
Die verteller, ’n vlieënier, vertel hoe hy die klein prinsie ontmoet ná ’n noodlanding met sy vliegtuig in die woestyn. Die klein prinsie praat oor sy planeet, oor ander planete wat hy besoek en oor die vreemde gedrag van die grootmense. Dit is ’n storie vol diepe lewenswysheid.
“Vaarwel,” sê die jakkals. “Hier is my geheim. Dit is baie eenvoudig: Mens kan net werklik sien met jou hart. Dit wat regtig saak maak, is onsigbaar vir die oë.”
Hierdie tydlose verhaal is geliefd onder jonk en oud. Die pragtige illustrasies is deur die skrywer self.
Skrywer en illustreerder
Antoine de Saint-Exupéry (1900-1944) was ’n Franse skrywer en vlieënier. Hy het van Frankryk se hoogste literêre toekennings ontvang. Hy het Le Petit Prince ʼn jaar voor sy dood geskryf. Dit is in meer as 300 tale vertaal. Hy is in 1944 op ’n verkenningstog tydens die Tweede Wêreldoorlog oor die Middellandse See neergeskiet.
Pragtige maar hartseer boekie vol lewenswaarhede
Ek moet dit nog lees