RSS

Tag Archives: honde

‘n Man vir altyd: drie stories oor liefde en honde

'n man vir altyd_voorblad_high res.jpgDie eerste van die drie stories in hierdie omnibus het ek ‘n klompie jare gelede geskryf terwyl ek by ‘n teler vir ‘n wolfhondbaba gewag het. Ek het baie met die teler gesels, van sy opleidingsklasse vir honde bygewoon en baie geleer. En vir altyd verlief geraak op die ras, wat ek as jong meisie die eerste keer in my man se familie leer ken het. Teen die einde van daardie jaar het Hilde deel van ons familie geword en die volgende twee boeke is in die roes van my liefde vir haar geskryf. 🙂 As jy dus nie van diere en veral van honde hou nie, moet jy dalk maar verbyhou by hierdie stories.
Dis ironies dat ek die proeflees vir die omnibus moes doen in Hilde se laaste tydjie by ons. Dit was emosioneel om weer te onthou hoe ek vir haar gewag het, watter harde maar vreugdevolle werk dit was om haar mooi op te voed en hoeveel vreugde sy in ons gesin gebring het.
Henri arboretum.jpgIntussen moes ons van Hilde afskeid neem en het die liewe Lea heel onverwags in ons lewe gekom. Ek het nooit vermoed dit kan so ‘n vreugde wees om ‘n bejaarde hond in mens se hart toe te laat nie. Sy laat my, snaaks soos dit mag klink, so baie aan my ma in haar laaste jare dink: Oud, bietjie broos, al deur die lewe getrap, maar steeds sag en geduldig en sonder ‘n greintjie boosheid of bitterheid in hulle Naby agter garagesamestelling. Ek wens ek kan ‘n oumens word soos Lea en my ma. Dis veral daardie sagtheid wat my bekoor, die gewilligheid om dinge te vat soos dit kom en nooit hatig en aaklig te word nie.
Ek het ook met die herlees agtergekom hoeveel my skryfstyl deur die jare verander het. Daar was hopeloos te veel uitroeptekens!! En hopeloos te veel kolletjies …  (kan nooit die regte term onthou nie) … En deesdae plaas ons nie meer Engelse woord kursief nie. Dis interessant hoe sulke goedjies mens kan irriteer as jy nie meer daaraan gewoond is nie. Ek het nie aan die stories getorring nie, maar aan bogenoemde goedjies kon ek wel ‘n bietjie verander (hopelik verbeter).
Die drie helde (Henri, Loekie en Rudolph) is van die lekkerste manne wat ek nog uitgedink het. In verskillende lewensfases, met verskillende geaardhede, het hulle vir my baie lewend geword.
Die dames van die laaste twee boeke (Mignon en haar ma, Bianca) is vir my spesiaal omdat hulle eintlik die “nare” vrouens in die eerste boek was, maar toe heldinne in eie reg geword het. Wanneer ek dit regkry om ‘n “slegte” karakter se goedheid ook raak te sien en ‘n ronde karakter van hom/haar te maak, is dit vir my ‘n groot lekkerte. Dit maak ook die romansegenre – waar daar altyd ‘n titseltjie fantasie betrokke is – meer realisties, want die helde en heldinne het ook maar hulle swak plekkies.
Hieronder is LAPA se persvrystelling oor die omnibus:
“Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Marilé Cloete se vorige Romanzas, Man van min woorde, Man met ’n missie en Man van sy woord.
Man van min woorde:
Francesca begeer ’n Duitse herdershond, maar Henri van der Merwe dink nie sy’s ’n geskikte baas nie. Sy sál ’n hond kry, besluit sy, maar sy moet verbete keer dat Henri agterkom sy wil hom ook hê.
Man met ’n missie:
Hy gaan haar nader trek, syne maak. Suutjies, sonder dat sy dit weet. Al is hy ’n haastige man. Maar selfbeheersing, ontdek Lukas Bezuidenhout, is ’n moeilike ding. En ’n harder hardekwas as Mignon kry jy nie.
Man van sy woord:
Ná twintig jaar is Lourens terug om sy regmatige plek in sy dogter se lewe in te neem. Maar wat van Bianca? Kan hy verwag dat sy die seer van die verlede vergeet en nuut begin?”IMG_2821.JPG

 

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , , ,

Afskeid en verlies …

My gedagtes pas na die afskeid van my geliefde Hilde-hond – met behulp van wortelkoek en cappuccino … Kromrivier 006

Vandag weet ek opnuut: Verlies is deel van die lewe.

