Ons kinderboekkoning wen weer!

Jaco en Zerelda wen ’n IBBY!

LAPA UitgeMoenie hierdie boek eet niewers is trots om aan te kondig dat Jaco Jacobs se rympieboek Moenie hierdie boek eet nie!, geïllustreer deur Zinelda McDonald, pas as die wenner van die tweejaarlikse Exclusive Books IBBY SA-toekenning aangewys is.

Die toekenning word onderskryf deur die Internasionale Raad op Boeke vir Jongmense (IBBY), ’n niewinsgewende organisasie wat ’n wêreldwye netwerk van mense verteenwoordig wat daarna strewe om kinders en boeke bymekaar te bring. Die toekenning bekroon die skrywer sowel as die illustreerder van die wenboek.

Om vir die prys in aanmerking te kom, moet die skrywer en die illustreerder albei Suid-Afrikaans wees en die boek moet ’n oorspronklike werk in enige Suid-Afrikaanse taal wees. Die boek moet ook in Suid-Afrika gepubliseer wees. Die prysgeld van R10 000 word deur die skrywer en illustreerder gedeel.

Moenie hierdie boek eet nie! ’n Rympie vir elke dag van die jaar is ’n versameling van 366 splinternuwe kinderverse uit die pen van Jaco Jacobs. Dit sluit lawwe rympies, haikoes, limerieke en tongknopers in wat kinders (én grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag. Daar’s rympies oor oupas en oumas, goggas, krieket, ruimtevaarders, seerowers, spoke, skool-toilette, Kersvader en krokodille…

Oor die illustrasies skryf die kinderboekkenner Lona Gericke: “McDonald se illustrasies is modern, verbeeldingryk, vol humor en maak ’n groot bydrae tot die algehele gevoel van ’n puik produksie. Haar werk kan vergelyk met van die beste internasionale bundels wat ek al beoordeel het.”

Die keurverslag het die volgende gesê: “’n Puik, keurig versorgde boek waar teks en illustrasies ’n uiters aantreklike geheel vorm. Die boek het 312 bladsye met rympies vir elke dag van die jaar. In Januarie rym hy oor nuwejaarsvoornemens, die eerste skooldag en selfs Gorgonzola. Die rympies onderskryf Jaco Jacobs se fyn aanvoeling vir die ervaringswêreld van kinders.”

Colleen Whitfield, kinderboekbestuurder van Exclusive Books, sê: “Die primêre oogmerk met die Exclusive Books IBBY-toekenning is om erkenning te gee aan die ongelooflike Suid-Afrikaanse talent en om plaaslike skrywers en illustreerder aan te moedig om die internasionale standaard van illustrasies en stories te handhaaf. Hierdie genre van letterkunde het pragtig in Suid-Afrika ontwikkel en Exclusive Books sal graag wil toesien dat dit selfs verder groei.”

Exclusive Books het ook ’n persverklaring uitreik.

Moenie hierdie boek eet nie! is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

Jaco is beskikbaar vir onderhoude. Kontak asseblief vir Izak de Vries in die verband.

Persverklaring van LAPA Uitgewers

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s