Tag Archives: Ierland

Inperking in Ierland: Gerlene Kennedy

Gerlene Kennedy foto.docx

  1. Ouderdom: 44
  2. Beroep: Senior arbeidsterapeut by a dagsentrum vir volwassenes met fisiese (en kognitiewe) gestremdhede
  3. Huwelikstatus: Getroud
  4. Waar woon jy? Glenbrook, in die Cork hawe
  5. Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Met my Ierse man (46) en ons seun John (11)
  6. In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend? Ek het Lupus. Dus val ek in die risiko area. Ek is ook die enigste arbeidsterapeut vir 60+ volwassenes met fisiese gestremdhede. Hul en hul bejaarde ouers val ook in die risiko areas. Ek doen sedert derde week van April tuisbesoeke ipv om hul te sien in ons sentrum wat tans nog steeds gesluit is vir hul (groot werk is tans aan die gang om dit so veilig moontlik te maak sodat hul kan terugkom). Covid neem als oor ja, maar gewone probleme vir gestremde mense gaan aan. Druksere ontwikkel. Rolstoele breek. ‘n Geisoleerde lewe word nou meer geisoleerd vir hul agv “cocooning” – die term wat ons gebruik in Ierland vir bejaardes en kwesbare mense wat hulself moet veilig hou tydens Covid hier in Ierland.
  7. Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? Ek was besig met ‘n besoek aan ‘n residentiele sentrum vir volwassenes waar een van my kliente na toe sou trek omdat hy meer sorg nodig het. Skielik kry ons notifikasies op ons selfone wat afkondig dat die skole die volgende dag sou sluit tot en met die Paasfees vakansie…. Die hare in my nek het skielik regop gestaan. Ek het dadelik gedink, maar ons beide werk, wat nou? Wie gaan na John kyk? Paar ure later het ons besef die lewe soos ons dit tot nou geken het, het verander. Skielik het ALMAL begin regmaak vir “van die huis af werk”.

Lees voort Inperking in Ierland: Gerlene Kennedy

Junie 2012: ‘n Afskeid en ‘n ontmoeting

  1. Natuurlik is dit die moeder des huises wat so graag nog wou blog voor ons ry, se skuld dat die kleine (maar broodnodige) adaptor toe in die muur agterbly. 
  2. Genadiglik is niemand gemeen genoeg om dit so te stel nie.
  3. Natuurlik ontdek ‘n mens dit eers die aand na 23:00 in die enigste werklik ongerieflike jeughostelkamer waar ons nog gebly het. 
  4. En soek tot middernag.
  5. Want die lys gadgets waarvoor daai adaptors (ja, daar was twee!) nodig is, is so lank soos my voorarm.
  6. En die individuele vlakke van Lees voort Junie 2012: ‘n Afskeid en ‘n ontmoeting

Junie 2012: Moher na Gleann Colm …. whatever :)

  1. Mans is oor die algemeen dierbare goed en ek is BAIE lief vir die twee saam met my.
  2. Maar soms het ‘n vrou ‘n ander vrou se geselskap nodig. Dringend.
  3. White pudding is lekkerder as black pudding.
  4. En nie net omdat jy weet waarvan die swart variasie gemaak word nie.
  5. ‘n Koue stort as dit buite 9 grade is, is geen grap nie.
  6. Gelukkig werk die verhitting.
  7. Konstante reen bring meer voordele as dat dit die land groen maak.
  8. Dit bring o.a. minder fotogeleenthede.
  9. En daarom dae wat nie eers teen 22:00 tot ‘n einde kom nie.
  10. Die pub scene op ‘n reenerige Vrydagaand in Gleann Cholm Cille is dood.
  11. Amper morsdood. Behalwe vir die twee broers wat Iers met mekaar praat. En die nat hond.
  12. Die inheemse taal is veel lewendiger as wat ek gedink het.
  13. Ek vermoed die pub scene is op sy lewendigste waar dit vir toeriste aangewend word.
  14. Whiskey is net so sleg soos bier.
  15. Maar dis nie so BAIE nie.
  16. En dit gee jou darem ‘n warm fuzzy feeling op die krop van jou maag.
  17. Ek wonder hoekom hulle nie OBS hierrond drink nie.
  18. Die wilde landskappe hier in die noorde spreek my meer aan as die fuschia oorgroeide lanings van die suide.
  19. Die smal paaie van Ierland is regtig smal.
  20. Youth hostels is nie (meer) net vir die jeug nie.
  21. Ek is baie dankbaar die hoesende kleintjie hier oorkant is nie myne nie.
  22. Reis is ‘n voorreg.
  23. Om ‘n huis te he om na terug te gaan, is ‘n nog groter voorreg.

Junie 2012: Blarney tot iewers naby Cliffs of Moher

  1. Agt en veertig uur sonder internet is swaar op die gestel van ‘n verslaafde.
  2. Die weersiens is soet en salig.
  3. Die koevertjies met suurlemoengoedjies vir koors werk sommer lekker vir aandtee ook, by gebrek aan regtige tee.
  4. Een man met ‘n kamera is nog hanteerbaar, maar TWEE van hulle – dit vat aan ‘n vrou.
  5. Ek-tyd en slaap is eintlik al wat nodig is vir ‘n vinnige herstel.
  6. Ek dink net die faeries kan in hierdie land 100 ry oral waar Lees voort Junie 2012: Blarney tot iewers naby Cliffs of Moher

Junie 2012: Dublin – Blarney

  1. ‘n 23-jarige siek kind is nog net so ontstellend as ‘n driejarige.
  2. Hulle herstel ook dankie Vader tog net so vinnig.
  3. Roosterbrood en flat Coke bly ‘n treffer.
  4. ‘n Ierse ontbyt is waarskynlik bedoel vir boere wat bedags hard werk en energie verbruik.
  5. Dublin kan skielik in ‘n nag so draai dat ‘n mens die volgende oggend min kan vind van wat die vorige aand oral rondom jou was. 🙂
  6. Dis nie so maklik om aan ‘n GPS gewoond te raak as jy vir veertig jaar op jou verstand, jou sin vir rigting en jou kaartleesvermoens Lees voort Junie 2012: Dublin – Blarney

Minding Frankie – Maeve Binchy

Ek kon nog nooit heeltemal besluit hoekom ek so baie van hierdie vrou se boeke hou nie. Haar stories is meestal onopwindende verhale oor doodgewone mense, sonder baie verrassings, op ‘n bedrieglik eenvoudige manier voorgesit. Geen woordryke beskrywings of wondermooie taalgebruik nie, geen magiese oomblikke, bitter min lakenplesiere. Geen volmaakte eindes, geen beeldskone helde nie. Eintlik is haar boeke vir my een lang understatement. En ons weet mos die sagste stem dwing dikwels die meeste gesag af.
Dalk is dit die universeel-menslike element wat my (en derduisende ander lesers) aantrek. Dalk die feit dat Ierland al lank vir my ‘n bekoring inhou. Haar boeke speel natuurlik daar af en vertel klaarblyklik die verhaal van die sosiale en ekonomiese veranderinge in dié samelewing baie realisties en lewensgetrou. Arm mense wat hard werk en swaarkry, kinders met moeite laat leer. Die silent generation, wat nie praat oor gevoelens Lees voort Minding Frankie – Maeve Binchy