En: As jy liefkry, stel jy jou bloot aan seerkry.

Ja, ek weet ek het nie alleenreg op hierdie inligting nie. Die mens weet dit al eeue der eeue lank.

En tog hou ons aan om dinge – en mense – om ons te versamel.

En nie net te versamel nie, maar lief te kry.

Iewers diep binne glo elkeen van ons blykbaar steeds ons sal ‘n manier vind om die onafwendbare te Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Junie 2012: Blarney tot iewers naby Cliffs of Moher

  1. Agt en veertig uur sonder internet is swaar op die gestel van ‘n verslaafde.
  2. Die weersiens is soet en salig.
  3. Die koevertjies met suurlemoengoedjies vir koors werk sommer lekker vir aandtee ook, by gebrek aan regtige tee.
  4. Een man met ‘n kamera is nog hanteerbaar, maar TWEE van hulle – dit vat aan ‘n vrou.
  5. Ek-tyd en slaap is eintlik al wat nodig is vir ‘n vinnige herstel.
  6. Ek dink net die faeries kan in hierdie land 100 ry oral waar Read the rest of this entry »
 
8 Kommentaar

Posted by op 06/06/2012 in Reis

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

A dog’s life …

Dear God: Is it on purpose that our names are spelled the same, only in reverse?
Dear God:
Why do humans smell the flowers, but seldom, if ever, smell one another?
Dear God: When we get to Heaven, can we sit on your couch? Or will it be the same old story?
Dear God: Why are there cars named after the jaguar, the cougar, the mustang, the colt, the stingray, and the rabbit, but not ONE named for a Dog? How often do you see a cougar Read the rest of this entry »

 
1 Kommentaar

Posted by op 15/09/2011 in Humor

 

Sleutelwoordw: ,

Steeds ons beste vriend

 
Lewer kommentaar

Posted by op 20/05/2011 in Foto's, Humor

 

Sleutelwoordw:

Onthou om te glimlag!

 
Lewer kommentaar

Posted by op 17/03/2011 in Humor

 

Sleutelwoordw: , , ,

‘n Lewe sonder diere? Nooit!

‘n Lewe sonder troeteldiere is vir my ondenkbaar. Hulle voeg soveel waarde tot ‘n mens se lewe toe dat die moeite en koste en verantwoordelikheid van versorging vir my nog altyd deur en deur die moeite werd was. En deesdae is daar al groter wordende begrip vir die ongelooflike positiewe rol wat (troetel)diere kan speel in die lewe van mense met spesiale behoeftes, synde dit kinders met gestremdhede, bejaardes of siekes.

Die heel eerste troeteldiere wat ek onthou, is die skaaphonde (Border Collies en ‘n Kelpie) op die plaas. En ‘n gemmerkat met ‘n stomp stert wat ek uit die stoor huis toe gelok het. Maar hulle was nie werklik troeteldiere nie, meer werkers op die plaas. Dit het moontlik meegewerk aan my blywende gevoel dat diere nie in die eerste plek daar is om GETROETEL te word nie, maar om ‘n rol te vervul. Hoewel ek ontsettend lief is vir my diere, bly hulle vir my diere. Ek probeer om nie menslike emosies en eienskappe aan hulle toe te ken nie, en ek probeer in gedagte hou dat diere se lewensverwagting laer is as dié van mense – afskeid is dus onvermydelik. Wat dit ‘n uitstekende oefening vir die liefde Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , , ,