite decades of research, experts cannot determine the cause of stuttering. However, there is no proven link between childhood trauma or parenting.
  • There is no known cure for stuttering. There are many therapies available but they require hard work and perserverance.
  • Different people stutter to varying degrees. Some are more severe to the listener, overt stutterers, whereas others hide their stutter very well, these people are known as covert stutterers.
  • Four times as many males are affected than females.
  • Generally people do not stutter when they sing, whisper or speak in chorus.
  • Although stuttering may seem like a relatively superficial problem, for the stutterer it can influence career choices, relationships and all aspects of daily speaking life.
  • Many famous people have stuttered including Winston Churchill, Marilyn Monroe, Bruce Willis and , more recently, Gareth Gates. Gareth is now an instructor on the McGuire Programme.
 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , ,

Daar’s lewe na hakkel!

Hier is iets wat my seun ‘n jaar of wat gelede geskryf het oor sy ondervinding by die McGuire Stigting. Hy het werklik by hulle die moed en insig gekry om sy lewe voluit aan te pak en nooit weer te skuil agter sy hakkelprobleem nie. Die neiging sal heel moontlik nooit weggaan nie, maar hy het die vrees oorwin. Maar dit het baie, baie werk gekos en hy werk steeds daaraan. Een van die lekker goed van hulle is dat hul wereldwyd is en dat daar oral ondersteuningsgroepe is, dus ook waar hy nou oorsee werk.

I’m sure you’ve heard or read this little line plenty of times before, but just to make sure, here it is again: McGuire changed my life!

Being a (pretty successful) covert stammerer, I was a master at the art of avoidance. I perfected this art to such an extent that most of the people that knew me for years did not have a clue about my little stuttering skeleton in the closet. So yeah, I did not stammer much, but that does not mean I was a happy chappy – not by a long shot!

Being a master avoider of words, I became a rather irritating guy to listen to. Sure I could always find another word …

Lees verder by https://altacloete.wordpress.com/hou-op-hakkel/daars-lewe-na-hakkel/

Hier is die skakel na McGuire’s se amptelike webwerf: http://www.mcguireprogramme.com/index.php

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Hakkel – ‘n persoonlike ervaring

Ongeveer 1% van die menslike bevolking hakkel, maar tog is dit iets wat baie min aandag geniet.  Mense probeer hard om die bestaan daarvan te ontken, voor te gee of hulle nie agterkom nie, of dit nie saakmaak nie.  Hakkel is soos ‘n groot skande in ‘n goeie ou Afrikanerfamilie, i.e. iets waarvan almal weet, maar niemand durf waag om daaroor te praat nie.

Die ‘struggles’ wat ‘n normale spreker sien as hy met ‘n hakkelaar praat is maar net die puntjie van die ysberg.  Die vrees en vernedering en ander sielkundige komplikasies is alles binne, dieper binne die psige, waar dit met elke onaangename ervaring groter en leliker raak.  Hierdie monster hier binne vreet aan die selfvertroue, kweek gevoelens van onbekwaamheid, minderwaardigheid en selfverwyt, en veroorsaak op die ou end dat baie min hakkelaars hulle volle potensiaal bereik. En daar is baie potensiaal; studies het gewys dat ‘n random persoon uit die hakkelende bevolking gemiddeld 80% van die kere meer intelligent sal wees as ‘n random persoon uit die vlot sprekende gemeenskap.

Daar is egter ‘n manier om hierdie potensiaal te ontsluit… Kliek op die onderstaande skakel om meer hiervan te lees:
https://altacloete.wordpress.com/hou-op-hakkel/hakkel-n-persoonlike-ervaring/

 
2 Kommentaar

Posted by op 30/04/2010 in Hakkel, Hou op hakkel, Inspirasie

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,